Suidwes-Afrika
Suidwes-Afrika (Duits: Südwestafrika, Engels: South-West Africa, Nederlands: Zuidwest-Afrika; kort SWA) is 'n voormalige Volkebond-mandaat van Suid-Afrika, wat tussen 1915 en 1990 op die gebied van die huidige Republiek van Namibië bestaan het.
Die Unie van Suid-Afrika het die gebied op 9 Julie 1915 tydens die Eerste Wêreldoorlog (sien Suidwes-Afrika-veldtog) van die Duitse Keiserryk verower en geannekseer. Met die Verdrag van Versailles, wat ná die Eerste Wêreldoorlog op 28 Junie 1919 onderteken is, het die Volkebond die gebied aan Suid-Afrika oordra. Op 14 Desember 1946 het die Verenigde Nasies die gebied van Suid-Afrika se heerskappy ontbind, wat die Unie geïgnoreer het en Suidwes-Afrika tot sy vyfde provinsie verklaar het.[1]
Op 27 Oktober 1966 het die Verenigde Nasies die gebied as Namibië onder sy eie regering gestel, wat tot die Namibiese Onafhanklikheidsoorlog van die SWAPO teen Suid-Afrika gelei het. 1971 het die Internasionale Geregshof die Suid-Afrikaanse besetting vir ongrondwetlik met die internasionale reg verklaar, wat sedert die mid-1970's tot 'n voortdurende oorgangsproses tot die onafhanklikheid van Namibië gelei het.
Bantoestans wysig
Die Suid-Afrikaanse regering het 10 bantoestans in Suidwes-Afrika in die laat 1960's en vroeë 1970's in ooreenstemming met die Odendaal-plan, waarvan vier selfregering toegestaan is, gestig.[2] Hierdie Bantoestans is in 1980 met outonome regerings vervang, wat op etnisiteit gebaseer was.
Die bantoestans was:
- Boesmanland
- Damaraland
- Oos-Caprivi (selfregerend 1976)
- Hereroland (selfregerend 1970)
- Kaokoland
- Kavangoland (selfregerend 1973)
- Namaland
- Ovamboland (selfregerend 1973)
- Rehoboth
- Tswanaland
Verwysings wysig
- ↑ (en) Cedric Thornberry (2004). A Nation Is Born: The Inside Story of Namibia's Independence. Gamsberg Macmillan Publishers Ltd. pp. 9–11. ISBN 978-99916-0-521-0.
- ↑ (en) World Statesman
Bronne wysig
- (de) Johannes Paul: Deutsche, Buren und Engländer in Südwestafrika. Begleitwort zu einer Nationalitätenkarte der Europäer in Südwestafrika. In: „Koloniale Rundschau“ Heft 9/10, 1931.
- (de) Johannes Paul: Deutsch-Südwestafrika. In: Handwörterbuch des Grenz- und Auslandsdeutschtums, hrsg. von Carl Petersen; Otto Scheel; Paul Hermann Ruth; Hans Schwalm.
Eksterne skakels wysig
- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir Suidwes-Afrika.