T20I-wêreldbeker

Die T20I-wêreldbeker (Engels: ICC T20 World Cup) is ’n internasionale krieketkompetisie wat al om die twee jaar gehou word om die T20I-krieketwêreldkampioen te bepaal. Dié toernooi is die tweede belangrikste en tweede bekendste in internasionale krieket net ná die Krieketwêreldbeker in EDIs en word deur die Internasionale Krieketraad georganiseer.

T20I-wêreldbeker
T20I-wêreldbeker 2024
SportsoortT20I-krieket
Gestig2007
EienaarInternasionale Krieketraad
InwydingseisoenT20I-wêreldbeker 2007
Deelnemende landewêreldwyd
Aantal spanne20[1]
Mees onlangse kampioenVlag van Engeland Engeland (2022)
Verwante kompetisiesKampioenetrofee, Krieketwêreldbeker, o/19-krieketwêreldbeker, Wêreldtoetskampioenskap
Die Sri Lankaanse Lasith Malinga boul teen die Pakistanse Shahid Afridi tydens die T20I-wêreldbeker 2009 se eindstryd op Lord’s in Londen

Tot op hede is agt toernooie uitgespeel en net Engeland en Wes-Indië het dié toernooi twee keer gewen. Die eerste T20I-wêreldbeker 2007 in Suid-Afrika is gewen deur Indië, nadat hulle Pakistan in die eindstryd op Wanderers in Johannesburg verslaan het. Die T20I-wêreldbeker 2009 in Engeland is gewen deur die vorige naaswenner Pakistan wat Sri Lanka in die eindstryd op Lord’s geklop het. Die T20I-wêreldbeker 2010 in die lande van Wes-Indië is gewen deur Engeland, nadat hulle in die eindstryd op Barbados se Kensington-ovaal Australië geklop en sodoende hul eerste internasionale titel ingepalm het. Die T20I-wêreldbeker 2012 was die eerste in Asië met al die wedstryde wat in Sri Lanka aangebied is. Wes-Indië het met die trofee weggestap nadat hulle die gasheer in die eindstryd verslaan en sodoende hul eerste titel sedert die Kampioenetrofee 2004 ingepalm het.[2] Die T20I-wêreldbeker 2014 in Bangladesj is gewen deur Sri Lanka, nadat hulle die eerste span geword het om in drie eindstryde te verskyn en Indië verslaan het. Die T20I-wêreldbeker 2016 in Indië is gewen deur Wes-Indië, nadat hulle Engeland verslaan en sodoende die eerste span geword het om om dié toernooi twee keer te wen. Die T20I-wêreldbeker 2021 in Oman en die Verenigde Arabiese Emirate is gewen deur Australië, nadat hulle Nieu-Seeland verslaan het. Engeland is die huidige T20I-kampioen, nadat hulle in die T20I-wêreldbeker 2022 se eindstryd Pakistan verslaan en hul tweede T20I-titel ingepalm het.

In die agt kampioenskappe wat al aangebied is, het ses lande reeds die titel ingepalm. Engeland en Wes-Indië het al ’n rekord van twee keer gewen. Australië, Indië, Pakistan en Sri Lanka het elk een titel ingepalm. Daarbenewens het Bangladesj, Nieu-Seeland en Suid-Afrika aan al die T20I-wêreldbekertoernooie deelgeneem, maar hulle kon dit tot op hede nie wen nie.

Uitslae wysig

JaarGasheerland(e)EindstrydplekEindstryd
WennerUitslagNaaswennerDeelnemende lande
2007
Oorsig
 Suid-AfrikaWanderersstadion, Johannesburg,
Suid-Afrika
Indië
157/5 (20 boulbeurte)
Indië wen met vyf lopies
Telkaart
Pakistan
152 almal uit (19.4 boulbeurte)
12
2009
Oorsig
 EngelandLord’s, Londen,
Verenigde Koninkryk
Pakistan
139/2 (18.4 boulbeurte)
Pakistan wen met agt paaltjies
Telkaart
Sri Lanka
138/6 (20 boulbeurte)
12
2010
Oorsig
 Wes-IndiëKensington-ovaal, Bridgetown,
Barbados
Engeland
148/3 (17 boulbeurte)
Engeland wen met sewe paaltjies
Telkaart
Australië
147/6 (20 boulbeurte)
12
2012
Oorsig
 Sri LankaR. Premadasa-stadion, Colombo,
Sri Lanka
Wes-Indië
137/6 (20 boulbeurte)
Wes-Indië wen met 36 lopies
Telkaart
Sri Lanka
101 almal uit (18.4 boulbeurte)
12
2014
Oorsig
 BangladesjSher-e-Bangla Nasionale Krieketstadion, Dhaka,
Bangladesj
Sri Lanka
134/4 (17.5 boulbeurte)
Sri Lanka wen met ses paaltjies
Telkaart
Indië
130/4 (20 boulbeurte)
16
2016
Oorsig
 IndiëEden Gardens, Kolkata,
Indië
Wes-Indië
161/6 (19.4 boulbeurte)
Wes-Indië wen met vier paaltjies
Telkaart
Engeland
155/9 (20 boulbeurte)
16
2021
Oorsig
 Oman
 Verenigde Arabiese Emirate
Doebai Internasionale Krieketstadion, Doebai,
Verenigde Arabiese Emirate
Australië
173/2 (18.5 boulbeurte)
Australië wen met agt paaltjies
Telkaart
Nieu-Seeland
172/4 (20 boulbeurte)
16
2022
Oorsig
 AustraliëMelbourne-krieketveld, Melbourne,
Australië
Engeland
138/5 (19 boulbeurte)
Engeland wen met vyf paaltjies
Telkaart
Pakistan
137/8 (20 boulbeurte)
16
2024
Oorsig
 Verenigde State
 Wes-Indië
20
2026
Oorsig
 Indië
 Sri Lanka
20
2028
Oorsig
 Australië
 Nieu-Seeland
20
2030
Oorsig
 Engeland
 Ierland
 Skotland
20

Statistiek wysig

Eerste rondte (ER), Gekwalifiseer (G)
Kwarteindrondte (KE), Super 6 (S6), Super 8 (S8), Super 10 (S10) of Super 12 (S12)
Halfeindrondte (HE)
Naaswenner (2)
Wenner (1)
nie 'n lid van die IKR nie
SpanT20I 2007T20I 2009T20I 2010T20I 2012T20I 2014T20I 2016T20I 2021T20I 2022T20I 2024T20I 2026T20I 2028T20I 2030Deelnames
AfghanistanERERERS10S12S12G6
AustraliëHEER2HES10S101S12GG8
BangladesjS8ERERERS10S10S12S12G8
EngelandS8S81S8S102HE1GG8
HongkongERER2
IerlandS8ERERERERERS12G7
Indië1S8S8S82HES12HEGG8
KeniaER1
NamibiëS12ER2
NederlandERS10ERERS12G5
NepalER1
Nieu-SeelandHES8S8S8S10HE2HEGG8
OmanERER2
Pakistan21HEHES10S10HE2G8
Papoea-Nieu-GuineeER1
SkotlandERERERS12ERG5
Sri LankaS82HE21S10S12S12GG8
Suid-AfrikaS8HES8S8HES10S12S12G8
Verenigde Arabiese EmirateERER2
Verenigde StateG0
Wes-IndiëERHES81HE1S12ERG8
ZimbabweERERERERERS126
Deelnemers121212121616161620202020

Eerste deelnames wysig

JaarSpanne
2007 Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Kenia, Nieu-Seeland, Pakistan, Skotland, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe
2009 Ierland en Nederland
2010 Afghanistan
2012geen
2014 Hongkong, Nepal en Verenigde Arabiese Emirate
2016 Oman
2021 Namibië, Papoea-Nieu-Guinee
2022geen
2024 Verenigde State
2026N.v.t.
2028N.v.t.
2030N.v.t.

Sien ook wysig

Verwysings wysig

  1. (en) Nagraj Gollapudi (1 Junie 2021). "ICC expands men's world events: ODI WC to 14 teams, T20 WC to 20 teams". ESPNcricinfo. Besoek op 13 November 2022.
  2. (en) "Samuels special the spur for epic West Indies win". Wisden India. 7 Oktober 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Desember 2012. Besoek op 7 Oktober 2012.

Eksterne skakels wysig


T20I-wêreldbeker

Suid-Afrika 2007Engeland 2009Wes-Indië 2010Sri Lanka 2012Bangladesj 2014Indië 2016Oman / Verenigde Arabiese Emirate 2021Australië 2022Verenigde State / Wes-Indië 2024Indië / Sri Lanka 2026Australië / Nieu-Seeland 2028Engeland / Ierland / Skotland 2030