Texas

Deelstaat in Amerika

Texas ([ˈtɛksəs], Engels: State of Texas, Spaans: Tejas) is 'n deelstaat in die sentrale suide van die Verenigde State van Amerika (VSA) met 'n oppervlakte van 696 241 vierkante kilometer en 'n bevolking van 26,9 miljoen.[1]

Deelstaat Texas
altalt
Vlag van TexasSeël
Bynaam(e): The Lone Star State
Staatslied: Texas, Our Texas
alt
Kaart van die Verenigde State met Texas uitgelig
Amptelike taal(e)Geen
Gesproke taal(e)Engels en Spaans
HoofstadAustin
Grootste stadHouston
Area 2de in die V.S.
 - Totaal696 241 km2
 - Wydte1 244 km
 - Lengte1 270 km
 - Water17 574 km2
 - % water2,5 %
 - Breedtegraad25°50'N tot 36°30'N
 - Lengtegraad93°31'W tot 106°39'W
Bevolking 2de in die V.S.
 - Totaal26 965 958
 - Digtheid98,1/km2
26ste in die V.S.
Hoogte 
 - Hoogste puntGuadalupe Peak
2 667,4 m
 - Gemiddeld520 m
 - Laagste puntGolf van Meksiko
seevlak
Toetrede tot die Unie 29 Desember 1845 (28ste)
GoewerneurGreg Abbott (R)
Luitenant-GoewerneurDan Patrick (R)
WetgewerTexas Wetgewer
 - HoërhuisSenaat
 - LaerhuisHuis van Verteenwoordigers
V.S. SenatoreJohn Cornyn (R)
Ted Cruz (R)
TydsoneUTC-6 / Somertyd UTC-5
AfkortingsTX US-TX
Webbladwww.texas.gov

Die administratiewe hoofstad is Austin, die grootste stad is Houston en die grootste metropolitaanse gebied is Dallas/Fort Worth/Arlington. Texas is sowel ten opsigte van sy oppervlakte asook sy bevolking die tweede grootste Amerikaanse deelstaat – slegs Alaska het 'n groter oppervlakte, en net Kalifornië se inwonertal oorskry dié van Texas. In administratiewe opsig het geen ander deelstaat meer counties of administratiewe distrikte as Texas (254).

Die bynaam van Texas, Lone Star State, verwys na die historiese feit dat Texas reeds voor sy toetrede tot die Unie as 'n onafhanklike republiek bestaan het. In geskiedkundige en kulturele opsig het Texas, onder meer vanweë die geskiedenis van sy kolonisasie en sy lidmaatskap in die Konfederasie, nou bande met die Amerikaanse Suide. As 'n voormalige Spaanse en Meksikaanse besitting behoort die deelstaat egter ook by die Amerikaanse Suidweste.

Oggendmis in die Martin Dies Jr. State Park
Stormreën in die Enchanted Rock State Natural Area
Grapevine Vintage Railroad in Fort Worth
Varner-Hogg Plantation House in West Columbia
The Alamo in San Antonio
Uitsig oor Lake Austin
Everything's bigger in Texas... Lake Austin
Die middestad van Dallas teen sononder
Die sterrehemel oor Texas: Indian Lodge, Davis Mountains State Park

Spanje was die eerste Europese land wat aanspraak op Texas gemaak het, en tot die einde van die Texaanse Onafhanklikheidsoorlog in die jaar 1836 het dit 'n deel van Meksiko gevorm. Tussen 1836 en 1845 het Texas as 'n onafhanklike republiek bestaan en daarna as 28ste deelstaat by die VSA aangesluit. Die Amerikaanse anneksasie van Texas was deel van die gebeurtenisse wat uiteindelik die aanleiding tot die Meksikaans-Amerikaanse Oorlog en die Amerikaanse Burgeroorlog gegee het. Met die ontdekking van ruolie in die vroeë 20ste eeu het die vinnige ekonomiese ontwikkeling van Texas begin. Vandag beskik die deelstaat oor 'n gediversifiseerde ekonomie met 'n groeiende hoëtegnologiebedryf as sy basis.

Verwysings wysig

  1. "Table 1. Annual Estimates of the Resident Population for the United States, Regions, States, and Puerto Rico: April 1, 2010 to July 1, 2014" (in Engels). U.S. Census Bureau. 24 Desember 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike (CSV) op 17 Junie 2016. Besoek op 15 Februarie 2015.

Eksterne skakels wysig

Toerisme

Geskiedenis

Verenigde State van Amerika
StateAlabamaAlaskaArizonaArkansasColoradoConnecticutDelawareFloridaGeorgiaHawaiiIdahoIllinoisIndianaIowaKaliforniëKansasKentuckyLouisianaMaineMarylandMassachusettsMichiganMinnesotaMississippiMissouriMontanaNebraskaNevadaNew HampshireNew JerseyNieu-MeksikoNew YorkNoord-CarolinaNoord-DakotaOhioOklahomaOregonPennsilvaniëRhode IslandSuid-CarolinaSuid-DakotaTennesseeTexasUtahVermontVirginiëWashingtonWes-VirginiëWisconsinWyoming
Federale distrikDistrik Columbia (Washington, D.C.)
EilandgebiedeAmerikaanse Maagde-eilandeAmerikaans-SamoaGuamNoordelike Mariana-eilandePuerto Rico
Klein afgeleë eilandeBakerHowlandJarvisJohnstonKingmanMidwayNavassaPalmyraWake
Geassosieerde landeGefedereerde State van MikronesiëMarshalleilandePalau