Tok Pisin

Tok Pisin ([ˌtokpiˈsin]), ook Nieu-Guinee-Pidgin of Pidgin-Engels, is 'n Kreooltaal wat saam met Engels en Hiri Motu die amptelike tale van die eilandstaat Papoea-Nieu-Guinee vorm. Dit is 'n vereenvoudigde weergawe van die Indo-Europese taal Engels. Die naam "Tok Pisin" is afgelei van die Engelse woorde talk vir "woord", "praat" of "taal" en pidgin.

Tok Pisin  
Uitspraak:[ˌtokpiˈsin]
Gepraat in:Vlag van Papoea-Nieu-Guinee Papoea-Nieu-Guinee 
Gebied:Oseanië
Totale sprekers:120 000 (moedertaal)
4 miljoen (tweede taal)[1]
Taalfamilie:Pidgin
 Tok Pisin
 
Skrifstelsel:Latynse alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in:Vlag van Papoea-Nieu-Guinee Papoea-Nieu-Guinee
Gereguleer deur:geen
Taalkodes
ISO 639-1:geen
ISO 639-2:tpi
ISO 639-3:tpi

Tok Pisin het sowat 120 000 moedertaalsprekers, terwyl 4 miljoen mense dit as 'n tweede taal praat. Tok Pisin is die mees verspreide taal van Papoea-Nieu-Guinee en dien as 'n lingua franca. Dit is verwant aan Bislama, een van die drie amptelike tale van Vanuatu, en Pijin, een van die twee amptelike tale van die Salomonseilande.

Verwysings wysig

  1. (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Tok Pisin". Ethnologue. Besoek op 1 Mei 2024.

Eksterne skakels wysig

Wiki How
Sien gerus Wiki How se uitgawe in Tok Pisin