Provinsies van Suid-Afrika

eerstevlak administratiewe afdelings van Suid-Afrika

Suid-Afrika het tot 1994 uit slegs vier provinsies bestaan: Transvaal, Oranje-Vrystaat, Natal en die Kaapprovinsie. Sedert 1994 is die land verdeel in nege provinsies (die provinsie se hoofstad volg in hakies op die provinsie se naam):

  1. Wes-Kaap (Kaapstad)
  2. Noord-Kaap (Kimberley)
  3. Oos-Kaap (Bhisho)
  4. KwaZulu-Natal (Pietermaritzburg)
  5. Vrystaat (Bloemfontein)
  6. Noordwes (Mahikeng)
  7. Gauteng (Johannesburg)
  8. Mpumalanga (Nelspruit[1])
  9. Limpopo (Polokwane[2])
Kaart van Suid-Afrika met die nuwe provinsiale grense (2009)

Grense wysig

Die grense van al die provinsies behalwe die Wes-Kaap en Vrystaat is deur die 12de wysiging van die Suid-Afrikaanse grondwet verander in Desember 2005. Die grootste verandering is tussen KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap (Matatiele), Gauteng en Noordwes (Khutsong) en Limpopo en Mpumalanga (Sekhukhuneland).

Bevolking wysig

Volgens die 2011-sensus is die bevolking van die provinsies soos volg:

ProvinsieBevolking%
Gauteng12 272 26323,7%
KwaZulu-Natal10 267 30019,8%
Oos-Kaap6 562 05312,7%
Limpopo5 404 86810,5%
Wes-Kaap5 822 73411,2%
Mpumalanga4 039 9397,8%
Noordwes3 509 9536,8%
Vrystaat2 745 5905,3%
Noord-Kaap1 145 8612,2%
Totaal51 770 561100%

Sien ook wysig

Verwysings wysig

  1. Die stad is ook sedert 2009 bekend as Mbombela
  2. Voorheen bekend as Pietersburg
Provinsies van Suid-Afrika
Gauteng | KwaZulu-Natal | Limpopo | Mpumalanga | Noord-Kaap | Noordwes | Oos-Kaap | Vrystaat | Wes-Kaap