Aalborg of Ålborg (Deens: [ˈʌlˌpɒˀ], ) is die vierde grootste stad van DenemarkeKopenhagen, Aarhus en Odense met 'n oppervlakte van 50,7 vierkante kilometer en 'n bevolking van 119 862 (soos op 1 Januarie 2023). Dit lê in die noorde van Jutland aan die nouste punt van die Limfjord wat die Noordsee in die weste met die Kattegat in die ooste verbind en die eiland Vendsyssel-Thy in die noorde van Jutland in die suide skei. Aalborg is die hoofstad en grootste stad van die administratiewe streek Nordjylland.

Aalborg
Ålborg

KaartWapen
Seël
 LandVlag van Denemarke Denemarke
 Administratiewe streek Nordjylland
 Koördinate57°03′N 9°55′O / 57.050°N 9.917°O / 57.050; 9.917
 Stigting1035 (eerste verwysing)
 Amptelike stigting16 Junie 1342
 Oppervlakte: 
 - Totaal50,7 vk km
 Hoogte bo seevlak55 m
 Bevolking: 
 - Totaal (1 Januarie 2023)119 862
 - Bevolkingsdigtheid2 364,14/vk km
 - Stedelike gebied143 598
 TydsoneUTC +1 (MET)
 - SomertydUTC +2 (MEST)
 Klimaat 
 - TipeGematigde seeklimaat
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur7,6 °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie0,2 / 16,0 °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae600,1 mm
 BurgemeesterLasse Frimand Jensen (S)
 Amptelike webwerfaalborg.dk
Die domkerk van Aalborg

Aalborg het ontstaan uit 'n Wikingnedersetting en na die stad is in die 11de eeu vir die eerste keer verwys as Alabu of Alabur wat "die (woon)plek by die stroompie" beteken.[1] As gevolg van sy strategiese ligging het die stad reeds in die Middeleeue in 'n belangrike hawestad ontwikkel. Later het dit ook 'n belangrike nywerheidstad geword. Die domkerk van Aalborg is van die bekendste besienswaardighede en behoort aan die Deense Volkskerk.

Verwysings wysig

  1. (en) "Aalborg, Denmark". Danishnet.com. Besoek op 2 Mei 2024.

Eksterne skakels wysig