Kolkata (voorheen Kalkutta; voormalige Engels: Calcutta, Bengaals: কলকাতা) is die hoofstad van die Indiese deelstaat Wes-Bengale en is met 'n bevolking van 4 486 679 die vierde grootste stad in Indië. Kolkata lê aan die ooskus van Indië aan die Indiese Oseaan en is die grootste hawestad in Oos-Indië. Tot in 1912 was Kolkata die hoofstad van Brits-Indië, toe dit deur Nieu-Delhi vervang is.

Kolkata
কলকাতা

KaartWapen
Satellitefoto
 LandVlag van Indië Indië
 ProvinsieWes-Bengale
 Koördinate22°34′N 88°22′O / 22.567°N 88.367°O / 22.567; 88.367
 Stigting1690
 Oppervlakte: 
 - Totaal185 vk km
 Hoogte bo seevlak9 m
 Bevolking: 
 - Totaal (2011)4 486 679
 - Bevolkingsdigtheid24 000/vk km
 - Metropolitaanse gebied14 112 536
 TydsoneUTC +5:30
 BurgemeesterSovan Chatterjee
 Amptelike webwerfkmcgov.in
Kolkata in 1888

Lugvervoer wysig

Kolkata beskik oor 'n moderne internasionale lughawe, genaamd Netaji Subhas Chandra Bose Internasionale Lughawe.

Sport wysig

Kolkata beskik met Eden Gardens oor 'n toetskrieketstadion. In die stad speel die Indiese nasionale krieketspan van sy tuiswedstryde. Op Eden Gardens is onder andere wedstryde tydens die krieketwêreldbekertoernooie in 1987, 1996, 2011 en 2023, asook die T20I-wêreldbeker 2016, aangebied.

Eksterne skakels wysig

  • Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Kolkata.
  • (en) Toerisme-inligting oor Kolkata op Wikivoyage
  • (en) (bn) Amptelike webwerf
  • (en) "Kolkata". Encyclopædia Britannica. Besoek op 16 Desember 2021.