Sentraal Karoo-distriksmunisipaliteit

Suid-AfrikaSentraal Karoo
Kaart van Suid-Afrika wat Sentraal Karoo in Wes-Kaap aandui
ProvinsieWes-Kaap
TipeDistriksmunisipaliteit
Munisipale kodeDC5
Plaaslike munisipaliteiteBeaufort-Wes, Laingsburg, Prins Albert
HoofstadBeaufort-Wes
BurgemeesterNoel Constable (KDF)
Grootste taleAfrikaans, Xhosa, Engels
Oppervlakte38 853 km²
Bevolking60 474 (2001)

Die Sentraal Karoo-distriksmunisipaliteit is een van die 5 distriksmunisipaliteite van die Wes-Kaap. Die setel van die munisipaliteit is in Beaufort-Wes. Die meeste inwoners in die munisipale gebied is Afrikaanssprekend. Die munisipaliteit se kode is DC5.

Kaart van die Sentraal Karoo-distriksmunisipaliteit.

Geografie wysig

Bure wysig

Plaaslike munisipaliteite wysig

Die munisipaliteit bestaan uit die volgende plaaslike munisipaliteite:

Plaaslike munisipalitteitKodeBevolking%
LaingsburgWC0516 67411.04%
Prins AlbertWC05210 50117.36%
Beaufort-WesWC05337 13961.41%
Sentraal Karoo DistriksbestuursgebiedWCDMA056 16010.19%

Wapen wysig

Die Sentrale Karoo-streeksdiensteraad het in 1990 'n wapen by die Buro vir Heraldiek geregistreer : In silwer, 'n rooi punt, die piek driebladvormig, tussen twee omgekeerde swart punte; die skild oortop met 'n muurkroon met drie uitkomende torings, alles silwer. Die skildhouers is twee sekretarisvoëls, en die wapenspreuk is "Deus juvat".[1] Die Sentraal-Karoo Distriksmunisipaliteit voer vandag dieselfde wapen.[2]

Demografie wysig

Die volgende statistiek is van die sensus in 2001.

TaalBevolking%
Afrikaans54 00589.30%
Xhosa5 5089.11%
Engels6421.06%
Ander1390.23%
Suid-Sotho860.14%
Zoeloe330.05%
Venda190.03%
Tsonga180.03%
Tswana130.02%
Ndebele70.01%
Swazi40.01%
Noord-Sotho00.00%

Geslag wysig

GeslagBevolking%
Vroulik31 19951.59%
Manlik29 27548.41%

Etniese groepering wysig

Etniese groeperingBevolking%
Kleurling46 49076.88%
Swart7 26612.02%
Blank6 66411.02%
Asiaties540.09%

Ouderdom wysig

OuderdomBevolking%
00 – 046 47010.70%
05 – 096 43210.64%
10 – 146 84611.32%
15 – 195 9299.80%
20 – 244 4687.39%
25 – 294 4407.34%
30 – 344 5707.56%
35 – 394 2397.01%
40 – 443 8786.41%
45 – 493 1555.22%
50 – 542 6044.31%
55 – 592 0053.32%
60 – 641 8413.04%
65 – 691 3522.24%
70 – 749661.60%
75 – 796101.01%
80 – 844100.68%
85 plus2590.43%

Politiek wysig

Verkiesingsuitslae wysig

Verkiesingsuitslae vir die munisipaliteit in die Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2004.

  • Bevolking 18 en ouer: 36 989 [61.17% van die totale bevolking]
  • Totale stemme: 23 829 [39.40% van die totale bevolking]
  • Stempersentasie: 64.42% van die persentasie van die stemgeregtigdes
PartyStemme%
ANC14 36860.30%
DA3 99916.78%
OD2 58310.84%
NNP1 8147.61%
ACDP3841.61%
VF+3061.28%
PAC900.38%
NA360.15%
UDM280.12%
IVP280.12%
Azapo270.11%
CDP250.10%
UCDP240.10%
EMSA210.09%
NLP200.09%
PJC200.09%
TOP140.06%
SOPA130.05%
UF130.05%
KISS120.05%
MF40.02%
Totaal109 296100.00%

Distriksbestuursgebied wysig

Kaart van die Wes-Kaap wat die Sentraal Karoo DBG in rooi toon.

'n Gedeelte van die Sentraal Karoo-distriksmunisipaliteit is 'n distriksbestuursgebied met die munisipale kode WCDMA03, wat geen plaaslike munisipaliteit het nie.

Demografie van die DBG wysig

Volgens die 2001-sensus word die distriksbestuursgebied deur 6 184 mense bewoon en bestaan uit 1 543 huishoudings. Die bevolkingsdigtheid is 1,11 mense/km². Die digtheid van die huishoudings beslaan 0,28 huise/km². Die rasse-samestelling van die munisipaliteit is 17,40% Swart, 75,31% Kleurling, 0,0% Asiaties en 7,29% Blank.

17,1% van alle huishoudings bestaan uit meer as een individu en die gemiddelde huishouding bestaan uit 4,01 mense.

In die distriksbestuursgebied word die bevolking as volg verdeel: 36,8% van die bevolking is jonger as 15 jaar, 15,2% is vanaf 15 tot 24 jaar oud, 26,5% vanaf 25 tot 44, 15,7% vanaf 45 tot 64 en 5,9% maak diegene uit wat 65 jaar of ouer is. Die gemiddelde ouderdom is 23 jaar. Vir elke 100 vroue is daar 94,4 mans; vir elke 100 vroue van 18 jaar of ouer is daar 89,1 mans.

In die Distriksgebied praat 91,0% van alle inwoners Afrikaans as huistaal, 2,0% praat Engels, 5,2% praat Xhosa, 0,0% praat enige van die ander amptelike landstale (Ndebele, Zoeloe, Noord-Sotho, Suid-Sotho, Tswana, Swazi, Venda of Tsonga) en 1,4% het 'n nie-amptelike taal as huistaal.

96,4% van die inwoners is Christene en 2,9% beoefen geen geloof nie.

30,3% van die inwoners van 20 jaar of ouer het geen onderwys ontvang nie, 27,2% het ’n bietjie laerskoolonderrig, 8,6% het slegs laerskool klaargemaak, 18,6% het ’n bietjie hoërskoolonderrig, 6,3% het slegs hoërskool klaargemaak en 9,0% het tersiêre onderwys voortgesit. Oor die algemeen het 15,3% hul hoërskoolloopbaan voltooi.

28,9% van die wooneenhede beskik oor ’n telefoon en/of sellulêre telefoon in die huis self, 56,3% het toegang tot ’n nabygeleë telefoon en 14,8% het geen toegang tot ’n telefoon nie. 79,3,0 % van alle huishoudings het ’n spoel- of chemiese toilet. 62,3% laat hul vullis deur die munisipaliteit ten minste een keer ’n week verwyder word; 0,5% het geen vullisverwydering nie. 36,9% het lopende kraanwater binne hul huise, 90,9% het lopende kraanwater op hul erf, en 98,3% het toegang tot lopende kraanwater. 34,2% van die huishoudings gebruik elektrisiteit vir kookdoeleindes, 23,2% vir verhitting, en 84,4% vir beligting. 71,3% van die huishoudings beskik oor ’n radio, 48,8% het ’n televisie, 4,9% besit ’n rekenaar, 43,1% het ’n yskas, en 16,4% ’n sellulêre telefoon.

17,7% van die bevolking tussen die ouderdom van 15 en 65 is werkloos. Van die werklose persone is 22,9% Swart, 75,0% Kleurling, 0,0% Asiaties en 1,9% Blankes.

Die gemiddelde jaarlikse inkomste van werkende volwassenes tussen die ouderdom van 15 tot 65 is R7 033. Mans het ’n gemiddelde inkomste van R7 761 teenoor R4 362 wat deur vroue verdien word. Die gemiddelde inkomste per ras is R6 757 vir Swartes, R6 211 vir Kleurlinge, R 0 vir Asiërs en R41 611 vir Blankes.

Die jaarlikse inkomsteverspreiding in die Sentraal Karoo DBG is:

  • No income – 2.6%
  • R12 – R4,800 – 32.0%
  • R4,812 – R9,600 – 33.2%
  • R9,612 – R19,200 – 13.6%
  • R19,212 – R38,400 – 7.1%
  • R38,412 – R76,800 – 6.7%
  • R76,812 – R153,600 – 3.3%
  • R153,612 – R307,200 – 0.3%
  • R307,212 – R614,400 – 0.7%
  • R614,412 of meer 0.4%[3]

Verwysings wysig

  1. National Archives of South Africa : Data of the Bureau of Heraldry.
  2. Sentraal Karoo-distriksmunisipaliteit, skdm.co.za
  3. "Statistics South Africa Census 2001". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 April 2005. Besoek op 13 Mei 2011.