Pennsilvanië

Staat van die Verenigde State van Amerika

Pennsilvanië (Engels: Commonwealth of Pennsylvania) is een van die Middel-Atlantiese deelstate in die ooste van die Verenigde State van Amerika, met 'n bevolking wat in 2019 op 12,8 miljoen beraam is. Dit was in 1787 een van die oorspronklike Dertien Kolonies. Die gebied is gedurende die 17de eeu deur Europeërs verken, en in 1634 is die eerste Europese nedersetting deur Sweedse setlaars gestig. In 1681 is die gebied deur 'n koninklike oktrooi aan die Engelse Kwaker William Penn (1644–1718) toegeken, 'n voorstaander van godsdiensvryheid en politieke liberalisme. Pennsilvanië het 'n belangrike rol in die Amerikaanse Rewolusie en as een van die oorspronklike state van die Unie ook by die onafhanklikwording van die Verenigde State gespeel.

Gemenebes Pennsilvanië
altalt
Vlag van PennsilvaniëSeël
Bynaam(e): The Keystone State, The Quaker State, The Coal State, The Oil State
alt
Kaart van die Verenigde State met Pennsilvanië uitgelig
Amptelike taal(e)Geen
HoofstadHarrisburg
Grootste stadPhiladelphia
Area 33ste in die V.S.
 - Totaal119 283 km2
 - Wydte455 km
 - Lengte255 km
 - Water3 208 km2
 - % water2,7 %
 - Breedtegraad39°43'N tot 42°16'N
 - Lengtegraad74°41'W tot 80°31'W
Bevolking 6de in die V.S.
 - Totaal12 702 379
 - Digtheid106,5/km2
10de in die V.S.
Hoogte 
 - Hoogste puntMount Davis
979 m
 - Gemiddeld335 m
 - Laagste puntDelawarerivier
seevlak
Toetrede tot die Unie 12 Desember 1787 (2de)
GoewerneurTom Wolf (D)
Luitenant-GoewerneurJohn Fetterman (D)
WetgewerPennsilvanië Algemene Vergadering
 - HoërhuisSenaat
 - LaerhuisHuis van Verteenwoordigers
V.S. SenatoreBob Casey, Jr. (D)
Pat Toomey (R)
TydsoneUTC -5 / Somertyd -4
AfkortingsPA US-PA
Webbladpa.gov
World's End State Park in Sullivan County
US Route 220 loop deur die Appalache-bergreeks. Die foto is in Lamar Township, Clinton County geneem
Carpenters' Hall in Philadelphia. In hierdie oorspronklike gildehuis van timmermans het in 1774 die Eerste Kontinentale Kongres vergader. Sedertdien word na die Georgiaanse gebou verwys as die Birthplace of Liberty - die Bakermat van Vryheid[1]
'n Nagtelike aansig van die middestad van Pittsburgh

Pennsilvanië is ondanks die agteruitgang van sy vroeëre swaar nywerhede nog steeds een van die welvarendste deelstate van die VSA, met landbou, mynbou, nywerhede en hoëtegnologie as sy ekonomiese basis. Die deelstaat is een van die hoofprodusente van staal en steenkool in die VSA. Terwyl Harrisburg as die administratiewe hoofstad dien, is Philadelphia en Pittsburgh belangrike ekonomiese, kulturele en opvoedkundige sentrums.

Verwysings wysig

Eksterne skakels wysig

Amptelike webtuiste

Toerisme

Geskiedenis


Verenigde State van Amerika
StateAlabamaAlaskaArizonaArkansasColoradoConnecticutDelawareFloridaGeorgiaHawaiiIdahoIllinoisIndianaIowaKaliforniëKansasKentuckyLouisianaMaineMarylandMassachusettsMichiganMinnesotaMississippiMissouriMontanaNebraskaNevadaNew HampshireNew JerseyNieu-MeksikoNew YorkNoord-CarolinaNoord-DakotaOhioOklahomaOregonPennsilvaniëRhode IslandSuid-CarolinaSuid-DakotaTennesseeTexasUtahVermontVirginiëWashingtonWes-VirginiëWisconsinWyoming
Federale distrikDistrik Columbia (Washington, D.C.)
EilandgebiedeAmerikaanse Maagde-eilandeAmerikaans-SamoaGuamNoordelike Mariana-eilandePuerto Rico
Klein afgeleë eilandeBakerHowlandJarvisJohnstonKingmanMidwayNavassaPalmyraWake
Geassosieerde landeGefedereerde State van MikronesiëMarshalleilandePalau