Tuisblad

Welkom by Wiki How,
Maandag, 26 September 2022
Hier is tans 104 786 artikels in Afrikaans.
Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep.
Inleiding  Hulp  KontakGebruikersportaal  Voorbladartikels  Kategorieë  Stel ’n vraag

Bluebg.png

Cscr-featured with ring.svg
Voorbladartikel
Kaart van grondgebiede tydens die Suid-Afrikaanse Grensoorlog.

Die Suid-Afrikaanse Grensoorlog, ook bekend as die Namibiese Vryheidsoorlog, en soms in Suid-Afrika as die Angolese Bosoorlog aangedui, was 'n grootliks asimmetriese konflik wat vanaf 26 Augustus 1966 in Namibië (destyds Suidwes-Afrika), Zambië en Angola plaasgevind het, tot 21 Maart 1990. Dit is geveg tussen die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) en die People's Liberation Army of Namibia (PLAN), 'n gewapende vleuel van die South West Africa People's Organisation (SWAPO). Die Suid-Afrikaanse Grensoorlog het gelei tot van die grootste veldslae op die Afrika-kontinent sedert die Tweede Wêreldoorlog en was nou verweef met die Angolese Burgeroorlog.

Na etlike jare van onsuksesvolle petisie deur die Verenigde Nasies en die Internasionale Geregshof vir Namibiese onafhanklikheid van Suid-Afrika, het SWAPO die PLAN in 1962 gevorm met wesenlike bystand van die Sowjetunie, Volksrepubliek van China en simpatieke Afrika-state soos Tanzanië, Ghana, en Algerië. Gevegte het tussen PLAN en die Suid-Afrikaanse owerhede in Augustus 1966 uitgebreek. Tussen 1975 en 1988 het die SAW massiewe konvensionele klopjagte in Angola en Zambië uitgevoer om PLAN se voorwaartse bedryfsbasisse uit te skakel. Dit het ook spesialis-teeninsurgensie-eenhede soos Koevoet en 32-Bataljon ontplooi wat opgelei is om eksterne verkenning uit te voer en guerrillabewegings op te spoor.

Suid-Afrikaanse taktiek het toenemend aggressief geword namate die konflik gevorder het. Die SAW se invalle het Angolese ongevalle opgelewer en soms gelei tot ernstige kollaterale skade aan ekonomiese installasies wat as noodsaaklik vir die Angolese ekonomie beskou is. Oënskynlik om hierdie strooptogte te stop, maar ook om die groeiende alliansie tussen die SAW en die National Union for the Total Independence for Angola (UNITA), wat eersgenoemde met gebuite PLAN-toerusting bewapen het, te ontwrig, het die Sowjetunie die People's Armed Forces of Liberation of Angola (FAPLA) deur 'n groot kontingent van militêre adviseurs en tot vier miljard dollar se moderne verdedigingstegnologie in die 1980's gesteun. Vanaf 1984 was gereelde Angolese eenhede onder Sowjetbevel selfversekerd genoeg om teen die SAW te veg. Hulle posisies is ook deur duisende Kubaanse troepe versterk. Die toestand van oorlog tussen Suid-Afrika en Angola het kortstondig geëindig met die kortstondige Lusaka-ooreenkomste, maar het in Augustus 1985 hervat, aangesien beide PLAN en UNITA die wapenstilstand benut het om hul eie guerrilla-aktiwiteite te versterk, wat gelei het tot 'n hernieude fase van FAPLA-gevegsoperasies gekulmineer in die Slag van Cuito Cuanavale. Die Suid-Afrikaanse Grensoorlog is grootliks beëindig deur die Drieparty-akkoord, bemiddel deur die Verenigde State, wat die partye verbind het tot 'n onttrekking van Kubaanse en Suid-Afrikaanse militêre personeel uit onderskeidelik Angola en Suidwes-Afrika. PLAN het sy finale guerrilla-veldtog in April 1989 van stapel gestuur. Suidwes-Afrika het 'n jaar later, op 21 Maart 1990, formeel onafhanklikheid as die Republiek van Namibië ontvang.

Ten spyte daarvan dat dit grootliks in buurstate geveg is, het die Suid-Afrikaanse Grensoorlog 'n fenomenale kulturele en politieke impak op die binnelandse Suid-Afrikaanse samelewing gehad. Die land se apartheidsregering het baie moeite gedoen om die oorlog as deel van 'n inperkingsprogram teen streeks-Sowjetekspansionisme aan te bied en dit gebruik om openbare anti-kommunistiese sentiment aan te wakker. Dit bly 'n integrale tema in kontemporêre Suid-Afrikaanse letterkunde in die breë en veral Afrikaanstalige werke, wat aanleiding gegee het tot 'n unieke genre bekend as grensliteratuur.

...lees verder

Bluebg.png

HSAktuell.svg
In die nuus
Charles III in 2021.

Bluebg.png

HSVissteduatt.svg
Het u geweet...

... dat Nkosi Sikelel' iAfrika nie net die eerste deel van die Suid-Afrikaanse volkslied is nie maar ook deur ander lande gebruik word? Die lied, wat deur Enoch Sontonga gekomponeer is, is ook die volkslied van Tanzanië en Zambië en word ook in Zimbabwe en Namibië gesing.

...dat die heel eerste artikel wat op die Afrikaanse Wiki How geskep is, Hindoeïsme was? Dit was op 17 November 2001.

...dat die meter tussen 1960 en 1983 in terme van die lig wat van 'n kriptonisotoop af uitgestraal word, gespesifiseer is?

...dat Suid-Afrika se elf amptelike tale relatief min is? Alhoewel hulle nie as amptelike tale erken word nie, kom 'n mens 365 tale in Indonesië teë en tot 1 652 in Indië.

...dat die Honderdjarige Oorlog nie 100 jaar geduur het nie, maar 116 jaar? Daar was periodes van vrede tussenin en dit het geëindig met die verdrywing van Engelse magte uit Frankryk.

Bluebg.png

HSDagensdatum.svg
Vandag in die geskiedenis

26 September:

Winnie Madikizela-Mandela

Bluebg.png

HSBild.svg
Voorbladbeeld
Vergadersaal van die Europese Parlement in Straatsburg, Frankryk, 2014.
Bluebg right.png
Vind artikels
Vista-xmag.png

Geografie - Geologie
Suid-Afrika  Namibië  Botswana  Eswatini  Lesotho  Mosambiek  Zimbabwe

Afrika  Suider-Afrika  Amerika  Antarktika  Asië  Europa  Oseanië

Rusland  Turkye  Verenigde State van Amerika

Lande  Baaie  Berge  Eilande  Mere  Oseane  Riviere  Woestyne

Geskiedenis
Argeologie  Datums  Kulturele geskiedenis  Oorloë  Religieuse geskiedenis  Rewolusies  Vroeë beskawings  Antieke Egipte

Kultuur
Akteurs  Argitektuur  Dans  Letterkunde  Mitologie  Griekse mitologie  Mode  Museums  Musiek  Rolprente  Taal  Vermaak

Natuur
Bewaringsgebiede  Diere  Plante

Religie
Agnostisisme  Baha'i  Boeddhisme  Christendom  Gnostisisme  Hindoeïsme  Islam  Judaïsme  Mitologie  New Age  Paganisme  Politeïsme  Satanisme  Sikhisme  Zoroastrisme

Samelewing
Besigheid  Ekonomie  Politiek  Sport  Vervoer

Taal
Kunsmatige taal  Natuurlike taal  Taalfamilies  Skryfstelsels

Tegnologie
Elektronika  Fotografie  Inligtingstegnologie  Klanktegnologie  Voertuigtegnologie

Wetenskap
Biologie  Chemie  Filosofie  Fisika  Natuurwetenskap  Sielkunde  Sosiologie  Sterrekunde  Wiskunde

Artikelindeks  Kategorieboom  Lyste  Hoe soek ek?

Bluebg right.png
Wikipedia in ander tale
Gnome-globe.svg


Weergawes met meer as 1 000 000 artikels
العربيةمصرىCebuanoDeutschEnglishEspañolFrançaisItaliano日本語NederlandsPolskiPortuguêsРусскийSvenskaУкраїнськаWinarayTiếng Việt中文
Weergawes met meer as 750 000 artikels
Weergawes met meer as 500 000 artikels
CatalàفارسیSuomiBahasa Indonesia한국어Norsk (bokmål)‬Српски / srpski
Weergawes met meer as 250 000 artikels
БългарскиНохчийнČeštinaDanskEsperantoEuskaraעבריתMagyarՀայերենBahasa MelayuRomânăSrpskohrvatski / српскохрватскиТатарча / tatarçaTürkçeBân-lâm-gú
Weergawes met meer as 100 000 artikels
AfrikaansAsturianuAzərbaycancaتۆرکجهБеларускаяবাংলাCymraegΕλληνικάEestiGalegoहिन्दीHrvatskiქართულიҚазақшаLatinaLietuviųLatviešuBaso MinangkabauМакедонскиမြန်မာဘာသာNorsk (nynorsk)‬Simple EnglishSlovenčinaSlovenščinaதமிழ்ТоҷикӣไทยاردوOʻzbekchaVolapük粵語
Weergawes met meer as 50 000 artikels
БашҡортБеларуская (тарашкевіца)BrezhonegBosanskiGaeilgeKreyòl ayisyenÍslenskaBasa JawaKurdî / كوردیКыргызчаLëtzebuergeschMalagasyമലയാളംमराठीPlattdüütschनेपाल भाषाOccitanPiemontèisشاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī)ScotsShqipBasa SundaKiswahiliŚlůnskiతెలుగుTagalogVèneto

Lys van alle taalweergawes van Wiki How


Bluebg right.png
Susterprojekte
Wikimedia-logo.svg
Commons-logo.svgCommons
Vrye media
Wiktionary small.svgWikiwoordeboek
Vrye woordeboek
Wikinews-logo-51px.pngWikinews
Vrye nuusbron
Wikisource-logo.svgWikisource
Die vrye biblioteek
Wikibooks-logo.svgWikibooks
Vrye boeke
Wikiquote-logo.svgWikiquote
Aanhalings
Wikispecies-logo.svgWikispecies
Spesie-indeks
Wikimedia Community Logo.svgMeta-Wiki
Projekkoördinering
Taal