Olimpiese Winterspele 1948

Ve Olimpiese Winterspele
Olimpiesespele van 1948

Gehou inSt. Moritz, Switserland
Deelnemende lande28
Deelnemende atlete669 (592 mans, 77 vroue)[1]
Items22 in 4 sporte
Openingseremonie30 Januarie 1948
Sluitingseremonie8 Februarie 1948
Amptelik geopen deurPresident Enrico Celio
Atlete-eedRiccardo Torriani (yshokkie)
Beampte-eed(sedert 1972)
Olimpiese vlam(sedert 1952)
Vorige Spele1944: Cortina d'Ampezzo (Italië)
Volgende Spele1952: Oslo (Noorweë)

Die Olimpiese Winterspele 1948 (Duits: Olympische Winterspiele 1948, Frans: Les Ves Jeux olympiques d'hiver, Italiaans: V Giochi olimpici invernali, Romansch: Gieus olimpics d'enviern 1948), amptelik bekend as die Vde Olimpiese Winterspele, is tussen 30 Januarie en 8 Februarie 1948 in St. Moritz, Switserland, aangebied. Die enigste ander kandidaatstad was Lake Placid, Verenigde State, waar die Spele in 1932 plaasgevind het.[2]

Die Skispring-skans in St. Moritz

Na 'n onderbreking van 12 jaar deur die Tweede Wêreldoorlog was dit die eerste Spele sedert die Winterspele van 1936 in Garmisch-Partenkirchen asook die tweede Olimpiade na die Olimpiese Winterspele 1928 wat in die Switserse stad gehou is. Die Olimpiese Somerspele 1948 is in Londen, Verenigde Koninkryk, aangebied.

Duitsland en Japan is deelname aan die Spele geweier. Die Sowjetunie is uitgenodig maar het verkies om geen atlete na St. Moritz te stuur nie.

Sporte wysig

4 Olimpiese sporte is tydens die Spele beoefen.

Kalender wysig

Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die getal medaljeparades wat die dag gehou is.

 OS Openingseremonie   Wedstryde ● Wedstryde met medaljes SS Sluitingseremonie
Januarie 1948
Februarie 1948
30
Vr
31
Sa
1
So
2
Ma
3
Di
4
Wo
5
Do
6
Vr
7
Sa
8
So
Goue
medaljes
SeremoniesOSSS
Bobslee  2
Skeleton1
Alpeski● ● ● ●● ●6
Heg-en-steg-ski3
Noorse kombinasie 1
Skansspring1
Kunsskaats  3
Langbaanskaats4
Yshokkie         1
Totaal031630322222
Kumulatief03410131316182022

Deelnemende nasies wysig

Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:

Getal medaljes wysig

Kaart van deelnemende nasies in 1948:

   Neem vir die eerste keer deel

   Het reeds vantevore deelgeneem

Hier is die top 13 lande wat medaljes by die Spele verower het:

 Plek Land Deelnemers Goud Silwer BronsTotaal
1  Noorweë (NOR)4943310
 Swede (SWE)4343310
3  Switserland (SUI)7034310
4  Verenigde State (USA)693429
5  Frankryk (FRA)362125
6  Kanada (CAN)282013
7  Oostenryk (AUT)541348
8  Finland (FIN)241326
9  België (BEL)111102
10  Italië (ITA)541001
11  Hongarye (HUN)220101
 Tsjeggo-Slowakye (TCH)470101
13  Verenigde Koninkryk (GBR)550022
Totaal (13 NOKs)56522242268

Sien ook wysig

Verwysings wysig

  1. (en) "The Olympic Winter Games Factsheet" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 13 November 2018. Besoek op 20 Januarie 2018.
  2. (en) "Past Olympic Host City Election Results". GamesBids. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op 20 Januarie 2018.

Verdere leesstof wysig

  • (en) David Wallechinsky (2005). The Complete Book of the Winter Olympics, Turin 2006 Edition. SportClassic Books. ISBN 978-1-894963-45-9.
  • (de) Volker Kluge (1999). Olympische Winterspiele. Die Chronik. Chamonix 1924 – Nagano 1998. Berlin: Sportverlag. ISBN 3-328-00831-4.
  • (de) Olympische Winterspiele St. Moritz: 1928, 1948. St. Moritz: World Sports Forum St. Moritz. 1998. ISBN 3-9520540-3-8.
  • (en) Krüger, Arnd; Goksör, Matti; von der Lippe, Gerd; Mo, Kristian (1996). The History of the Olympic Winter Games. The Invention of a Tradition. {{cite book}}: |work= ignored (hulp)
  • (en) George M. Constable (1996). The XI, XII & XIII Olympiads. Berlin 1936, St. Moritz 1948. Los Angeles: World Sport Research & Publications. ISBN 1-888383-11-9.
  • (de) Rudolf Pallamar (1948). Die 5. Olympischen Winterspiele 1948, St. Moritz, 30. Jänner–8. Feber. Wien: Herold-Verlag.

Eksterne skakels wysig


Olimpiese Spele

Olimpiese Somerspele: 1896  • 1900  • 1904  • 1906*  • 1908  • 1912  • 1916  • 1920  • 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1996  • 2000  • 2004  • 2008  • 2012  • 2016  • 2020  • 2024  • 2028  • 2032

Olimpiese Winterspele: 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1994  • 1998  • 2002  • 2006  • 2010  • 2014  • 2018  • 2022  • 2026  • 2030
Internasionale Olimpiese KomiteeNasionale Olimpiese Komitee
(*) Die spele van 1906 is deur die IOK georganiseer, maar word nie amptelik deur die IOK erken nie.