Mississippi

Mississippi (Engels: State of Mississippi) is 'n deelstaat in die sogenaamde Diep Suide van die Verenigde State van Amerika met 'n bevolking van drie miljoen. Mississippi is die 20ste deelstaat wat tot die Unie toegelaat is. Jackson is die hoofstad asook die grootste stad. Dit word in die noorde deur Tennessee, in die ooste deur Alabama, in die suide deur Louisiana en die Golf van Meksiko, en in die weste deur Arkansas en Louisiana begrens. Die Mississippirivier vorm 'n natuurlike grens in die weste.[1]

Deelstaat Mississippi
altalt
Vlag van MississippiSeël
Bynaam(e): The Magnolia State, The Hospitality State
alt
Kaart van die Verenigde State met Mississippi uitgelig
Amptelike taal(e)Engels
HoofstadJackson
Grootste stadJackson
Area 32ste in die V.S.
 - Totaal125 443 km2
 - Wydte275 km
 - Lengte545 km
 - Water3 940 km2
 - % water3 %
 - Breedtegraad30° 12′ N tot 35° N
 - Lengtegraad88° 06′ W tot 91° 39′ W
Bevolking 31ste in die V.S.
 - Totaal2 967 297
 - Digtheid23,65/km2
32ste in die V.S.
Hoogte 
 - Hoogste puntWoodall Mountain
91 m
 - Gemiddeld91 m
 - Laagste puntGolf van Meksiko
seevlak
Toetrede tot die Unie 10 Desember 1817 (20ste)
GoewerneurPhil Bryant (R)
Luitenant-GoewerneurTate Reeves (R)
WetgewerMississippi Wetgewer
 - HoërhuisSenaat
 - LaerhuisHuis van Verteenwoordigers
V.S. SenatoreCindy Hyde-Smith (R)
Roger Wicker (R)
TydsoneSentrale Standaardtyd: UTC -6 / Somertyd -5
AfkortingsMS US-MS
Webbladwww.Mississippi.gov
Die Mississippirivier
'n Sipressebos in 'n moeras langs die Mississippi

In 2020 is besluit om die deelstaat se amptelike vlag te vervang. Die vorige ontwerp het nog die vlag van die Gekonfedereerde State vertoon wat deur baie as 'n simbool vir slawerny en rassediskriminasie beskou word.

Geskiedenis wysig

Die eerste Europese besoekers was die ekspedisie van Hernando de Soto wat probeer het om 'n nedersetting te stig tussen 1539 en 1542. Dit het egter misluk. Die volgende ekspedisie is gelei deur die Fransmanne Jacques Marquette en Louis Joliet; hulle het saam met die Mississippi afgevaar in 1673. Nege jaar later het die Chevalier de la Salle die hele Mississippivallei vir Frankryk geannekseer.

Kolonisasie aan die oostekant van die rivier het stadig geskied. Nedersettings is gestig by die hoogtes van Natchez, by die Yazoorivier en by die mond van die Pascagoularivier. Die hoofstad van Frans-Louisiana was by Biloxi van 1699 tot 1702 en weer van 1719 tot 1723. Daarna is dit oorgedra aan die nedersetting by New Orleans. Skemas van die Skote finansieerder John Law het gefaal met slegte gevolge vir die streek. Die Frans-Indiaanse oorlog (1754–1763) het ook ontwikkeling in die wiele gery.

Frankryk het hulle gebied aan die ooste van die Mississippi egter na die ondertekening van die Verdrag van Parys (1763) aan Engeland prysgegee.

Verwysings wysig

  1. Collier's Encyclopedia, Crowell-Collier Educational Corporation, Volume 16, bl. 371

Verdere leesstof wysig

  • Dennis J. Mitchell, A New History of Mississippi. Jackson, MS: University of Mississippi Press, 2014.

Eksterne skakels wysig

Toerisme

Geskiedenis


Verenigde State van Amerika
StateAlabamaAlaskaArizonaArkansasColoradoConnecticutDelawareFloridaGeorgiaHawaiiIdahoIllinoisIndianaIowaKaliforniëKansasKentuckyLouisianaMaineMarylandMassachusettsMichiganMinnesotaMississippiMissouriMontanaNebraskaNevadaNew HampshireNew JerseyNieu-MeksikoNew YorkNoord-CarolinaNoord-DakotaOhioOklahomaOregonPennsilvaniëRhode IslandSuid-CarolinaSuid-DakotaTennesseeTexasUtahVermontVirginiëWashingtonWes-VirginiëWisconsinWyoming
Federale distrikDistrik Columbia (Washington, D.C.)
EilandgebiedeAmerikaanse Maagde-eilandeAmerikaans-SamoaGuamNoordelike Mariana-eilandePuerto Rico
Klein afgeleë eilandeBakerHowlandJarvisJohnstonKingmanMidwayNavassaPalmyraWake
Geassosieerde landeGefedereerde State van MikronesiëMarshalleilandePalau