Pijin is 'n Kreooltaal wat saam met Engels die amptelike tale van die eilandstaat Salomonseilande vorm. Dit is 'n vereenvoudigde weergawe van die Indo-Europese taal Engels.

Pijin
Gepraat in:Flag of the Solomon Islands Salomonseilande 
Gebied:Melanesië
Totale sprekers:24 000 (moedertaal)
300 000 (tweede taal)[1]
Taalfamilie:Kreools
 Pijin
 
Skrifstelsel:Latynse alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in:Flag of the Solomon Islands Salomonseilande
Gereguleer deur:geen
Taalkodes
ISO 639-1:geen
ISO 639-2:
ISO 639-3:pis

Pijin het sowat 24 000 moedertaalsprekers, terwyl 300 000 mense dit as 'n tweede taal praat. Pijin is die mees verspreide taal van die Salomonseilande en dien as 'n lingua franca. Dit is verwant aan Bislama, een van die twee amptelike tale van Vanuatu, en Tok Pisin, een van die drie amptelike tale van Papoea-Nieu-Guinee.

Verwysings wysig

  1. (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Pijin". Ethnologue. Besoek op 1 Mei 2024.

Eksterne skakels wysig