77osmiumiridiumplatinum
Rh

Ir

Mt
Algemeen
Naam, simbool, getaliridium, Ir, 77
Chemiese reeksoorgangsmetale
Groep, periode, blok9, 6, d
Voorkomssilwerwit metaal
Atoommassa192,217 (1) g/mol
Elektronkonfigurasie[Xe] 4f145d76s2
Elektrone per skil2, 8, 18, 32, 15, 2
Fisiese eienskappe
Toestandvastestof
Digtheid (naby k.t.)22,56[1] g/cm³
Vloeistof digtheid teen s.p.19 g/cm³
Smeltpunt2739 K
(2466 °C)
Kookpunt4 098 K
(3 825 °C)
Smeltingswarmte41,12 kJ/mol
Verdampingswarmte563 kJ/mol
Warmtekapasiteit(25 °C) 25,10 J/(mol·K)
Dampdruk
P/Pa1101001 k10 k100 k
teen T/K2 71329573 2523 6144 0694 659
Atoomeienskappe
Kristalstruktuurkubies vlakgesentreerd
RuimtegroepFm3m  nommer: 225
Strukturbericht-kodeA1
Oksidasietoestande−3,−1, 0, 1, 2, 3, 4, 5, 6
(matige basiese oksied)
Elektronegatiwiteit2,20 (Skaal van Pauling)
Portaal Chemie

Iridium is 'n chemiese element met die chemiese simbool Ir en 'n atoomgetal van 77.

Mynbou wysig

Suid-Afrika het in 2018 met 87% van die iridiumproduksie die wêreldmark oorheers. Zimbabwe het 8% voortgebring en Kanada en Rusland beide 3%. Dit is 'n byproduk van die mynbou van platinumgroepmetale en een van die raarste metale van die wêreld. Dit maak slegs 0,000.000.03% van die aardkors se massa uit. Die jaarlikse wêreldproduksie is ongeveer 7 ton.[2]

Toepassings wysig

'n Toepassing wat in die jare 2020 baie belangrik geword het, is die katalise van die elektrolitiese watersplitsing. Die populêrste tegnologie vir die vervaardiging van sg. groen waterstof gebruik 'n katalisator was 65% Ir en 35% Pt bevat. Dit is 'n probleem vir die oorgang na groen tegnologie.[2] Die koste van die eletroliseproses kan deur massaproduksie van die apparate dalk nog baie verminder word, maar iridium is nie volop genoeg vir wêreldwye massaproduksie nie.

Daar is egter baie navorsing om alternatiewe te vind, soos kobaltnitried Co2N op kobalt Co [3] Hierdie materiaal is maklik duisendmaal goedkoper.

Chemiese eienskappe wysig

Iridium is baie inert. 'n Smeltkroesie van iridium kan ure lank in koningswater gekook word sonder om aangetas te word. Dit word ook niet deur gesmelte goud, koper, nikkel of yster aangetas nie. In teenstelling tot platinum wat by hoër temperature met koolsof reageer, bly iridium ook hierdeur onaangetas.[4]

Rou iridium word gewoonlik verkry as 'n legering met osmium wat osmiridium genoem word. Dit is 'n baie hard metaal wat egter gepoeier kan word deur dit in gemelte sink op te los waarmee dit 'n legering vorm. Die sink kan by hoër temperature afgedistilleer word. Die osmiridiumpoeier wat verkry word, kan in 'n fluks van bariumnitraat geoksideer word. Dit vorm bariumosmate en iridiumoksied (IrO2). In salpetersuur opgelos kan die osmium verwyder word omdat osmiumtetroksied vlugtig (maar ook baie toksies en blindmakend) is. Die iridiumoksied bly as poeier agter en kan in koningswater opgelos word.[5]

Iridium kan in oplosbare iridate omgesit word deur dit met natriumperoksied Na2O2 saam te smelt.[6]

Verwysings wysig

  1. J. W. Arblaster: Densities of Osmium and Iridium, in: Platinum Metals Review, 1989, 33, 1, S. 14–16; Volltext Geargiveer 7 Februarie 2012 op Wayback Machine.
  2. 2,0 2,1 Ed Brooks (17 Julie 2022). "Why iridium could put a damper on the green hydrogen boom". Wood Mackenzie. Besoek op 16 Julie 2023.
  3. Fuzhan Song, Wei Li, Jiaqi Yang, Guanqun Han, Tao Yan, Xi Liu, Yi Rao, Peilin Liao, Zhi Cao, and Yujie Sun (2019). "Interfacial Sites between Cobalt Nitride and Cobalt Act as Bifunctional Catalysts for Hydrogen Electrochemistry". ACS Energy Letters. 4 (7): 1594–1601. doi:10.1021/acsenergylett.9b00738.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
  4. Crookes, William (1908). ""On the Use of Iridium Crucibles in Chemical Operations."". Proceedings of the Royal Society of London. Series A, Containing Papers of a Mathematical and Physical Character. 80 (541): 535–36. Besoek op 17 Julie 2023.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
  5. ""THE METALLURGY OF IRIDIUM."". Scientific American. 32 (12): 177–177. 1875. Besoek op 17 Julie 2023.
  6. Renner, H., Schlamp, G., Kleinwächter, I., Drost, E., Lüschow, H.M., Tews, P., Panster, P., Diehl, M., Lang, J., Kreuzer, T., Knödler, A., Starz, K.A., Dermann, K., Rothaut, J., Drieselmann, R., Peter, C., Schiele, R., Coombes, J., Hosford, M. and Lupton, D.F. (2018). Platinum Group Metals and Compounds. In Ullmann's Encyclopedia of Industrial Chemistry. doi:10.1002/9783527306732.a21_075.pub2.{{cite book}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)

Eksterne skakels wysig

HHe
LiBeBCNOFNe
NaMgAlSiPSClAr
KCaScTiVCrMnFeCoNiCuZnGaGeAsSeBrKr
RbSrYZrNbMoTcRuRhPdAgCdInSnSbTeIXe
CsBaLaCePrNdPmSmEuGdTbDyHoErTmYbLuHfTaWReOsIrPtAuHgTlPbBiPoAtRn
FrRaAcThPaUNpPuAmCmBkCfEsFmMdNoLrRfDbSgBhHsMtDsRgCnNhFlMcLvTsOg
AlkalimetaleAardalkalimetaleLantaniedeAktiniedeOorgangsmetaleHoofgroepmetaleMetalloïdeNiemetaleHalogeneEdelgasseChemie onbekend