Ytterbium

70tuliumytterbiumlutesium
-

Yb

No
Algemeen
Naam, simbool, getalytterbium, Yb, 70
Chemiese reekslantaniede
Groep, periode, blok3, 6, f
Voorkomssilwerwit metaal
Atoommassa173,054 (1) g/mol
Elektronkonfigurasie[Xe] 4f146s2
Elektrone per skil2, 8, 18, 32, 8, 2
Fisiese eienskappe
Toestandvastestof
Digtheid (naby k.t.)6,95 g/cm³
Smeltpunt1097 K
(824 °C)
Kookpunt1473 K
(1200 °C)
Smeltingswarmte7,66 kJ/mol
Verdampingswarmte128,9 kJ/mol
Atoomeienskappe
Kristalstruktuurkubies vlakgesentreerd
Strukturbericht-kodeA1
Oksidasietoestande2, 3
(matige basiese oksied)
Elektronegatiwiteit1,1 (Skaal van Pauling)

Ytterbium is ’n chemiese element met die atoomgetal 70 en simbool Yb.

Die element is in 1878 deur die Switserse chemikus Jean Charles Galissard de Marignac ontdek. In 1953 is dit in Ames, Iowa deur Daan, Dennison en Spedding as suiwer metaal vervaardig en dit het die navorsing van sy eienskappe moontlik gemaak. Die element se naam verwys na die Sweedse dorp Ytterby. In die aardkors kom dit as ongeveer 3 dpm voor.

Dit is 'n sagte silwerwit metaal wat goed pletbaar is. Dit reageer vinnig in lug en stadig in water en dit is goed oplosbaar in verdunde sure. Die element word in allooie gebruik en as dotering in glasvesels.[1]

Soos die meeste lantaniede vorm ytterbium hoofsaaklik paramagnetiese Yb3+-ione wat 'n onvolledige f-subskil (4f13) besit. Die element kan egter ook diamagnetiese Yb2+-ione met 'n volledig gevulde f-subskil (4f14) vorm. Die divalente ioon is effens groter: die ioonradius vir oktaëdriese koördinasie is 116 pm teenoor 100,8 pm vir Yb3+ in dieselfde omringing.[2]In alkohol opgeloste Yb3+-ione kan fotochemies in Yb2+-ione omgesit word.[3]

Verwysings wysig

  1. "chemicool" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Mei 2020.
  2. "webelements" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Mei 2020.
  3. Reduction of Yb(III) to Yb(II) by Two-Color Two-Photon Excitation Nobuaki Nakashima, Ken-ichi Yamanaka, Tomoyuki Yatsuhashi J. Phys. Chem. A, 2013, 117 (35), pp 8352–8359.

Eksterne skakels wysig


HHe
LiBeBCNOFNe
NaMgAlSiPSClAr
KCaScTiVCrMnFeCoNiCuZnGaGeAsSeBrKr
RbSrYZrNbMoTcRuRhPdAgCdInSnSbTeIXe
CsBaLaCePrNdPmSmEuGdTbDyHoErTmYbLuHfTaWReOsIrPtAuHgTlPbBiPoAtRn
FrRaAcThPaUNpPuAmCmBkCfEsFmMdNoLrRfDbSgBhHsMtDsRgCnNhFlMcLvTsOg
AlkalimetaleAardalkalimetaleLantaniedeAktiniedeOorgangsmetaleHoofgroepmetaleMetalloïdeNiemetaleHalogeneEdelgasseChemie onbekend