87radonfrankiumradium
Cs

Fr

(Uue)
Algemeen
Naam, simbool, getalfrankium, Fr, 87
Chemiese reeksalkalimetaal
Groep, periode, blok1, 7, s
Atoommassa(223) g/mol
Elektronkonfigurasie[Rn] 7s1
Elektrone per skil2, 8, 18, 32, 18, 8, 1
CAS-registernommer7440-73-5
Fisiese eienskappe
Toestandmoontlik ’n vastestof
Smeltpunt300 K
(30 °C)
Kookpunt950 K
(680 °C)
Digtheid (naby k.t.)afgelei; 2,8–3,0 g/cm³
Atoomeienskappe
Oksidasietoestande+1
Ionisasie-energieë1ste: 393 kJ/mol
Geskiedenis
Ontdek1939
Ontdek deurMarguerite Perey
Vorige naamaktinium-K
Genoem naFrankryk, waar dit ontdek is
Datum van naam1949
Vernaamste isotope
Isotope van frankium
isoNVhalfleeftydVMVE (MeV)VP
221Frspoor4,8 min.α6,457217At
222Frsin14,2 min.β2,033222Ra
223Frspoor22,00 min.β1,149223Ra
α5.430219At
Portaal Chemie

Frankium of fransium is ’n chemiese element met die atoomgetal 87 en simbool Fr. Dit is die tweede skaarsste element wat natuurlik voorkom (naas astaat) en ’n hoogs radioaktiewe metaal wat in astaat, radium en radon verval. As ’n alkalimetaal het dit een valenselektron.

Massahoeveelhede frankium is nog nie waargeneem nie. Na aanleiding van die algemene voorkoms van die ander elemente in dié periode van die periodieke tabel word aanvaar frankium sal ’n hoogs reaktiewe metaal wees as genoeg byeengekry kan word om as ’n massavastestof of -vloeistof waar te neem. Om so ’n monster te kry is hoogs onwaarskynlik omdat die hoë vervalhitte (die halfleeftyd van sy langslewende isotoop is net 22 minute) dadelik enige waarneembare hoeveelheid van die element sou laat verdamp.

Frankium is in 1939 deur Marguerite Perey in Frankryk ontdek, vandaar die naam. Dit is die laaste element wat eers in die natuur ontdek is eerder as deur sintese.[nota 1] Buite die laboratorium is frankium uiters seldsaam, met spoorhoeveelhede wat aangetref word in uraan- en toriumerts, waar die isotoop frankium-223 voortdurend vorm en verval. Net sowat 20–30 g bestaan op enige gegewe tydstip in die aardkors; die ander isotope (buiten frankium-221) is geheel en al sinteties. Die grootste hoeveelheid wat in die laboratorium vervaardig is, was ’n tros van meer as 300 000 atome.[1]

Notas wysig

  1. Sommige sintetiese elemente soos tegnesium en plutonium is later in die natuur ontdek.

Verwysings wysig

  1. Luis A. Orozco (2003). "Francium". Chemical and Engineering News.

Eksterne skakels wysig


HHe
LiBeBCNOFNe
NaMgAlSiPSClAr
KCaScTiVCrMnFeCoNiCuZnGaGeAsSeBrKr
RbSrYZrNbMoTcRuRhPdAgCdInSnSbTeIXe
CsBaLaCePrNdPmSmEuGdTbDyHoErTmYbLuHfTaWReOsIrPtAuHgTlPbBiPoAtRn
FrRaAcThPaUNpPuAmCmBkCfEsFmMdNoLrRfDbSgBhHsMtDsRgCnNhFlMcLvTsOg
AlkalimetaleAardalkalimetaleLantaniedeAktiniedeOorgangsmetaleHoofgroepmetaleMetalloïdeNiemetaleHalogeneEdelgasseChemie onbekend