Olimpiese Somerspele 1976

Spele van die XXIe Olimpiade
Olimpiesespele van 1976

Gehou inMontreal, Kanada
Deelnemende lande92 Nasionale Olimpiese Komitees
Deelnemende atlete6 084 (4 824 mans, 1 260 vroue)[1]
Items198 in 21 sporte[2]
Openingseremonie17 Julie 1976
Sluitingseremonie1 Augustus 1976
Amptelik geopen deurKoningin Elizabeth II[3]
Atlete-eedPierre Saint-Jean (gewigoptel)
Beampte-eedMaurice Forget (atletiek)
Olimpiese vlamStéphane Préfontaine
en Sandra Henderson
Vorige Spele1972: München (Wes-Duitsland)
Volgende Spele1980: Moskou (Sowjetunie)

Die Olimpiese Somerspele 1976 (Engels: 1976 Summer Olympics, Frans: Les XXIes olympiques d'été), amptelik bekend as die Spele van die XXIste Olimpiade, is tussen 17 Julie en 1 Augustus 1976 in Montreal, Kanada, aangebied. Ander stede, wat as kandidate vir die organisering van die Spele aangewys is, was Moskou en Los Angeles. Moskou was die gunsteling, maar desondanks het die Internasionale Olimpiese Komitee in 1969 in Amsterdam besluit om die Spele aan Montreal toe te ken, nadat die destydse burgemeester, Jean Drapeau, beloof het om "eenvoudige Spele" te organiseer.

Die Olimpiese Stadion in Montreal

Dit is die eerste en tot dusver enigste Olimpiese Somerspele wat Kanada aangebied het. Dié land sal later nog die Olimpiese Winterspele van 1988 en 2010 aanbied. As die enigste gasheer van Olimpiese Somerspele het Kanada sonder Olimpiese oorwinning gebly.

22 Afrikalande (en sommige ander) het die Spele weens Nieu-Seeland se deelname geboikot nadat die All Blacks in 1976 Suid-Afrika onder Apartheid besoek en teen die Springbokke 'n wedstryd beslis het en sodoende die internasionale verbanning van Suid-Afrika gebrek het.

Die Olimpiese Winterspele 1976 is in Innsbruck, Oostenryk, aangebied. Die Paralimpiese Somerspele 1976 is tussen 3 en 11 Augustus in Toronto gehou.

Toewysing wysig

Jean Doré, president van die Kanadese reëlingskomitee
Fakkel van die Olimpiese Somerspele 1976 in Montreal

Montreal is op 12 Mei 1970 in Amsterdam deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Somerspele in 1976. Ander kandidate was: Moskou en Los Angeles. Moskou sal uiteindelik gasheer vir die volgende Olimpiese Somerspele 1980 en Los Angeles vir die daaropvolgende Olimpiese Somerspele 1984 word.

Die stemming het as volg verloop:

Stemming vir gasheer van die Olimpiese Somerspele 1976[4]
StadLandRondte 1Rondte 2
Montreal  Kanada2541
Moskou  Sowjetunie2828
Los Angeles  Verenigde State17

Sporte wysig

21 Olimpiese sportsoorte in 198 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 198 goue medaljes oorhandig.

Stadions wysig

27 sportplekke is tydens die Olimpiese Somerspele 1976 gebruik:

Olimpiese Park wysig

Die Olimpiese stadion langs die Montreal Botaniese Tuin
Die Velodrome (voorgrond) en die Olimpiese stadion in Montreal
Die Olimpiese Dorp in Montreal
In die Olimpiese Velodrom is die baanfietsrywedstryde beslis
In die Olimpiese swembad is die watersportwedstryde aangebied
StadionSporteKapasiteit
Centre Pierre CharbonneauStoei2 700
Maurice Richard ArenaBoks, Stoei4 750
Montreal Botaniese tuinAtletiek (20 km-loop), Moderne vyfkamp (hardloop)Nie gelys nie
Olimpiese swembadSierduik, Moderne vyfkamp (swem), Swem, Waterpolo (eindstryd)10 000
Olimpiese Stadion MontrealAtletiek, seremonies (opening/sluiting), Ruitersport (springspaneindstryd), Sokker (eindstryd)70 000
Olimpiese VelodromeFietsry (baan), Judo2 600

Groter Montreal wysig

StadionSporteKapasiteit
Centre Étienne DesmarteauBasketbal (groepuitdunne)2 200
Complexe sportif Claude-RobillardHandbal, Waterpolo2 755 (Waterpolo)
4 721 (Handbal)
Notre Dame-eilandKanovaart, Roei27 000
Molsonstadion, McGill-universiteitVeldhokkie19 500
Montreal ForumBasketbal (eindstryd), Boks (eindstryd), Gimnastiek, Handbal (eindstryd), Vlugbal (eindstryd)18 000
Mont Royal ParkFietsry (individuele padwedloop)4 400
Paul Sauvé ArenaVlugbal (groepuitdunne)4 000
Quebec Autoroute 40Fietsry (padspan tydtoets)Nie gelys nie
St. Michel ArenaGewigoptel2 000
Strate van MontrealAtletiek (maraton)Nie gelys nie
Winterstadion, Universiteit van MontrealSkermsport, Moderne vyfkamp (skermsport)2 461

Sokkerstadions wysig

StadionSporteKapasiteit
Lansdowne Park (Ottawa)Sokker30 000
Sherbrooke-stadion (Sherbrooke)Sokker10 000
Varsity-stadion (Toronto)Sokker21 739

Handbalstadions wysig

StadionSporteKapasiteit
Pavilion de l'éducation physique et des sports de l'Université Laval (Quebecstad)Handbal3 732
Sherbrooke Sportpaleis (Sherbrooke)Handbal4 400

Ander sportplekke wysig

StadionSporteKapasiteit
Olimpiese Boogskietveld (Joliette)Boogskiet2 000
Olimpiese Ruitersentrum (Bromont)Ruitersport (alle gebeure behalwe vir die springspan-eindstryd), Moderne vyfkamp (perdry)35 000
Olimpiese Skietbaan (L'Acadie)Moderne vyfkamp (skietsport), Skyfskiet1 000
Portsmouth Olimpiese hawe (Kingston)SeilvaartNie gelys nie

Kalender wysig

Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die getal medaljeparades wat die dag gehou is.

 OS Openingseremonie ● Wedstryde 1 Wedstryde met medaljes SS Sluitingseremonie
DatumJulieAugustus
17
Sa
18
So
19
Ma
20
Di
21
Wo
22
Do
23
Vr
24
Sa
25
So
26
Ma
27
Di
28
Wo
29
Do
30
Vr
31
Sa
1
So
Atletiek23465548
Basketbal11
Boks11
Boogskiet2
Fietsry11121
Gewigoptel1111111111
Gimnastiek11246
Handbal2
Judo111111
Kanovaart65
Moderne vyfkamp2
Roei68
Ruitersport11111
Seilvaart51
Sierduik1111
Skermsport11111111
Skyfskiet111121
Sokker1
Stoei1010
Swem2434445
Veldhokkie1
Vlugbal2
Waterpolo1
Totaal0478914112621101211817361
SeremoniesOSSS
Datum17
Sa
18
So
19
Ma
20
Di
21
Wo
22
Do
23
Vr
24
Sa
25
So
26
Ma
27
Di
28
Wo
29
Do
30
Vr
31
Sa
1
So
JulieAugustus

Deelnemende nasies wysig

Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:

Getal medaljes wysig

Kaart van deelnemende nasies in 1976:

   Neem vir die eerste keer deel

   Het reeds vantevore deelgeneem

     Gasheerstad Montreal
Kaart van die Olimpiese boikotte van 1976, 1980 en 1984

Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:

 Plek Land Deelnemers Goud Silwer BronsTotaal
1  Sowjetunie (URS)412494135125
2  Oos-Duitsland (GDR)27440252590
3  Verenigde State (USA)40334352594
4  Wes-Duitsland (FRG)28910121739
5  Japan (JPN)215961025
6  Pole (POL)224761326
7  Bulgarye (BUL)16069722
8  Kuba (CUB)15064313
9  Roemenië (ROU)157491427
10  Hongarye (HUN)183451322
27  Kanada (CAN)39105611

Sien ook wysig

Verwysings wysig

  1. (en) "Factsheet – The Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Desember 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 23 Desember 2018. Besoek op 5 Maart 2018.
  2. (en) "Factsheet – The Programme of the Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Oktober 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 22 April 2020. Besoek op 5 Maart 2018.
  3. (en) "Factsheet – Opening Ceremony of the Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. 11 Januarie 2018. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2018. Besoek op 5 Maart 2018.
  4. (en) "Past Olympic host city election results". GamesBids. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 November 2018. Besoek op 5 Maart 2018.

Bronne wysig

Verdere leesstof wysig

  • (en) David Wallechinsky (2004). The Complete Book of the Summer Olympics, Athens 2004 Edition. SportClassic Books. ISBN 978-1-894963-32-9.
  • (en) Bijkerk, Anthony T. (2004). "Pierre de Coubertin". In John E. Findling, Kimberly D. Pelle (red.). Encyclopedia of the Modern Olympic Movement. Greenwood Publishing Group. ISBN 0-313-32278-3. OCLC 52418065.
  • (de) Volker Kluge (2000). Olympische Sommerspiele. Die Chronik Teil 3. Mexiko Stadt 1968 – Los Angeles 1984. Berlin: Sportverlag. ISBN 3-328-00741-5.

Eksterne skakels wysig


Olimpiese Spele

Olimpiese Somerspele: 1896  • 1900  • 1904  • 1906*  • 1908  • 1912  • 1916  • 1920  • 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1996  • 2000  • 2004  • 2008  • 2012  • 2016  • 2020  • 2024  • 2028  • 2032

Olimpiese Winterspele: 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1994  • 1998  • 2002  • 2006  • 2010  • 2014  • 2018  • 2022  • 2026  • 2030
Internasionale Olimpiese KomiteeNasionale Olimpiese Komitee
(*) Die spele van 1906 is deur die IOK georganiseer, maar word nie amptelik deur die IOK erken nie.