Olimpiese Somerspele 2024

Spele van die XXXIII Olimpiade, in Parys, Frankryk
Spele van die XXXIIIe Olimpiade
Olimpiesespele van 2024

Gehou inParys, Frankryk
Deelnemende lande204 Nasionale Olimpiese Komitees
Deelnemende atlete10 500 (5 250 mans en 5 250 vroue)
Items329 in 32 sporte (47 dissipline)
Openingseremonie26 Julie 2024
Sluitingseremonie11 Augustus 2024
Amptelik geopen deurPresident Emmanuel Macron
Atlete-eedFlorent Manaudou (swem)
Mélina Robert-Michon (skyfwerp)
Beampte-eedMelanie Tran
Olimpiese vlamTeddy Riner (judo)
Marie-José Pérec (atletiek)
Vorige Spele2020: Tokio (Japan)
Volgende Spele2028: Los Angeles (VSA)

Die Olimpiese Somerspele 2024 (Frans: Les Jeux olympiques d'été de 2024), amptelik bekend as die Spele van die XXXIIIste Olimpiade, is tussen 26 Julie en 11 Augustus 2024 in Parys, Frankryk, aangebied. Dit was die 33ste aanbieding van die Somerspele sedert 1896 en die derde keer wat Parys die spele georganiseer het na hulle eerste spele in 1900 en daarna in 1924, presies 100 jaar gelede. Daarmee het Parys naas Londen die tweede stad geword wat driekeer Olimpiese Somerspele aangebied het. Ná die Rugbywêreldbeker 2023 was die Olimpiese Somerspele 2024 die tweede groot sportkompetisie in Frankryk binne een jaar. Tydens die geleentheid het 10 500 atlete uit 204 nasies aan 329 items in 32 verskillende sportsoorte deelgeneem.

Die Stade de France in Parys
Kaart van deelnemende nasies in 2024:

   Neem vir die eerste keer deel

   Het reeds vantevore deelgeneem

   Neem nie deel nie

     Gasheerstad Parys

Die opening- en sluitingseremonies het in Parys plaasgevind. Vir die eerste keer in die Olimpiese geskiedenis het die openingsseremonie egter nie in 'n stadion plaasgevind nie, die deelnemende lande se atlete het pleks daarvan op skepe die Seinerivier in Parys bevaar.[1] Soos gebruiklik is die lande in alfabetiese volgorde georden met Griekeland eerste en die gasheer Frankryk laaste, maar aangesien die plaaslike taal Frans is, is dié taal se alfabet gebruik om die volgorde te bepaal. Beide Caitlin Rooskrantz (gimnastiek) en Akani Simbine (atletiek) het die Suid-Afrikaanse vlag gedra.[2]

Die Paralimpiese Somerspele 2024 is tussen 4 en 15 September in Parys gehou.

Toewysing

wysig
Tony Estanguet, hoof van Parys se reëlingskomitee

Parys is op 13 September 2017 in Lima deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Somerspele in 2024. Die Olimpiese Somerspele 2024 en 2028 is tegelyk toegeken, eersgenoemde aan Parys, Frankryk, en laasgenoemde aan Los Angeles, Verenigde State.[3]

Die stemming het as volg verloop:

Stemming vir gasheer van die Olimpiese Somerspele 2024
StadLandStemme
Parys  FrankrykVerkies as 2024-gasheer
Los Angeles  Verenigde StateVerkies as 2028-gasheer
Hamburg  Duitslandonttrek
Rome  Italië
Boedapest  Hongarye

Sporte

wysig

Tydens die Olimpiese Somerspele 2024 was daar in nuwe Olimpiese sportsoorte soos verdere gemengde items meegeding. Onder die nuwe IOK-beleid, wat die gasheer toelaat om nuwe sportsoorte by die Olimpiese program ter aanvulling van die permanente kerngebeurtenisse te voeg, het tydens die Spele breekdans sy Olimpiese debuut gemaak, terwyl skaatsplankry, klimsport en branderplankry tydens die Olimpiese Somerspele 2020 in Tokio hul debuut gemaak het. Vier items is by gewigoptel verwyder. In kanovaart is twee snelitems vervang met twee slalomitems, waarmee die algehele items 16 gebly het. In klimsport is die vorige gekombineerde item opgedeel in twee verspeie dissiplines: spoedklim en rots-en-lood.[4]

32 Olimpiese sporte is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 329 medaljes oorhandig.

Stadions

wysig
Stade de France in Saint-Denis
Parys se La Défense-arena
Champs de Mars
Avenue des Champs-Élysées
Grand Palais
Les Invalides
Stade Roland Garros
Le Golf National
Vélodrome de Saint-Quentin-en-Yvelines
Château de Versailles
Parc Olympique Lyonnais
Marseille

Die meeste van die Olimpiese gebeure is in en om Parys gehuisves, insluitende die voorstede Saint-Denis, Le Bourget, Nanterre, Versailles en Vaires-sur-Marne wat net buite die stad se omgewing is. Die basktelbalgroepfase en die handbaluitklopfase is in Lille beslis, die seilvaartitem in die kusoorde van Marseille, terwyl die branderplankry-wedstryde in Tahiti, Frans-Polinesië, aangebied is. Sokker is in die vyf Franse stede Bordeaux, Lyon, Nantes, Nice en Saint-Étienne aangebied.

Groter Parys

wysig
StadionSporteKapasiteitStatus
Stade Olympique Yves-du-ManoirVeldhokkie15 000Opgeknap
Stade de FranceSewesrugby77 083Klaar
Atletiek (baan en veld)
Sluitingseremonie
Paris La Défense ArenaWatersport (swem, waterpolo-eindstryd)15 220
Arena Porte de la ChapellePluimbal8 000Bykomende
Gimnastiek (ritmies)
Centre Aquatique OlympiqueWatersport (waterpologroepfase, sierduik, gesinchroniseerde swem)5 000
Le BourgetKlimsportTydelik
Parc des Expositions de VillepinteBoks (groepfase, kwarteindrondte)6 000Klaar
Moderne vyfkamp (skermsport)

Paryse sentrale gebied

wysig
StadionSporteKapasiteitStatus
Parc des PrincesSokker (groepfase, kwarteindrondte en eindstryde)48 583Klaar
Stade Roland GarrosTennis36 000
(15 000 + 12 000 + 9 000)
Boks (eindstryde)
Paris Expo Porte de VersaillesVlugbal18 000
(12 000 + 12 000)
Tafeltennis
Handbal (groepfase)
Gewigoptel
Accor ArenaGimnastiek (artistiek en trampolien)15 000
Basketbal (eindstryd)
Grand PalaisSkermsport8 000
Taekwondo
Place de la ConcordeBasketbal (3x3)30 000 (algeheel)Tydelik
Breekdans
Fietsry (BMX vryslag)
Skaatsplankry
Hôtel de VilleAtletiek (maratonwegspringplek)1 500
Pont Alexandre IIIWatersport (maratonswem)
Driekamp
Fietsry (tydtoetsdoellyn)
Trocadéro (Pont d’Iéna)Atletiek (stapwedloop)13 000
(3 000 sitplekke)
Fietsry (pad)
Eiffeltoringstadion (Champ de Mars)Strandvlugbal12 000
Grand Palais éphémèreJudo9 000
Stoei
Les InvalidesBoogskiet8 000
Atletiek (maratondoellyn)
Fietsry (tydtoetswegspringplek)

Versailles-gebied

wysig
StadionSporteKapasiteitStatus
Tuine van die Paleis van VersaillesRuitersport80 000
(22 000 + 58 000)
Tydelik
Moderne vyfkamp
(sonder skermsportrondtes)
Le Golf NationalGholf35 000Klaar
Élancourt-heuwelFietsry (bergfietsry)25 000
Vélodrome de Saint-Quentin-en-YvelinesFietsry (baan)5 000
Fietsry (BMX wedvaart)

Afgeleë sportplekke

wysig
StadionSporteKapasiteitStatus
Stade Pierre-Mauroy, LilleBasketbal (groepfase)26 000Klaar
Handbal (eindstryde)
Île de loisirs de Vaires-Torcy, Vaires-sur-MarneRoei22 000
Kanovaart (slalom, snel)
Stade Vélodrome, MarseilleSokker
(ses groepwedstryde, kwarteindrondte, vroue en mans se halfeindstryde)
67 394
Parc Olympique Lyonnais, LyonSokker
(ses groepwedstryde, kwarteindrondte, mans en vroue se halfeindstryde, vroue se bronsmedaljewedstryd)
59 186
Stade Matmut Atlantique, BordeauxSokker
(ses groepwedstryde, kwarteindrondte)
42 115
Stade Geoffroy-Guichard, Saint-ÉtienneSokker
(ses groepwedstryde)
41 965
Allianz Riviera, NiceSokker
(ses groepwedstryde)
35 624
Stade de la Beaujoire, NantesSokker
(ses groepwedstryde, kwarteindrondte, mans se bronsmedaljewedstryd)
35 322
Marina olympique du Roucas-Blanc, MarseilleSeilvaart5 000
Teahupoo, TahitiBranderplankry
Centre National de Tir Sportif, ChâteaurouxSkyfskiet3 000

Kalender

wysig

Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die aantal medaljeparades wat die dag gehou is.

 OS Openingseremonie ● Wedstryde 1 Wedstryde met medaljes SS Sluitingseremonie
Julie / Augustus24
Wo
25
Do
26
Vr
27
Sa
28
So
29
Ma
30
Di
31
Wo
1
Do
2
Vr
3
Sa
4
So
5
Ma
6
Di
7
Wo
8
Do
9
Vr
10
Sa
11
So
Items
SeremoniesOSSS
Atletiek2153455589148
Basketbal 3x3 Basketbal22
Basketbal112
Boks1224413
Boogskiet111115
Branderplankry22
Breekdans112
Driekamp213
Fietsry Baan112221312
Bergfietsry112
BMX224
Pad2114
Gewigoptel2223110
Gholf112
Gimnastiek Artistiek111133414
Ritmies112
Trampolien22
Handbal112
Judo2222222115
Kanovaart Slalom111126
Snel34310
Klimsport11114
Moderne vyfkamp112
Pluimbal11125
Roei244414
Ruitersport Dressur112
Driefasekompetisie22
Spring112
Seilvaart2223110
Sewesrugby112
Skaatsplankry11114
Skermsport22211111112
Skyfskiet122211121215
Sokker112
Stoei33333318
Taekwondo22228
Tafeltennis111115
Tennis1225
Veldhokkie112
Vlugbal Strandvlugbal112
Vlugbal112
Watersport Gesinchroniseerde swem112
Maratonswem112
Sierduik111111118
Swem43535434435
Waterpolo112
Totaal013131911181623292020132126353913329
Kumulatief0132645567490113142162182195216242277316329
Julie / Augustus24
Wo
25
Do
26
Vr
27
Sa
28
So
29
Ma
30
Di
31
Wo
1
Do
2
Vr
3
Sa
4
So
5
Ma
6
Di
7
Wo
8
Do
9
Vr
10
Sa
11
So
Items

Deelnemende nasies

wysig

Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar, word die aantal atlete per land in hakies aangedui:

Suid-Afrikaanse deelname

wysig
Halfeindstryd tussen die Blitsbokke en die All Blacks Sevens

Suid-Afrika het in totaal 1 goue, 3 silwer- en 2 bronsmedaljes gewen:

Aantal medaljes

wysig
Kaart van medaljes volgens lande:
Goud vertoon lande, wat ten minste een goue medalje gewen het.
Silwer vertoon lande, wat ten minste een silwer medalje gewen het.
Brons vertoon lande, wat ten minste een brons medalje gewen het.
Blou vertoon lande, wat geen medaljes gewen het nie.
Rooi vertoon lande, wat nie aan die Olimpiese Somerspele 2024 deelgeneem het nie.

Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:

 Plek Land Deelnemers Goud Silwer BronsTotaal
1  Verenigde State (USA)592404442126
2  Volksrepubliek China (CHN)38840272491
3  Japan (JPN)40320121345
4  Australië (AUS)46118191653
5  Frankryk (FRA)57316262264
6  Nederland (NED)2731571234
7  Verenigde Koninkryk (GBR)32714222965
8  Suid-Korea (KOR)1411391032
9  Italië (ITA)40212131540
10  Duitsland (GER)4281213833
44  Suid-Afrika (RSA)1491326

Sien ook

wysig

Verwysings

wysig
  1. (en) "Macron says Paris Olympics opening ceremony could be moved". BBC. 15 April 2024. Besoek op 12 Augustus 2024.
  2. (en) Lynn Butler (10 Julie 2024). "Simbine, Rooskrantz named Team SA's flag bearers for Paris Olympics". Nuus24. Besoek op 12 Augustus 2024.
  3. (en) "Olympic Games: Paris & LA to host 2024 & 2028 respectively". BBC. 13 September 2017. Besoek op 12 Augustus 2024.
  4. (en) "Official Programme of the Olympic Games Paris 2024 (English Version)" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Besoek op 12 Augustus 2024.

Eksterne skakels

wysig


Olimpiese Spele

Olimpiese Somerspele: 1896  • 1900  • 1904  • 1906*  • 1908  • 1912  • 1916  • 1920  • 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1996  • 2000  • 2004  • 2008  • 2012  • 2016  • 2020  • 2024  • 2028  • 2032

Olimpiese Winterspele: 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1994  • 1998  • 2002  • 2006  • 2010  • 2014  • 2018  • 2022  • 2026  • 2030  • 2034
Internasionale Olimpiese KomiteeNasionale Olimpiese Komitee
(*) Die spele van 1906 is deur die IOK georganiseer, maar word nie amptelik deur die IOK erken nie.