Olimpiese Somerspele 2008

Spele van die XXIXe Olimpiade
Olimpiesespele van 2008

Gehou inBeijing, China
Deelnemende lande204 Nasionale Olimpiese Komitees
Deelnemende atlete10 942 (6 305 mans, 4 637 vroue)[1]
Items302 in 28 sporte[2]
Openingseremonie8 Augustus 2008
Sluitingseremonie24 Augustus 2008
Amptelik geopen deurPresident Hu Jintao[3]
Atlete-eedZhang Yining (tafeltennis)
Beampte-eedHuang Liping (gimnastiek)
Olimpiese vlamLi Ning (gimnastiek)
Vorige Spele2004: Athene (Griekeland)
Volgende Spele2012: Londen (VK)

Die Olimpiese Somerspele 2008 (Chinees: 第二十九届夏季奥林匹克运动会; pinyin: Dì Èrshíjiǔ Jiè Xiàjì Àolínpǐkè Yùndònghuì), amptelik bekend as die Spele van die XXIXste Olimpiade, is tussen 8 en 24 Augustus 2008 in Beijing, China, aangebied. Tydens die geleentheid het 10 942 atlete uit 204 nasies aan 302 items in 28 verskillende sportsoorte deelgeneem.

Die Nasionale Stadion van Beijing

Dit was naas die Spele van 1964 in Tokio en die Spele van 1988 in Seoel die derde Olimpiese Somerspele wat in Asië beslis is. Tokio sal later nog die Spele van 2020 aanbied en Beijing die Winterspele van 2022. Naas Beijing was Istanboel, Osaka, Parys en Toronto kandidate vir die organisasie van die 2008-Somerspele gewees.

Die opening- en sluitingseremonies het in die Nasionale Stadion van Beijing, ook bekend as "voëlnes", plaasgevind. Soos gebruiklik het die lande in alfabetiese volgorde die stadion ingestap met Griekeland die eerste en die gasheer Volksrepubliek China die laaste, maar aangesien die plaaslike taal Mandaryns is, is dié taal se alfabet gebruik om die volgorde te bepaal. Natalie du Toit, swemmer en gouemedaljewenner tydens die Paralimpiese Somerspele 2004, het die Suid-Afrikaanse vlag ingedra.[4]

Die Paralimpiese Somerspele 2008 is tussen 6 en 17 September in Beijing gehou.

Toewysing wysig

Fakkel van die Olimpiese Somerspele 2008 in Beijing
Kaart van die kandidaatstede vir die Olimpiese Somerspele 2008
Kaart van die Olimpiese Somerspele 2008 se wêreldwye fakkelloop

Beijing is op 13 Julie 2001 in Moskou deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Somerspele in 2008. Dié stad is bo die ander kandidate op die kortlys, naamlik Istanboel (Turkye), Osaka (Japan), Parys (Frankryk) en Toronto (Kanada) gekies. Stede soos Bangkok, Havana, Kaïro, Kuala Lumpur en Sevilla was ook voorgestel, maar het nie die kortlys gemaak nie.

Die stemming het as volg verloop:

Stemming vir gasheer van die Olimpiese Somerspele 2008[5]
StadLandRondte 1Rondte 2
Beijing  Volksrepubliek China4456
Toronto  Kanada2022
Parys  Frankryk1518
Istanboel  Turkye179
Osaka  Japan6

Omstredenheid wysig

Die Olimpiese swembad met die Nasionale Stadion in die agtergrond

Die toekenning van die Spele aan die Volksrepubliek China was in sommige kringe omstrede weens die land se ondemokratiese regering en swak menseregterekord. Amnestie Internasionaal het in April 2007 gemeld dat die situasie met die aanloop na die Spele vir terdoodveroordeeldes en buitelandse joernaliste verbeter het, terwyl die onderdrukking van plaaslike joernaliste en politieke aktiviste besig was om toe te neem. Die getal mense onder huisarres en inhegtenisnames sonder regsproses het volgens Amnestie Internasionaal ook toegeneem.[6]

Uit 'n ondersoek van Play Fair 2008,[7] 'n organisasie van vakbonde en aksiegroepe, blyk dit dat daar ook probleme was met die vervaardiging van goedere soos pette, tasse en penne wat vir die geleentheid gemaak word. Kinderarbeid word op groot skaal in Chinese fabrieke aangewend en mense word nie die helfte van die minimumloon betaal nie. Die Organisasiekomitee van die Spele het aangekondig dat hierdie bedrywighede ondersoek sal word.[8]

Van die atlete was besorg dat die lugbesoedeling wat oor die stad hang hulle prestasies nadelig kon beïnvloed. Die Beijing munisipale regering het ingestem om die besoedelingsprobleem aan te spreek en verskeie fabrieke in die omgewing is gesluit.

Seremonies wysig

Skouspel tydens die openingseremonie
Skouspel tydens die sluitingseremonie

Die opening- en afsluitingseremonie is in die nuwe Nasionale Stadion van Beijing gehou, waar byna 100 000 toeskouers geakkommodeer kan word. Die stadion vertoon uiterlik soos 'n voëlnes en word in die volksmond dan ook as sodanig aangedui. Die stadion is deur die argitekfirma Herzog & de Meuron ontwerp.

Die aflos met die Olimpiese fakkel is vanaf Athene, deur die Himalaja, na Beijing geneem. Die fakkel is ook deur 'n groep van 80 spesiaal opgeleide bergklimmers na die spits van Berg Everest gedra. Die voormalige Chinese gimnas, Li Ning, het die eer te beurt geval om die Olimpiese vlam aan te steek.

Die Olimpiese vlam is op 24 Augustus 2008 uitgedoof tydens die afsluitingseremonie. Guo Jinlong, die burgemeester van Beijing, het die Olimpiese vlag aan die burgemeester van Londen, Boris Johnson oorhandig, waar die 2012-spele aangebied gaan word.

Sporte wysig

28 Olimpiese sportsoorte in 302 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 301 goue medaljes oorhandig.

Stadions wysig

31 sportplekke is tydens die Olimpiese Somerspele 2008 gebruik:

Olimpiese Groen wysig

Kaart van die sportplekke in Beijing
Openingseremonie van die Olimpiese Somerspele 2008
Binneansig van die Beijing Nasionale Stadion tydens die Olimpiese Somerspele 2008
Die Beijing Nasionale Swembad snags gesien
Die Beijing Instituut vir Tegnologie-stadion
Die Werkersstadion
Die Strandvlugbalgrond
Sjanghaistadion
Sluitingseremonie van die Olimpiese Somerspele 2008
StadionSporteKapasiteit
Beijing Nasionale SwembadSwem, Sierduik en Gesinchroniseerde swem17 000
Beijing Nasionale Binnenshuise stadionGimnastiek (artistiek, trampolien), Handbal (eindstryd)19 000
Beijing Nasionale Stadionseremonies (opening/sluiting), Atletiek, Sokker (eindstryd)91 000
Olimpiese Groen TennissentrumTennis32 400
Olimpiese Groen BoogskietveldBoogskiet5 000
Olimpiese Groen VergaderingsentrumSkermsport, Moderne vyfkamp (skermsport, skietsport)5 695
Olimpiese Groen HokkieveldVeldhokkie17 000

Universiteitsgimnasiums wysig

StadionSporteKapasiteit
Beijing Wetenskap en Tegnologie UniversiteitsgimnasiumJudo, Taekwondo8 024
Beijing Universiteit van Tegnologie GimnasiumPluimbal, Gimnastiek (ritmies)7 500
China Landbou-universiteit GimnasiumStoei8 000
Beijing UniversiteitsgimnasiumTafeltennis8 000
Beihang UniversiteitsgimnasiumGewigoptel5 400
Beijing Instituut vir Tegnologie GimnasiumVlugbal5 000

Nuwe wedstrydplekke wysig

StadionSporteKapasiteit
Beijing Nasionale Akwatiese SentrumSwem, Sierduik en Gesinchroniseerde swem17 000
Beijing Nasionale Binnenshuise stadionGimnastiek (artisties, trampolien), Handbal (eindstryd)19 000
Beijing Nasionale StadionAtletiek, Sokker (eindstryd)91 000
Beijing Wetenskap en Tegnologie UniversiteitsgimnasiumJudo, Taekwondo8 024
Beijing SkietbaansaalSkyfskiet (pistool, geweer)9 000
Beijing Universiteit van Tegnologie GimnasiumPluimbal, Gimnastiek (ritmies)7 500
China Landbou UniversiteitsgimnasiumStoei8 000
Laoshan VelodromeFietsry (baan)6 000
Olimpiese Groen TennissentrumTennis17 400
Beijing UniversiteitsgimnasiumTafeltennis8 000
Shunyi Olimpiese Roei-Kanovaart ParkRoei, Kanovaart en Swem (maraton)37 000
Wukesong Binnenshuise stadionBasketbal18 000

Bestaande wedstrydplekke wysig

StadionSporteKapasiteit
Beihang UniversiteitsgimnasiumGewigoptel5 400
Beijing Instituut vir Tegnologie GimnasiumVlugbal5 000
Beijing Skietbaan KleiteikengebiedSkyfskiet (haelgeweer)5 000
Hoofstadse Binnenshuise stadionVlugbaö (eindstryd)18 000
Fengtai SagtebalveldSagtebal13 000
Laoshan BergfietsbaanFietsry (bergfiets)2 000
Olimpiese SportsentrumSokker, Moderne vyfkamp (perdry, hardloop)36 228
Olimpiese Sportsentrum GimnasiumHandbal7 000
Werkers Binnenshuise ArenaBoks13 000
WerkersstadionSokker70 161
Ying Tung natatoriumWaterpolo, Moderne vyfkamp (swem)4 852

Tydelike wedstrydplekke wysig

StadionSporteKapasiteit
StrandvlugbalgrondVlugbal (strand)12 000
BMX-veldFietsry (BMX)4 000
Olimpiese Groen BoogskietbaanBoogskiet5 000
Olimpiese Groen VergaderingsentrumSkermsport, Moderne vyfkamp (skermsport, skietsport)5 695
Olimpiese Groen HokkieveldVeldhokkie17 000
DriekampplekDriekamp10 000
Stedelike FietsrypadkursusFietsry (padwedloop)Nie gelys nie
Wukesong BofbalveldBofbal18 000

Buite Beijing wysig

StadionLiggingSporteKapasiteit
Hongkong PerdryplekkeHongkongRuitersport18 000
Qingdao Internasionale SeiljagwedvaartsentrumQingdaoSeilvaartNie gelys nie
Qinhuangdao Olimpiese SportsentrumstadionQinhuangdaoSokker33 572
SjanghaistadionSjanghaiSokker80 000
Shenyang Olimpiese SportsentrumstadionShenyangSokker60 000
Tianjin Olimpiese SportsentrumstadionTianjinSokker60 000

Kalender wysig

Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die getal medaljeparades wat die dag gehou is.[9]

 OS Openingseremonie ● Wedstryde 1 Wedstryde met medaljes UG Uitstallingsgala SS Sluitingseremonie
Augustus 20086
Wo
7
Do
8
Vr
9
Sa
10
So
11
Ma
12
Di
13
Wo
14
Do
15
Vr
16
Sa
17
So
18
Ma
19
Di
20
Wo
21
Do
22
Vr
23
Sa
24
So
Items
SeremoniesOSSS
Atletiek246653677147
Basketbal112
Bofbal11
Boks4611
Boogskiet11114
Driekamp112
Fietsry112131232218
Gesinchroniseerde swem112
Gewigoptel122222111115
Gimnastiek1111444UG1118
Handbal112
Judo222222214
Kanovaart226616
Moderne vyfkamp112
Pluimbal1225
Roei7714
Ruitersport211116
Sagtebal11
Seilvaart3222211
Sierduik111111118
Skermsport11112111110
Skyfskiet22221212115
Sokker112
Stoei2232222218
Swem444444441134
Taekwondo22228
Tafeltennis11114
Tennis134
Veldhokkie112
Vlugbal11114
Waterpolo112
Totaal0007141319171518273718201121213212302
Kumulatief00072134537085103130167185205216237258290302
Augustus 20086
Wo
7
Do
8
Vr
9
Sa
10
So
11
Ma
12
Di
13
Wo
14
Do
15
Vr
16
Sa
17
So
18
Ma
19
Di
20
Wo
21
Do
22
Vr
23
Sa
24
So
Items

Deelnemende nasies wysig

Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:

Suid-Afrikaanse deelname wysig

Suid-Afrika se veldhokkiespan net voor die wedstryd teen die Verenigde Koninkryk op 15 Augustus 2008

Die Suid-Afrikaanse swemmer Natalie du Toit, die wenner van vyf goue medaljes by die Paralimpiese Somerspele 2004, het gekwalifiseer om aan die Spele deel te neem. Daarby word sy die eerste geamputeerde atleet wat vir die Olimpiese Spele kwalifiseer sedert Olivér Halassy in 1936.[10][11]

Die Paralimpiese atleet Oscar Pistorius is eers deur die Internasionale Atletiekfederasie verbied om aan die Olimpiese Spele deel te neem nadat 'n Duitse universiteit bevind het dat sy bioniese kunsbene hom 'n voordeel bo gewone atlete gee.[12] Die verbod is later opgehef, maar hy kon nie vir deelname kwalifiseer nie.

Suid-Afrika kon slegs 'n enkele silwer medalje tydens die Spele inpalm (Godfrey Khotso Mokoena vir verspring).

Hoogtepunte wysig

Michael Phelps spog met een van sy goue medaljes tydens die Somerspele 2008
  • Michael Phelps van die Verenigde State het agt goue medaljes tydens die Spele ingepalm, 'n wêreldrekord wat hom 'n totaal van 14 goue medaljes oor sy loopbaan besorg, meer as enige ander atleet in die geskiedenis van die Spele.
  • Usain Bolt van Jamaika kon tydens die Spele drie goue medaljes verower en drie nuwe wêreldrekorde opstel, vir die 100 m, die 200 m en die 4x100 meter vryslagaflos. Verder het die Britse baanfietsryer Chris Hoy, die Australiese swemmer Stephanie Rice en die Chinese gimnas Zou Kai drie goue medaljes gewen.
  • Die Suid-Afikaanse atleet Godfrey Khotso Mokoena verower 'n silwer medalje in die verspring.
  • Kirsty Coventry van Zimbabwe wen een goue (200 m rugslag) en drie silwer medaljes (100 m rugslag, 200 m wisselslag en 400 m wisselslag swem).
  • Natalie du Toit behaal 'n 16de plek (uit 25 swemmers) met 'n tyd van 2uur 49.9 sekondes in die 10 km swem marathon. Haar tyd is min of meer 'n minuut en 'n half stadiger as die van die wenner, die 19-jarige Rus, Larisa Ilchenko.

Getal medaljes wysig

Kaart van medaljes volgens lande:
Goud vertoon lande, wat ten minste een goue medalje gewen het.
Silwer vertoon lande, wat ten minste een silwer medalje gewen het.
Brons vertoon lande, wat ten minste een brons medalje gewen het.
Groen vertoon lande, wat geen medaljes gewen het nie.
Swart vertoon lande, wat nie aan die Olimpiese Somerspele 2008 deelgeneem het nie.
'n geel vierkant vertoon die gasheerstad (Beijing).
Blou sterre vertoon lande, wat hul eerste medalje tydens die Somerspele gewen het.

Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:

 Plek Land Deelnemers Goud Silwer BronsTotaal
1  Volksrepubliek China (CHN)639512128100
2  Verenigde State (USA)596363836110
3  Rusland (RUS)46722212972
4  Verenigde Koninkryk (GBR)31119131547
5  Duitsland (GER)46316101541
6  Australië (AUS)43314151746
7  Suid-Korea (KOR)2671310831
8  Japan (JPN)351961025
9  Italië (ITA)344891027
10  Frankryk (FRA)3237161841
71  Suid-Afrika (RSA)1360101

Sien ook wysig

Verwysings wysig

  1. (en) "Factsheet – The Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Desember 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 23 Desember 2018. Besoek op 7 Maart 2018.
  2. (en) "Factsheet – The Programme of the Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Oktober 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 22 April 2020. Besoek op 7 Maart 2018.
  3. (en) "Factsheet – Opening Ceremony of the Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. 11 Januarie 2018. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2018. Besoek op 7 Maart 2018.
  4. (en) "Africa | Amputee to fly SA's Olympic flag". BBC News. 8 Augustus 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 7 Maart 2018.
  5. (en) "Past Olympic host city election results". GamesBids. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 November 2018. Besoek op 7 Maart 2018.
  6. (en) China: The Olympics countdown: Repression of activists overshadows death penalty and media reforms Amnestie Internasionaal
  7. (en) Playfair webwerf
  8. (nl) Dagblad van het Noorden: Onderzoek organisatoren OS Peking naar misstanden
  9. (en) "Olympic Games Competition Schedule". BOCOG. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Augustus 2014. Besoek op 28 Julie 2008.
  10. (en) "Dreams carry Natalie Du Toit to Beijing" Geargiveer 6 Julie 2008 op Wayback Machine, The Telegraph, 4 Mei 2008
  11. (en) "Du Toit, who lost leg in scooter accident, will swim in Beijing Games", Reuters, 3 Mei 2008
  12. (af) Talle maars in sage oor Oscar se ‘bene’, Volksblad, 31 Januarie 2008[dooie skakel]

Eksterne skakels wysig


Olimpiese Spele

Olimpiese Somerspele: 1896  • 1900  • 1904  • 1906*  • 1908  • 1912  • 1916  • 1920  • 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1996  • 2000  • 2004  • 2008  • 2012  • 2016  • 2020  • 2024  • 2028  • 2032

Olimpiese Winterspele: 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1994  • 1998  • 2002  • 2006  • 2010  • 2014  • 2018  • 2022  • 2026  • 2030
Internasionale Olimpiese KomiteeNasionale Olimpiese Komitee
(*) Die spele van 1906 is deur die IOK georganiseer, maar word nie amptelik deur die IOK erken nie.