François Mitterrand

Franse sosialistiese staatsman

François Mitterrand (26 Oktober 19168 Januarie 1996) was 'n Franse sosialistiese staatsman wat die amp van staatspresident van die Franse Republiek en ex officio Mede-Prins van Andorra (1981–1995) beklee het. Hy was vanaf 1959 tot 1981 ook burgemeester van Château-Chinon (Nièvre) gewees.

François Mitterrand
François Mitterrand

Ampstermyn
21 Mei 1981 – 17 Mei 1995
Eerste ministerPierre Mauroy
Laurent Fabius
Jacques Chirac
Michel Rocard
Édith Cresson
Pierre Bérégovoy
Édouard Balladur
Voorafgegaan deurValéry Giscard d'Estaing
Opgevolg deurJacques Chirac

Mede-Prins van Andorra
Ampstermyn
21 Mei 1981 – 17 Mei 1995
Eerste ministerÒscar Ribas Reig
Josep Pintat-Solans
Òscar Ribas Reig
Marc Forné Molné
Voorafgegaan deurValéry Giscard d'Estaing
Opgevolg deurJacques Chirac

Eerste Sekretaris van die Sosialistiese Party
Ampstermyn
16 Junie 1971 – 24 Januarie 1981
Voorafgegaan deurAlain Savary
Opgevolg deurLionel Jospin

Minister van Justisie
Ampstermyn
31 Januarie 1956 – 12 Junie 1957
PresidentRené Coty
Eerste ministerGuy Mollet
Voorafgegaan deurRobert Schuman
Opgevolg deurEdouard Corniglion-Molinier

Minister van Binnelandse Sake
Ampstermyn
19 Junie 1954 – 23 Februarie 1955
PresidentRené Coty
Eerste ministerPierre Mendès-France
Voorafgegaan deurLéon Martinaud-Deplat
Opgevolg deurMaurice Bourgès-Maunoury

Afgevaardigde Minister vir die Raad van Europa
Ampstermyn
28 Junie 1953 – 4 September 1953
PresidentVincent Auriol
Eerste ministerJoseph Laniel
Voorafgegaan deurPierre Pflimlin (1952)
Opgevolg deurEdgar Faure (1958)

Staatsminister
Ampstermyn
20 Januarie 1952 – 28 Februarie 1952
PresidentVincent Auriol
Eerste ministerEdgar Faure

Minister van die Franse oorsese gebiede
Ampstermyn
12 Julie 1950 – 15 Augustus 1951
PresidentVincent Auriol
Eerste ministerRené Pleven
Henri Queuille
Voorafgegaan deurPaul Coste-Floret
Opgevolg deurLouis Jacquinot

Minister van Veterane en Oorlogslagoffers
Ampstermyn
24 November 1947 – 19 Julie 1948
PresidentVincent Auriol
Eerste ministerRobert Schuman
Voorafgegaan deurDaniel Mayer
Opgevolg deurAndré Maroselli
Ampstermyn
22 Januarie 1947 – 21 Oktober 1947
PresidentVincent Auriol
Eerste ministerRobert Schuman
Voorafgegaan deurMax Lejeune
Opgevolg deurDaniel Mayer

Senator van Nièvre
Ampstermyn
26 April 1959 – 13 Desember 1962
Voorafgegaan deurJean Doussot
Opgevolg deurDaniel Benoîst

Persoonlike besonderhede
Gebore26 Oktober 1916
Jarnac, Frankryk
Sterf8 Januarie 1996
Parys, Frankryk
Politieke partyDemokratiese en Sosialistiese Unie van die Weerstand (tot 1964)
Konvensie van die Republikeinse Instansies (1964–1971)
Sosialistiese Party (1971–1996)
Eggenoot/-noteDanielle Gouze (1944–1996)
Kind(ers)4
Alma materUniversiteit van Parys
Free School of Political Studies
ReligieGeen (Agnostisisme)
vroeër Rooms-Katolieke Kerk
Handtekening

Hy het 2 keer onsuksesvol as president gestaan, naamlik in 1965 teen genl. Charles de Gaulle en in 1974 teen mnr. Valéry Giscard d'Estaing. Francois Mitterrand is op 26 Oktober 1916 in Jarnac in die Charente-distrik van Frankryk gebore.

Hy het grade in die regte, klassieke studies en staatsleer verwerf en is 'n prokureur van beroep. In 1940 is hy deur die Duitsers gevange geneem, maar het 1 ½ jaar later ontsnap. Na die oorlog het hy die Nasionale Beweging vir Krygsgevangenes gestig en hom aan die probleme van oudgediendes gewy. Die toekenning van die Legioen van Eer, die Croix de Guerrem (oorlogskruis) en die Roset van die Weerstand is aan hom toegeken.

Mitterrand was politieke redakteur van die koerant Le Courrier de la Nievre en het 'n aantal boeke oor die sosialisme geskryf, onder meer Un sosialisme du possible ("ʼn Sosialisme van die moontlike"- 1971), La Rose au poing ("Die roos en die vuis" - 1973) en lci et maintenant ("Hier en nou" - 1980). Mitterrand se nasionale politieke loopbaan het in 1946 begin toe hy as afgevaardigde van die Nievregebied in Sentraal-Frankryk tot die Nasionale Vergadering verkies is.

Behalwe die tydperk 1959 tot 1962, toe hy senator was, het hy tot met sy verkiesing as president in die Vergadering gedien, waar hy lid was van die komitee insake buitelandse sake.

In 1967 is hy tot lid van die Europese Parlement benoem en in 1979 het hy 'n setel in die liggaam se eerste verkiesing gewen. Mitterrand was van 1948 tot 1957 lid van die Franse kabinet, waartydens hy verskeie belangrike poste beklee het. Hy was onder andere van 1954 tot 1955 minister van binnelandse sake en van 1956 tot 1957 minister van justisie.

Hy het 2 keer as kandidaat vir die presidentskap gestaan, maar sonder sukses: in 1956 as kandidaat vir die nie-Kommunistiese linkses, toe hy 45,5 % stemme ontvang het en teen genl. De Gaulle verloor het, en in 1974 as kandidaat van die linkse Koalisie, toe hy 49,1 9 % stemme ontvang het en teen Giscard d'Estaing verloor het. In die verkiesing van 1981 het hy 51,76% teenoor Giscard d'Estaing se 48,24 % stemme ontvang.

Mitterrand se betrokkenheid by die Sosialisteparty dateer uit 1946 toe hy hom by die Demokratiese en Sosialistiese Weerstandsunie aangesluit het. Hy het verskeie posisies in die organisasie beklee en het hom later by die Federasie van die Demokratiese en Sosialistiese linkses aangesluit. In 1964 het hy lid geword van die Komitee van die Republikeinse Instituutkonvensie. Van 1971 tot met sy verkiesing as president was hy ook sekretarisgeneraal van die Sosialisteparty.

Bronnelys wysig