Krieketwêreldbeker

internasionale kriekettoernooi

Die Krieketwêreldbeker is ’n internasionale krieketkompetisie wat al om die vier jaar gehou word om die EDI-krieketwêreldkampioen te bepaal. Dié toernooi is die belangrikste en bekendste in internasionale krieket. Die kompetisie is een van die mees gesiene sportgeleenthede ter wêreld, saam met die Sokker-Wêreldbeker, Olimpiese Somerspele en Rugbywêreldbeker. Die Krieketwêreldbeker 2019 was die mees gesiene krieketwêreldbekertoernooi tot dusver met wêreldwyd 2,6 miljard televisiekykers,[2] gevolg deur die vorige Krieketwêreldbeker 2015 met sowat 2,2 miljard wêreldwyd.[3] Veral die wedstryde tussen die aartsvyande Indië en Pakistan lok gewoonlik sowat een miljard televisiekykers wêreldwyd en geniet baie aandag.

Krieketwêreldbeker
Krieketwêreldbeker 2023
Beskrywing.
Die trofee waarom meegeding word

SportsoortKrieket
Gestig1975
EienaarInternasionale Krieketraad
InwydingseisoenKrieketwêreldbeker 1975
Deelnemende landewêreldwyd
Aantal spanne20 (alle toernooie)
10 (tot 2023)
14 (vanaf 2027)[1]
Mees onlangse kampioenVlag van Australië Australië (2023)
Verwante kompetisiesKampioenetrofee, o/19-krieketwêreldbeker, T20I-wêreldbeker, Wêreldtoetskampioenskap
Al die trofeë in die geskiedenis van die Krieketwêreldbeker

Daar is slegs plek vir 14 (vanaf 2027) spanne om aan die kompetisie deel te neem en spanne moet aan uitdunne deelneem om te kwalifiseer. Die grootste aantal spanne het aan die 2007-toernooi in Wes-Indië deelgeneem, naamlik 16. Engeland het meer toernooie as enige ander nasionale Krieketraad aangebied, naamlik vyf. Vervolgens het Lord’s in Londen met vyf die meeste krieketwêreldbekereindwedstryde tot dusver aangebied,[4] gevolg deur Melbourne-krieketveld in Melbourne met twee.[5]

In die 13 kampioenskappe wat al aangebied is, het ses lande reeds die titel ingepalm. Australië het al ’n rekord van ses keer gewen. Indië en Wes-Indië het al twee keer gewen. Engeland, Pakistan en Sri Lanka het een titel elk ingepalm.

Die eerste krieketwêreldbeker het in 1975 in Engeland plaasgevind. Die mees onlangse toernooi is 2023 in Indië gehou. Die volgende wêreldbekertoernooi sal in 2027 in Suid-Afrika, Zimbabwe en Namibië aangebied word. Australië is tans die wêreldkampioen.

Uitslae wysig

JaarGasheerland(e)EindstrydplekEindstryd
WennerUitslagNaaswennerDeelnemende lande
1975
Oorsig
 EngelandLord’s, Londen,
Verenigde Koninkryk
Wes-Indië
291/8 (60 boulbeurte)
Wes-Indië wen met 17 lopies
Telkaart
Australië
274 (58.4 boulbeurte)
8
1979
Oorsig
 EngelandLord’s, Londen,
Verenigde Koninkryk
Wes-Indië
286/9 (60 boulbeurte)
Wes-Indië wen met 92 lopies
Telkaart
Engeland
194 (51 boulbeurte)
8
1983
Oorsig
 Engeland
 Wallis
Lord’s, Londen,
Verenigde Koninkryk
Indië
183 (54.4 boulbeurte)
Indië wen met 43 lopies
Telkaart
Wes-Indië
140 (52 boulbeurte)
8
1987
Oorsig
 Indië
 Pakistan
Eden Gardens, Kalkutta,
Indië
Australië
253/5 (50 boulbeurte)
Australië wen met 7 lopies
Telkaart
Engeland
246/8 (50 boulbeurte)
8
1992
Oorsig
 Australië
 Nieu-Seeland
MCG, Melbourne,
Australië
Pakistan
249/6 (50 boulbeurte)
Pakistan wen met 22 lopies
Telkaart
Engeland
227 (49.2 boulbeurte)
9
1996
Oorsig
 Pakistan
 Indië
 Sri Lanka
Gaddafistadion, Lahore,
Pakistan
Sri Lanka
245/3 (46.2 boulbeurte)
Sri Lanka wen met 7 paaltjies
Telkaart
Australië
241/7 (50 boulbeurte)
12
1999
Oorsig
 Engeland
 Skotland
 Wallis
 Ierland
 Nederland
Lord’s, Londen,
Verenigde Koninkryk
Australië
133/2 (20.1 boulbeurte)
Australië wen met 8 paaltjies
Telkaart
Pakistan
132 (39 boulbeurte)
12
2003
Oorsig
 Suid-Afrika
 Zimbabwe
 Kenia
Wanderersstadion, Johannesburg,
Suid-Afrika
Australië
359/2 (50 boulbeurte)
Australië wen met 125 lopies
Telkaart
Indië
234 (39.2 boulbeurte)
14
2007
Oorsig
 Wes-IndiëKensington-ovaal, Bridgetown,
Barbados
Australië
281/4 (38 boulbeurte)
Australië wen met 53 lopies (D/L)
Telkaart
Sri Lanka
215/8 (36 boulbeurte)
16
2011
Oorsig
 Indië
 Sri Lanka
 Bangladesj
Wankhedestadion, Mumbai,
Indië
Indië
277/4 (48.2 boulbeurte)
Indië wen met 6 paaltjies
Telkaart
Sri Lanka
274/6 (50 boulbeurte)
14
2015
Oorsig
 Australië
 Nieu-Seeland
MCG, Melbourne,
Australië
Australië
186/3 (33.1 boulbeurte)
Australië wen met 7 paaltjies
Telkaart
Nieu-Seeland
183 (45 boulbeurte)
14
2019
Oorsig
 Engeland
 Wallis
Lord’s, Londen,
Verenigde Koninkryk
Engeland
241 (50 boulbeurte)
15/0 (Superboulbeurt)
23 viere, 3 sesse
Engeland wen volgens aantal grenshoue
Telkaart
Nieu-Seeland
241/8 (50 boulbeurte)
15/1 (Superboulbeurt)
14 viere, 3 sesse
10
2023
Oorsig
 IndiëNarendra Modi-stadion, Ahmedabad,
Indië
Australië
241/4 (43 boulbeurte)
Australië wen met 6 paaltjies
Telkaart
Indië
240 (50 boulbeurte)
10
2027
Oorsig
 Suid-Afrika
 Zimbabwe
 Namibië
14
2031
Oorsig
 Indië
 Bangladesj
14

Statistiek wysig

Groepfase (VR), Gekwalifiseer (G)
Kwarteindrondte (KE), Super 6 (S6) of Super 8 (S8)
Halfeindrondte (HE)
Naaswenner (2)
Wenner (1)
nie 'n lid van die IKR nie
Beste uitslae van deelnemende lande en gashere
Wenner van die Krieketwêreldbeker
SpanKWB 1975KWB 1979KWB 1983KWB 1987KWB 1992KWB 1996KWB 1999KWB 2003KWB 2007KWB 2011KWB 2015KWB 2019KWB 2023KWB 2027KWB 2031Deelnames
AfghanistanVRVRVR3
Australië2VRVR1VR2111KE1HE113
BangladesjVRVRS8VRKEVRVR6
BermudaVR1
EngelandHE2HE22KEVRVRS8KEVR1VR13
IerlandS8VRVR3
IndiëVRVR1HEVRHES62VR1HEHE213
KanadaVRVRVRVR4
KeniaVRVRHEVRVR5
NamibiëVR1
NederlandVRVRVRVRVR5
Nieu-SeelandHEHEVRVRHEKEHES6HEHE22HE13
Oos-AfrikaVR1
PakistanVRHEHEHE1KE2VRVRHEKEVRVR13
SkotlandVRVRVR3
Sri LankaVRVRVRVRVR1VRHE22KEVRVR13
Suid-AfrikaHEKEHEVRHEKEHEVRHE9
Verenigde Arabiese EmirateVRVR2
Wes-Indië112VRVRHEVRVRS8KEKEVR12
ZimbabweVRVRVRVRS6S6VRVRVR9
Deelnemers8888912121416141410101414

Eerste deelnames wysig

JaarSpanne
1975 Australië, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Oos-Afrika, Wes-Indië
1979 Kanada
1983 Zimbabwe
1987geen
1992 Suid-Afrika
1996 Kenia, Nederland, Verenigde Arabiese Emirate
1999 Bangladesj, Skotland
2003 Namibië
2007 Bermuda, Ierland
2011geen
2015 Afghanistan
2019geen
2023geen
2027N.v.t.
2031N.v.t.

Sien ook wysig

Verwysings wysig

  1. (en) Nagraj Gollapudi (1 Junie 2021). "ICC expands men's world events: ODI WC to 14 teams, T20 WC to 20 teams". ESPNcricinfo. Besoek op 24 November 2021.
  2. (en) "ICC Men's Cricket World Cup 2019 shatters audience records". Internasionale Krieketraad. 12 Julie 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Julie 2019. Besoek op 4 Julie 2021.
  3. (en) Abhishek Kumar (7 Junie 2018). "FIFA World Cup 2018: Find Out How Much Prize Money Winners France Have Received (in Rupees)". India.com. Penske Media Corporation. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Julie 2021. Besoek op 4 Julie 2021.
  4. (en) "Lord's to host record 5th final in 2019 World Cup". India TV. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Julie 2019. Besoek op 4 Julie 2021.
  5. (en) "Cricket World Cup 2015: MCG to host final as Australia grouped with England". ABC News. 30 Julie 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Oktober 2016. Besoek op 4 Julie 2021.

Verdere leesstof wysig

Eksterne skakels wysig


Krieketwêreldbeker

Engeland 1975Engeland 1979Engeland / Wallis 1983Indië / Pakistan 1987Australië / Nieu-Seeland 1992Pakistan / Indië / Sri Lanka 1996Engeland / Skotland / Wallis / Ierland / Nederland 1999Suid-Afrika / Zimbabwe / Kenia 2003Wes-Indië 2007Indië / Sri Lanka / Bangladesj 2011Australië / Nieu-Seeland 2015Engeland / Wallis 2019Indië 2023Suid-Afrika / Zimbabwe / Namibië 2027Indië / Bangladesj 2031