Vingerseks

Die gebruik van vinger/s om seksuele stimulasie te bereik

Vingerseks of vingering is meestal die seksuele stimulasie van die vulva (insluitende die klitoris) of vagina met die vingers.[1] Vaginale vingerseks word in die reg en geneeskunde digitale penetrasie genoem. Vingerseks kan ook betrekking hê op die seksuele stimulasie van die anus met die vingers.[2]

’n Illustrasie van vingerseks.

Vingerseks kan gebruik word as ’n vorm van masturbasie of saam met ’n seksmaat. Wanneer dit op die seksmaat se vulva of vagina toegepas word, is dit ’n vorm van wedersydse masturbasie en analoog aan die stimulasie van die penis ("aftrek").[3][4] Dit kan gebruik word vir seksuele prikkeling of voorspel, die hele seksdaad uitmaak[4] of ’n vorm van niepenetrerende seks wees.[5] Vingerseks kan saam met ander vorme van seks of intimiteit gebruik word of om ’n vrou ’n orgasme te laat bereik nadat die maat reeds 'n orgasme bereik het.

Stimulasie wysig

Vulva wysig

Dele van die vulva, veral die klitoris, is erogene (seksueel sensitiewe) sones.[6] Die massering van die vulva, en veral die klitoris, is die algemeenste manier vir ’n vrou om ’n orgasme te bereik.[7][8][9] Studies wys 70-80% van vroue het direkte klitorale stimulasie nodig om ’n orgasme te bereik.[9][10]

Die klitorale glans of skag kan gemasseer word, gewoonlik deur die vel van die kappie of voorhuid, met die gebruik van bewegings op en af, heen en weer of in sirkels.[11] Die res van die geslagsdele kan ook met die vingers gestimuleer word.[11]

Vagina wysig

Hoewel die vagina as geheel nie juis baie sensitief is nie, het die onderste derde (die deel die naaste aan die opening) konsentrasies van senuwee-eindpunte wat genotvolle sensasies kan verskaf as dit tydens seks gestimuleer word.[7][8][12]

Die vagina word dikwels gevinger in ’n poging om ’n area wat die G-kol genoem word, te stimuleer. Die G-kol is geleë rofweg 5 cm op aan die voorwand van die vagina, in die rigting van die naeltjie. Dit word beskryf as herkenbaar aan sy riwwe en effens growwer tekstuur in vergelyking met die res van die vaginawande. Deur dié deel, en effektief moontlik die klier van Skene, te stimuleer kan die vrou na berig word gelei word tot ’n vroulike ejakulasie.[13]

Medici stel voor ’n mens se hande word gewas voor kontak met die vagina ter wille van higiëne, veral wanneer verskillende openinge aangeraak word.[14]

Anus wysig

Anale vingerseks kan genotvol wees danksy die groot aantal senuwee-eindpunte in die anale streek van die mens en die bykomende stimulasie wanneer die sluitspier met die insteek van ’n vinger gerek word. ’n Goeie smeermiddel word vir albei seksmaats aanbeveel om die plesier te verhoog en die insteek van die vinger te vergemaklik. Net die sluitspier kan ook gevryf word, sonder om ’n vinger in te steek. Vingerseks kan beskou word as ’n seksdaad op sy eie, of as voorspel tot verdere anale seks. Dit kan die ontvanger prikkel en hulle help om hulle anus te ontspan voordat ’n penis of ander voorwerp ingesteek word.

Anale vingerseks is ook ’n doeltreffende manier om ’n man se prostaat te stimuleer en hom so ’n orgasme te laat bereik.[15][16][17]

Veiligheid en verkragting wysig

Vingerseks word gewoonlik as veilige seks beskou solank daar geen oop wonde aan die vingers is nie. Die naels behoort geknip en gevyl te word; lang, skerp of gebreekte naels kan snye en ander beserings veroorsaak. As daar oop snye, infeksie of oop wonde aan die vingers is, behoort groot sorg gedra te word. As vingerkondome gebruik word, kan hulle afgly en in die anus agterbly. Die hande behoort voor enige ander aktiwiteit met seep en warm water gewas te word om die verspreiding van bakterieë en ander kieme te voorkom. As beide die vagina en anus gestimuleer word, moet aparte latekshandskoene gebruik word.

Digitale penetrasie teen iemand se sin word as verkragting of seksuele aanranding beskou.[18][19]

Verwysings wysig

  1. Rathus SA, Nevid JS, Fichner-Rathus L (2005). Human sexuality in a world of diversity. Allyn & Bacon. p. 275. ISBN 0205406157.
  2. Winks C (1997). The New Good Vibrations Guide to Sex. Cleis Press. p. 132. ISBN 1573440698.
  3. Bruess CE, Schroeder E (2013). Sexuality Education Theory And Practice. Jones & Bartlett Publishers. p. 151. ISBN 1449649289.
  4. 4,0 4,1 Winks C (1997). The New Good Vibrations Guide to Sex. Cleis Press. pp. 57, 60. ISBN 1573440698.
  5. Upton D (2014). Nursing & Health Survival Guide: Health Promotion. Routledge. p. 52. ISBN 1317906179.
  6. O'Connell HE, Sanjeevan KV, Hutson JM (Oktober 2005). "Anatomy of the clitoris". The Journal of Urology. 174 (4 Pt 1): 1189–95. doi:10.1097/01.ju.0000173639.38898.cd. PMID 16145367. {{cite journal}}: Onbekende parameter |lay-url= geïgnoreer (hulp); Onbekende parameter |laydate= geïgnoreer (hulp); Onbekende parameter |laysource= geïgnoreer (hulp)
  7. 7,0 7,1 Wayne Weiten; Dana S. Dunn; Elizabeth Yost Hammer (2011). Psychology Applied to Modern Life: Adjustment in the 21st Century. Cengage Learning. p. 386. ISBN 1-111-18663-4. Besoek op 5 Januarie 2012.
  8. 8,0 8,1 Marshall Cavendish Corporation (2009). Sex and Society, Volume 2. Marshall Cavendish Corporation. p. 590. ISBN 0761479074. Besoek op 17 Augustus 2012.
  9. 9,0 9,1 Kammerer-Doak, Dorothy; Rogers, Rebecca G. (Junie 2008). "Female Sexual Function and Dysfunction". Obstetrics and Gynecology Clinics of North America. 35 (2): 169–183. doi:10.1016/j.ogc.2008.03.006. PMID 18486835.
  10. Mah, Kenneth; Binik, Yitzchak M (7 Januarie 2001). "The nature of human orgasm: a critical review of major trends". Clinical Psychology Review. 21 (6): 823–856. doi:10.1016/S0272-7358(00)00069-6. PMID 11497209.
  11. 11,0 11,1 Carroll, Janell L. (2009). Sexuality Now: Embracing Diversity. Cengage Learning. pp. 118, 252, and 264. ISBN 978-0-495-60274-3. Besoek op 23 Junie 2012.
  12. Greenberg JS, Bruess CE, Conklin SC (2010). Exploring the Dimensions of Human Sexuality. Jones & Bartlett Publishers. p. 126. ISBN 978-9814516785.
  13. Rabinerson D, Horowitz E (Februarie 2007). "[G-spot and female ejaculation: fiction or reality?]". Harefuah (in Hebreeus). 146 (2): 145–7, 163. PMID 17352286.
  14. "Pussy Fingering" (in Engels). Sex Project. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Augustus 2002. Besoek op 19 Augustus 2010.
  15. "The male hot spot — Massaging the prostate". Go Ask Alice!. 27 September 2002. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Augustus 2015. Besoek op 21 April 2010.
  16. Rosenthal, Martha (2012). Human Sexuality: From Cells to Society. Cengage Learning. pp. 133–135. ISBN 978-0618755714. Besoek op 17 September 2012.
  17. Komisaruk, Barry R.; Whipple, Beverly; Nasserzadeh, Sara; Beyer-Flores, Carlos (2009). The Orgasm Answer Guide. JHU Press. pp. 108–109. ISBN 978-0-8018-9396-4. Besoek op 6 November 2011.
  18. Criminal Law (Sexual Offences and Related Matters) Amendment Act 32 of 2007, https://www.justice.gov.za/. Besoek op 25 November 2019
  19. "Woman accuses Kennedy Smith of sexual assault in civil lawsuit". USA Today (in Engels). 26 Augustus 2004. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 April 2020.

Eksterne skakels wysig