Bywoord

beskrywende woord wat meer inligting oor plek, tyd, wyse of graad verskaf

'n Bywoord of adverbium is 'n beskrywende woord wat 'n werkwoord, hele sin, byvoeglike naamwoord, telwoord of ander bywoord nader bepaal. Dit verskaf meer inligting oor plek, tyd, wyse of graad. Voorbeelde van bywoorde is: hier, nou, opsetlik, en daarom.

As 'n sin meer as een bywoord bevat, is die volgorde altyd: tyd, wyse en dan plek.

Bywoorde van plek wysig

Toets met die vraag "waar?". Voorbeelde:

  • Dit reën orals.
  • Sy loop buite.
  • Sy het daarheen gestap.

Bywoorde van tyd wysig

Toets met die vraag "wanneer?". Voorbeelde:

  • Hy sal netnou uitkom.
  • Ek lees soms 'n boek.
  • Hulle speel middae saam.
  • Gister was Frank siek.

Bywoorde van manier/wyse wysig

Toets met die vraag "hoe?". Voorbeelde:

  • Hy werk sing-sing.
  • Hy spring hoog.
  • Die man het hard gelag.
  • Sy praat al te heerlik oor die foon.
  • Sy is baie oulik.

Bywoorde van graad wysig

Toets met die vraag "hoeveel?". Voorbeelde:

  • Hy stap uiters stadig.
  • Hy het byna tien albasters.

Voornaamwoordelike bywoorde wysig

Hierdie bywoorde bestaan uit twee ander bywoorde: 'n bywoord van plek en 'n voorsetselbywoord. Voornaamwoordelike bywoorde vervang die kombinasie voorsetsel+naamwoord:

Met hierdie pen --> hiermee

Merk op dat die voorsetsel met deur sy voorsetselbywoord mee vervang word en dat die volgorde omgekeer word. Meestal is die voorsetsel en sy bywoord dieselfde:

Agter die woord --> daaragter

Kyk ook wysig