Connecticut

staat van die Verenigde State van Amerika

Connecticut (Engels: State of Connecticut, afgekort CT) is 'n deelstaat in die Nieu-Engeland-streek van die Verenigde State van Amerika.[1] Die hoofstad is Hartford en die grootste stad is Bridgeport. Dit het 'n oppervlakte van 14 356 vierkante kilometer en 'n bevolking van sowat 3,6 miljoen. Dit was die vyfde deelstaat wat tot die Unie toegelaat is. Connecticut word in die noorde deur Massachusetts, in die ooste deur Rhode Island, en in die weste deur New York begrens. In die suide lê die Long-Island-Sont en die Atlantiese Oseaan.

Deelstaat Connecticut
altalt
Vlag van ConnecticutSeël
Bynaam(e): The Constitution State, The Nutmeg State
alt
Kaart van die Verenigde State met Connecticut uitgelig
Amptelike taal(e)Geen. (Engels is de facto)
HoofstadHartford
Grootste stadBridgeport
Area 48ste in die V.S.
 - Totaal14 356 km2
 - Wydte113 km
 - Lengte177 km
 - Water1 809 km2
 - % water12,6 %
 - Breedtegraad40°58′ N tot 42°03′ N
 - Lengtegraad71°47′ W tot 73°44′ W
Bevolking 29ste in die V.S.
 - Totaal3 574 097
 - Digtheid249/km2
4de in die V.S.
Hoogte 
 - Hoogste puntMount Frissell
725 m
 - Gemiddeld150 m
 - Laagste puntLong Island Sound
seevlak
Toetrede tot die Unie 9 Januarie 1788 (5de)
GoewerneurNed Lamont (D)
Luitenant-GoewerneurSusan Bysiewicz (D)
WetgewerConnecticut Algemene Vergadering
 - HoërhuisSenaat
 - LaerhuisHuis van Verteenwoordigers
V.S. SenatoreRichard Blumenthal (D)
Chris Murphy (D)
TydsoneUTC-5 / Somertyd: UTC-4
AfkortingsCT US-CT
Webbladwww.ct.gov

Voor die 17de eeu is die gebied deur die inheemse Mohegan-stam bewoon. Die eerste ontmoeting tussen die inwoners en Europeërs het plaasgevind toe die Nederlandse ontdekkingsreisiger Adriaen Block die gebied in 1614 besoek het.

Connecticut se byname is The Constitution State en The Nutmeg State. Die naam Connecticut kom van die Mohegaanse woord quinnitukqut wat beteken 'plek van die lang getyrivier'.

Hartford
Bear Mountain, die hoogste spits in Connecticut. Mount Frissell is die hoogste landskap

Verwysings wysig

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

Eksterne skakels wysig

Amptelike webtuiste

Toerisme

Geskiedenis

Wiki-webtuistes


Verenigde State van Amerika
StateAlabamaAlaskaArizonaArkansasColoradoConnecticutDelawareFloridaGeorgiaHawaiiIdahoIllinoisIndianaIowaKaliforniëKansasKentuckyLouisianaMaineMarylandMassachusettsMichiganMinnesotaMississippiMissouriMontanaNebraskaNevadaNew HampshireNew JerseyNieu-MeksikoNew YorkNoord-CarolinaNoord-DakotaOhioOklahomaOregonPennsilvaniëRhode IslandSuid-CarolinaSuid-DakotaTennesseeTexasUtahVermontVirginiëWashingtonWes-VirginiëWisconsinWyoming
Federale distrikDistrik Columbia (Washington, D.C.)
EilandgebiedeAmerikaanse Maagde-eilandeAmerikaans-SamoaGuamNoordelike Mariana-eilandePuerto Rico
Klein afgeleë eilandeBakerHowlandJarvisJohnstonKingmanMidwayNavassaPalmyraWake
Geassosieerde landeGefedereerde State van MikronesiëMarshalleilandePalau