'n Hoofstad is 'n belangrike stad in 'n gebied (soos 'n land of 'n provinsie) wat sentraal staan in 'n sekere sin (gewoonlik 'n politieke sin). Die hoofstad van 'n land verwys gewoonlik na die setel van die regering van die land.

'n Uitsig oor Pretoria, Suid-Afrika se uitvoerende hoofstad
Bloemfontein, geregtelike hoofstad van Suid-Afrika
Kaapstad is Suid-Afrika se wetgewende hoofstad

Daar kan ook verwys word na 'n stad as die ekonomiese of kulturele hoofstad van 'n gebied. Dit kan daarop dui dat die stad die meeste ekonomiese of kulturele aktiwiteit beleef of as sodanige middelpunt gesien word deur meeste mense.

In party gevalle het lande meer as een hoofstad, of die setel is in 'n ander stad as die hoofstad:

Terminologie

Die term "hoofstad" is afgelei van die Latynse caput (genitief capitis), wat "kop" beteken.

Lande met meer as een hoofstad

Lande wat tans meer as een hoofstad het

 
Lande waar die hoofstad nie die grootste stad is nie
 

   Lande wie se hoofstad aan die kus is

   Lande wie se hoofstad nie aan die kus is nie

   Lande sonder kus

 

   Lande wat tans verskeie hoofstede het

   Lande wat in die verlede verskeie hoofstede gehad het

LandHoofstedeNotas
  BeninPorto-NovoAmptelike hoofstad
CotonouDe facto regeringsetel
  BoliviëSucreGrondwetlike hoofstad en setel van die opperste hof
La PazRegeringsetel en parlementsetel van die parlement
  BurundiGitegaAmptelike (grondwetlike) hoofstad
BujumburaSetel van die nasionale uitvoerende hoof
  ChiliSantiagoAmptelike hoofstad; regeringsetel
ValparaísoSetel van die kongres
  EswatiniMbabaneHoofstad
LobambaTradisionele hoofstad, regeringsetel en parlementsetel
  IvoorkusYamoussoukroAmptelike hoofstad
AbidjanDe facto regeringsetel
  JemenSanaaGrondwetlike hoofstad
AdenVoorlopige hoofstad
  MaleisiëKuala LumpurAmptelike hoofstad; parlementsetel
PutrajayaRegeringsetel
  MianmarNaypyidawAmptelike hoofstad; regeringsetel
YangonEkonomiese hoofstad
  MontenegroPodgoricaAmptelike hoofstad; regeringsetel
CetinjeSetel van die president
  NederlandAmsterdamGrondwetlike hoofstad
Den HaagRegeringsetel
  Sri LankaSri JayawardenepuraRegerings- en parlementsetel
ColomboHoofstad
  Staat Palestina(Oos-)JerusalemGeproklameerde hoofstad
RamallahUitvoerende hoofstad
  Suid-AfrikaPretoriaAdministratiewe hoofstad (Regeringsetel)
KaapstadWetgewende hoofstad (Parlementsetel)
BloemfonteinGeregtelike hoofstad (Setel van die opperste Appèlhof)
  TanzaniëDodomaAmptelike hoofstad
Dar-es-SalaamDe facto Regeringsetel
  Wes-SaharaLaâyouneGeproklameerde hoofstad
TifaritiUitvoerende hoofstad

Lande wat in die verlede verskeie hoofstede gehad het

LandTydperkHoofstedeNotas
  Afghanistan1776–1818KaboelSomerhoofstad
PesjawarHerfshoofstad
  Brits-Indië1858–1947Kolkata (1858–1911)Winterhoofstad
Delhi (1911–1947)
ShimlaSomerhoofstad
  Duitsland1990–1999BerlynAmptelike hoofstad
BonnRegeringsetel
  Filippyne1948–1976Quezon StadAmptelike hoofstad
ManilaDe facto regeringsetel
1901–1976BaguioSomerhoofstad (nog steeds bekend as somerhoofstad, buite politieke gebruik)
  Frankryk1940–1944ParysBesete gebied van Frankryk
VichyVichy-Regime
  Georgië2012–2018TbilisiAmptelike hoofstad
KoetaisiParlementsetel
  Laos1947–1975VientianeAdministratiewe hoofstad
Luang PrabangKoninklike hoofstad
  Libië1951–1969TripoliEen van die twee amptelike hoofstede van die Verenigde Koninkryk Libië
BenghaziEen van die twee amptelike hoofstede van die Verenigde Koninkryk Libië
  Malawi1974–1994LilongweAdministratiewe en regterlike hoofstad
ZombaWetgewende hoofstad
  Republiek van China1937–1945NanjingHoofstad van marionetstaat
ChongqingVoorlopige hoofstad van die Kuomintang
1945–1991NanjingAdministratiewe, wetgewende en geregtelike hoofstad (opgeëis na 1949)
TaipeiVoorlopige hoofstad van die Kuomintang-regeerde Republiek China op Taiwan
  Serwië en Montenegro2003–2006BelgradoRegeringsetel en parlementsetel
PodgoricaSetel van die grondwetlike hof

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels