102mendeleviumnobeliumlawrencium
Yb

No

(Upb)
Algemeen
Naam, simbool, getalnobelium, No, 102
Chemiese reeksactinides
Groep, Periode, Bloknvt, 7, f
Voorkomsonbekend, waarskynlik silwerig
wit of metaalgrys
Atoommassa(259) g/mol
Elektronkonfigurasie[Rn] 5f14 7s2
Elektrone per skil2, 8, 18, 32, 32, 8, 2
Fisiese eienskappe
Toestandvastestof
Smeltpunt1100 K
(827 °C)
Atoomeienskappe
Elektronegatiwiteit1,3 (Skaal van Pauling)
Ionisasie-energieë1ste: 642 kJ/mol
Diverse
CAS-registernommer10028-14-5
Vernaamste isotope
Hoofartikel: Isotope van nobelium
isoNVhalfleeftydVMVE (MeV)VP
253Nosyn1.7 mα8.440249Fm
ε3.200253Md
255Nosyn3.1 mα8,445251Fm
ε2,012255Md
259Nosyn58 mα7,910255Fm
ε0,500259Md
SF--
Portaal Chemie

Nobelium (IFA: /ˌnə(ʊ)ˈbiːliəm/), ook bekend as unnilbium (IFA: /ˌjuːˈnɪlbiəm/, simbool Unb), is 'n sintetiese element in die periodieke tabel met die simbool No en atoomgetal 102. 'n radioaktiewe metallieke transuraan in die actinide reeks, nobelium word gesintetiseer deur curium met koolstof ione te bombardeer. Dit is vir die eerste keer deur 'n span gelei deur Albert Ghiorso en Glenn T. Seaborg in 1958 geïdentifiseer.[1]

Merkbare eienskappe wysig

Min is bekend oor nobelium en slegs klein hoeveelhede is ooit vervaardig. Dit het hoegenaamd geen gebruike buite die laboratorium nie. Die stabielste isotoop, 259No, het 'n halfleeftyd van 58 minute en verval na 255Fm deur alfaverval of na 259Md deur elektronvangs.

Geskiedenis wysig

Nobelium (vernoem na Alfred Nobel) is vir die eerste keer gesintetiseer deur Albert Ghiorso, Glenn T. Seaborg, John R. Walton en Torbjørn Sikkeland in April 1958 by die Universiteit van Kalifornië, Berkeley. Die span het die nuwe swaar-ioon lineêre versneller (HILAC) gebruik om 'n curium teiken (95% 244Cm en 4.5% 246Cm) met 12C ione gebombardeer om 254No (halflewe van 55 sekondes) te maak. Hulle werk is deur Sowjet navorsers in Dubna bevestig.

'n Jaar tevore het fisici by die Nobel Instituut in Swede egter aangekondig dat hulle 'n isotoop van element 102 gesintetiseer het. Die span het rapporteer dat hulle 'n isotoop met 'n halfleeftyd van 10 minute teen 8.5 MeV geskep het nadat hulle 244Cm met 13C kerne gebombardeer het. Gebaseer op die verslag het die Kommissie op Atoommassas van die Internasionale Unie van Suiwer en Toegepaste Chemie die naam nobelium en die simbool No vir die "nuwe" element toegeken en aanvaar. Russiese en Amerikaanse pogings om die eksperiment te herhaal het gefaal.

In 1966 het navorsers te UC Berkeley die eksperimente van 1958 bevestig en verder die bestaan van 254No (halfleeftyd 55 s), 252No (halfleeftyd 2.3 s) en 257No (halfleeftyd 23 s). Die volgende jaar het Ghiorso se groep daarop besluit om die naam nobelium vir element 102 te behou.

Isotope wysig

13 radioisotope van is gekarakteriseer, waarvan die stabielste 259No met 'n halfleeftyd van 58 minutes, 255No met 'n halfleeftyd van 3,1 minute, en 253No met 'n halfleeftyd van 1,7 minute is. Al die ander radioaktiewe isotope het halfleeftye van minder as 56 sekondes. Die element het ook een metastaat, 254mNo (t½ 0,28 sekondes).

Die bekende isotope van nobelium wissel in atoommassa van 249,088 u (249No) tot 262,108 u (262No). Die primêre vervalmodus voor die stabielste isotope, 259No, is alfastraling, en die primêre modus daarna is spontane kernsplyting. Die primêre vervalprodukte voor 259No is element 100 (fermium) isotope, en die primêre produkte daarna is energie en subatomiese deeltjies.

Verwysings wysig

Eksterne skakels wysig


HHe
LiBeBCNOFNe
NaMgAlSiPSClAr
KCaScTiVCrMnFeCoNiCuZnGaGeAsSeBrKr
RbSrYZrNbMoTcRuRhPdAgCdInSnSbTeIXe
CsBaLaCePrNdPmSmEuGdTbDyHoErTmYbLuHfTaWReOsIrPtAuHgTlPbBiPoAtRn
FrRaAcThPaUNpPuAmCmBkCfEsFmMdNoLrRfDbSgBhHsMtDsRgCnNhFlMcLvTsOg
AlkalimetaleAardalkalimetaleLantaniedeAktiniedeOorgangsmetaleHoofgroepmetaleMetalloïdeNiemetaleHalogeneEdelgasseChemie onbekend