52antimoontelluurjodium
Se

Te

Po
Algemeen
Naam, simbool, getaltelluur, Te, 52
Chemiese reeksmetaalagtiges
Groep, periode, blok16, 5, p
Voorkomssilwerige glansende grys
Atoommassa127.60 (3) g/mol
Elektronkonfigurasie[Kr] 4d10 5s2 5p4
Elektrone per skil2, 8, 18, 18, 6
Fisiese eienskappe
Toestandvastestof
Digtheid (naby k.t.)6.24 g/cm³
Vloeistof digtheid teen s.p.5.70 g/cm³
Smeltpunt722.66 K
(449.51 °C)
Kookpunt1261 K
(988 °C)
Smeltingswarmte17.49 kJ/mol
Verdampingswarmte114.1 kJ/mol
Warmtekapasiteit(25 °C) 25.73 J/(mol·K)
Dampdruk
P/Pa1101001 k10 k100 k
teen T/K  (775)(888)10421266
Atoomeienskappe
Kristalstruktuurtrigonaal
Strukturbericht-kodeA8
RuimtegroepP3121  nommer: 152/154
Oksidasietoestande±2, 4, 6
(matige suur oksied)
Elektronegatiwiteit2.1 (Skaal van Pauling)
Ionisasie-energieë1ste: 869.3 kJ/mol
2de: 1790 kJ/mol
3de: 2698 kJ/mol
Atoomradius140 pm
Atoomradius (ber.)123 pm
Kovalente radius135 pm
Van der Waals-radius206 pm
Diverse
Magnetiese rangskikkingnie-magneties
Termiese geleidingsvermoë(300 K)
(1.97–3.38) W/(m·K)
Spoed van klank (dun staaf)(20 °C) 2610 m/s
Young se modulus43 GPa
Skuifmodulus16 GPa
Massamodulus65 GPa
Mohs se hardheid2.25
Brinell hardheid180 MPa
CAS-registernommer13494-80-9
Vernaamste isotope
Isotope van Telluur
isoNVhalfleeftydVMVE (MeV)VP
120Te0.09%>2.2×1016je e1.701120Sn
121Tesin16.78 de1.040121Sb
122Te2.55%Te is stabiel met 70 neutrone
123Te0.89%>1.0×1013 je0.051123Sb
124Te4.74%Te is stabiel met 72 neutrone
125Te7.07%Te is stabiel met 73 neutrone
126Te18.84%Te is stabiel met 74 neutrone
127Tesin9.35 hß-0.698127I
128Te31.74%2.2×1024 jßß0.867128Xe
129Tesin69.6 minß-1.498129I
130Te34.08%7.9×1020 jßß2.528130Xe
Portaal Chemie

Telluur, is 'n chemiese element met simbool Te (Latyn Tellurium) en atoomgetal van 52. Dit is 'n bros silwerwit metaalagtige element met die voorkoms wat ooreenstem met die van tin. Telluur is chemies verwant aan seleen en swael. Telluur word hoofsaaklik gebruik in legerings en in halfgeleiers.

Kenmerkende eienskappe wysig

Telluur is 'n uiters seldsame element (die negende skaarsste element op aarde. Dit val in dieselfde chemiese familie as suurstof, swael, seleen en polonium.

Telluur in 'n kristallyne vorm is silwerwit en in die suiwer vorm het dit 'n metaalglans. Dit is 'n bros metaalagtige element wat maklik tot poeier gemaal kan word. Amorfe telluur word verkry deur telluursuur (Te(OH)6). Die amorfe aard van hierde vorm word egter bevraagteken en sommige wetenskaplikes reken dat dit eerder 'n mengsel van fyn kristalle is.

Gebruike wysig

Telluur is 'n p-tipe halfgeleier wat 'n groter geleidingsvermoë in sekere rigtings toon afhangende van die atoombelyning. Chemies is dit verwant aan seleen en swael. Die geleidingsvermoë van die materiaal word effens hoër as dit aan lig blootgestel word (fotoelektriese effek).

Dit kan met koper, goud, silwer, tin en ander metale gedoop word. In sy gesmelte toestand is telluur korrosief ten opsigte van koper, yster en vlekvrye staal.

Telluur straal 'n groenerige blou vlam uit as dit in gewone lug gebrand word en vorm telluuroksied.

Gebruike in legerings:

  • Telluur word by lood gevoeg om die sterkte en duursaamheid daarvan te verhoog en om die korrosiewe invloed van swaelsuur daarop te verminder.
  • Wanneer Telluur by vlekvrye staal en koper gevoeg verhoog dit die werkseienskappe van hierdie metale. Dit word ook saam met gietyster legeer om die verkoelingseienskappe te verbeter.

Ander gebruike:

  • Gebruik in keramieke
  • Dit word in sekere glassoorte gebruik.
  • Telluur word in ontstekers gebruik.
  • Organiese telluurverbindings is al gebruik om lewende radikaalpolimerisasie aan die gang te sit en elektronryke mono- en di-telluriede toon aktiwiteit as 'n anti-oksidant.

Hoë suiwerheid metalo-organiese verbindings van beide seleen en telluur word in die halfgeleier nywerheid gebruik en word voorberei deur die suiwering van 'n addukt.[1][2]

Verwysings wysig

  1. doi 10.1016/0022-0248(88)90613-6 Journal of Crystal Growth Volume 93, Issues 1-4 , 1988, Pages 744-749
  2. VSA patent no 5117021, Metode vir die suiwering van telluur en seleenalkiele

Eksterne skakels wysig


HHe
LiBeBCNOFNe
NaMgAlSiPSClAr
KCaScTiVCrMnFeCoNiCuZnGaGeAsSeBrKr
RbSrYZrNbMoTcRuRhPdAgCdInSnSbTeIXe
CsBaLaCePrNdPmSmEuGdTbDyHoErTmYbLuHfTaWReOsIrPtAuHgTlPbBiPoAtRn
FrRaAcThPaUNpPuAmCmBkCfEsFmMdNoLrRfDbSgBhHsMtDsRgCnNhFlMcLvTsOg
AlkalimetaleAardalkalimetaleLantaniedeAktiniedeOorgangsmetaleHoofgroepmetaleMetalloïdeNiemetaleHalogeneEdelgasseChemie onbekend