Nevada (Engels: State of Nevada) is 'n deelstaat in die weste van die Verenigde State van Amerika. Dit is die 36ste deelstaat wat tot die Unie toegelaat is. Die hoofstad is Carson City en die grootste stad is Las Vegas.

Deelstaat Nevada
altalt
Vlag van NevadaSeël
Bynaam(e): Silver State, Sagebrush State, Battle Born State
alt
Kaart van die Verenigde State met Nevada uitgelig
Amptelike taal(e)Engels (de facto)
HoofstadCarson City
Grootste stadLas Vegas
Area 7de in die V.S.
 - Totaal286 367 km2
 - Wydte519 km
 - Lengte788 km
 - Water1 971 km2
 - % water0,69 %
 - Breedtegraad35° N tot 42° N
 - Lengtegraad114° 2′ W tot 120° W
Bevolking 36ste in die V.S.
 - Totaal2 700 551
 - Digtheid9,43/km2
36ste in die V.S.
Hoogte 
 - Hoogste puntBoundary Peak
4 005 m
 - Gemiddeld1 676 m
 - Laagste puntColoradorivier
146 m
Toetrede tot die Unie 31 Oktober 1864 (36ste)
GoewerneurSteve Sisolak (D)
Luitenant-GoewerneurKate Marshall (D)
WetgewerNevada Wetgewer
 - HoërhuisSenaat
 - LaerhuisHuis van Verteenwoordigers
V.S. SenatoreCatherine Cortez Masto (D)
Jackie Rosen (D)
TydsoneMountain: UTC-7/DST-6
AfkortingsNV US-NV
Webbladwww.nv.gov

Nevada het 'n oppervlakte van 286 367 vierkante kilometer en 'n bevolking van sowat 2,7 miljoen. Nevada word in die noorde deur Oregon en Idaho, in die ooste deur Utah, in die suide deur Arizona en Kalifornië, en in die weste deur Kalifornië begrens. Dit het 'n droë klimaat weens sy geografiese ligging in die Mojave-woestyn. In die algemeen kry Nevada relatief min reënval.

Die berugte en geheime Area 51 lugmagbasis is in Nevada geleë.

Virginia City
Black Rock Desert
Skadu's gooi in Black Rock Desert
'n Vallei naby Pyramid Lake
Yucca Mountain
Hooverdam
Lugaansig van die Hooverdam op die grens tussen Nevada en Arizona
Landing in Las Vegas
Panorama Towers - woonsteltorings in Las Vegas
Parys in die woestyn
Las Vegas: The Venetian Hotel met Dollarpaleis (kasino)
Las Vegas: The Venetian Hotel
Leaving Las Vegas

Nevada se byname is Silver State, Sagebrush State en Battle Born State. Wildeals - 'n hoogs aromtiese silwergrys kruidplant met geel bloeisels wat in Engels sagebrush genoem word - is Nevada se amptelike staatsplant. Wildeals-steppe beslaan sowat veertig persent van die deelstaat se oppervlakte. Indiane het wildeals as kleur- en brandstof, as medisinale plant en vir rituele doeleindes gebruik. As dit verbrand word, versprei dit 'n aangename reuk wat aan appelsider herinner.[1]


Verwysings wysig

  1. Eleanor Coerr: S is for Silver: A Nevada Alphabet. Ann Arbor, MI: Sleeping Bear Press 2010

Eksterne skakels wysig

Toerisme en kultuur

Geskiedenis

Tydskrifte en aanlynbronne

Mynbou

Verenigde State van Amerika
StateAlabamaAlaskaArizonaArkansasColoradoConnecticutDelawareFloridaGeorgiaHawaiiIdahoIllinoisIndianaIowaKaliforniëKansasKentuckyLouisianaMaineMarylandMassachusettsMichiganMinnesotaMississippiMissouriMontanaNebraskaNevadaNew HampshireNew JerseyNieu-MeksikoNew YorkNoord-CarolinaNoord-DakotaOhioOklahomaOregonPennsilvaniëRhode IslandSuid-CarolinaSuid-DakotaTennesseeTexasUtahVermontVirginiëWashingtonWes-VirginiëWisconsinWyoming
Federale distrikDistrik Columbia (Washington, D.C.)
EilandgebiedeAmerikaanse Maagde-eilandeAmerikaans-SamoaGuamNoordelike Mariana-eilandePuerto Rico
Klein afgeleë eilandeBakerHowlandJarvisJohnstonKingmanMidwayNavassaPalmyraWake
Geassosieerde landeGefedereerde State van MikronesiëMarshalleilandePalau