Germanium

79galliumgermaniumarseen
Si

Ge

Sn
Algemeen
Naam, simbool, getalgermanium, Ge, 79
Chemiese reeksmetaalagtiges
Groep, periode, blok14, 4, p
Voorkomsgryswit
Atoommassa72.64 (1) g/mol
Elektronkonfigurasie[Ar] 3d10 4s2 4p2
Elektrone per skil2, 8, 18, 4
Fisiese eienskappe
Toestandvastestof
Digtheid (naby k.t.)5.323 g/cm³
Vloeistof digtheid teen s.p.5.60 g/cm³
Smeltpunt1211.40 K
(938.25 °C)
Kookpunt3106 K
(2833 °C)
Smeltingswarmte36.94 kJ/mol
Verdampingswarmte334 kJ/mol
Warmtekapasiteit(25 °C) 23.222 J/(mol·K)
Dampdruk
P/Pa1101001 k10 k100 k
teen T/K164418142023228726333104
Atoomeienskappe
Kristalstruktuurkubies vlakgesentreerd
Strukturbericht-kodeA4
Oksidasietoestande4
(amfoteriese oksied)
Elektronegatiwiteit2.01 (Skaal van Pauling)
Ionisasie-energieë1ste: 762 kJ/mol
2de: 1537.5 kJ/mol
3de: 3302.1 kJ/mol
Atoomradius125 pm
Atoomradius (ber.)125 pm
Kovalente radius122 pm
Diverse
Magnetiese rangskikkinggeen data
Termiese geleidingsvermoë(300 K) 60.2 W/(m·K)
Termiese uitsetting(25 °C) 6.0 µm/(m·K)
Spoed van klank (dun staaf)(20 °C) 5400 m/s
Mohs se hardheid6.0
CAS-registernommer7440-56-4
Vernaamste isotope
Isotope van germanium
isoNVhalfleeftydVMVE (MeV)VP
68Gesin270.8 dε-68Ga
70Ge21.23%Ge is stabiel met 38 neutrone
71Gesin11.26 dε-71Ga
72Ge27.66%Ge is stabiel met 40 neutrone
73Ge7.73%Ge is stabiel met 41 neutrone
74Ge35.94%Ge is stabiel met 42 neutrone
76Ge7.44%Ge is stabiel met 44 neutrone
Portaal Chemie

Germanium is 'n chemiese element in die periodieke tabel met die simbool Ge en atoomgetal van 32. Dit is 'n glansende, harde silwerwit metaalagtige element met chemiese eienskappe soortgelyk aan tin. Germanium vorm 'n groot aantal organometaalverbindings en is 'n belangrike halfgeleiermateriaal wat in transistors gebruik word.

Kenmerkende eienskappe wysig

Germanium is 'n harde, gryswit element met 'n metaalglans en dieselfde kristalstruktuur as diamant. Verder is dit belangrik om kennis te neem dat germanium 'n halfgeleier is met elektriese eienskappe tussen dié van 'n metaal en 'n isoleerder. In sy suiwer toestand is hierdie metaalagtige 'n bros kristallyne materiaal wat sy glans in lug by kamertemperatuur behou. Soneraffineringstegnieke het dit moontlik gemaak om kristallyne germanium vir halfgeleiers te vervaardig met 'n onsuiwerheid so laag soos een deel per 1010.

Geskiedenis wysig

In 1871 was germanium (Latyn Germania) een van die elemente wat deur Dmitri Mendelejef voorspel is as 'n vermiste element (ekasilikon) uit die silikon-groep. Die bestaan van die element is deur Clemens Winkler in 1886 bevestig. Die ontdekking was 'n belangrike bevestiging van Mendeleyev se idee van die periodieke aard van die elemente.

Germanium bak
Vergelyking van Mendelejev se voorspelling
en die werklike eienskappe.
EienskapEkasilikonGermanium
atoommassa7272.59
digtheid(g/cm3)5.55.35
smeltpunt (°C)hoog947
kleurgrysgrys

Die ontwikkeling van die germanium-transistor het die weg gebaan vir ontelbare toepassings van vastetoestand elektronika. Vanaf 1950 tot die vroeë sewentigs was hierdie 'n groeiende afsetmark vir germanium totdat hoë suiwerheid silikon germanium in transistors, diodes en gelykrigters vervang het. Silikon het meerderwaardige elektriese eienskappe maar verg 'n baie hoër suiwerheid wat nie vroeër moontlik was om kommersieel te vervaardig nie. Die vraag na germanium vir gebruik in optiese vesel kommunikasienetwerke, infrarooi nagsigtoerusting en polimerisasiekatalisatore het intussen dramaties verhoog. Hierdie gebruike het ongeveer 85% van die wêreldwye verbruik van germanium in die jaar 2000 verteenwoordig.

Gebruike wysig

Anders as die meeste halfgeleiers het germanium 'n klein bandgaping, wat dit toelaat om effektief op infrarooilig te reageer. Dit word daarom gebruik in infrarooi spektroskope en ander optiese toerusting wat uiters sensitiewe infrarooi detektors vereis. Die oksied van germanium se brekingsindeks en verstrooiïngseienskappe maak germanium nuttig vir gebruik in wyehoeklense in kameras en in mikroskope se lense.

Die legering silikongermanied (SiGe) is vinnig besig om 'n uiters belangrike halfgeleiermateriaal vir gebruik in hoëspoed geïntegreerde stroombane te word. Stroombane wat die eienskappe van Si-SiGe brûe benut is baie vinniger as dié wat slegs silikon gebruik.

Ander gebruike:

Sekere verbindings van germanium het 'n lae giftigheid vir soogdiere maar is giftig vir sekere bakterieë. Dit maak germanium nuttig as 'n chemoterapeutiese middel.

Verspreiding wysig

Die metaal word gevind in argirodiet ('n sulfied van germanium en silwer), steenkool, germaniet, sinkertse en ander minerale.

Germanium word kommersieel ontgin vanuit sinkerts deur die stof uit smeltoonde te behandel en uit die verbrandingsprodukte van sekere soorte steenkool.

Hierdie metaalagtige kan ontgin word vanuit ander metale deur fraksionele distillasie van die vlugtige tetrachloried. Hierdie tegniek maak die vervaardiging van ultra-hoë suiwerheid germanium moontlik.

In 1997 was die koste van germanium ongeveer $3 per gram (V.S.A). Die sluitingsprys vir die jaar 2000 van germanium was $1 150 per kilogram (of $1.15 per gram).

Verbindings wysig

  • Germaniumtetrahidried (GeH4),
  • Germaniumtetrachloried (GeCl4)
  • Germaniumdioksied (germania) (GeO2)

Verwysings wysig

Eksterne skakels wysig


HHe
LiBeBCNOFNe
NaMgAlSiPSClAr
KCaScTiVCrMnFeCoNiCuZnGaGeAsSeBrKr
RbSrYZrNbMoTcRuRhPdAgCdInSnSbTeIXe
CsBaLaCePrNdPmSmEuGdTbDyHoErTmYbLuHfTaWReOsIrPtAuHgTlPbBiPoAtRn
FrRaAcThPaUNpPuAmCmBkCfEsFmMdNoLrRfDbSgBhHsMtDsRgCnNhFlMcLvTsOg
AlkalimetaleAardalkalimetaleLantaniedeAktiniedeOorgangsmetaleHoofgroepmetaleMetalloïdeNiemetaleHalogeneEdelgasseChemie onbekend