Nama

Khoekhoegowab
Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Namas.

Nama is 'n Khoisan-taal wat deur die Namas en Damaras in Namibië, Botswana en Suid-Afrika gepraat word. Dit is ook bekend as Khoekhoegowab. Daar is meer as 270 000 mense met Nama as moedertaal. Andere benamings vir Nama sluit in: Namataal, Nama/Damara, Namakwa, Namaqua, Bergdamara en Tama.

Nama
Khoekhoegowab
Gepraat in:Vlag van Botswana Botswana
Vlag van Namibië Namibië
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 
Gebied:Oranjerivier
Namakwaland
Totale sprekers:202 200[1]
Taalfamilie:Khoisan
 Khoe
  Khoekhoe
   Noord-Khoekhoe
    Nama 
Skrifstelsel:Latynse alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in:Vlag van Namibië Namibië (nasionale taal)
Gereguleer deur:geen
Taalkodes
ISO 639-1:geen
ISO 639-2:khi
ISO 639-3:naq 
Verspreidingsgebied van die Nama/Damara in Namibië
'n Namaman gee onderrig in die Namataal
Verspreiding van Nama in Namibië volgens die 2011-sensus:

   <1%

   1–5,99%

   6–10,99%

   11–20,99%

   21–30,99%

   31–49,99%

   50–75,99%

   76–90%

   >90%


Nama is verwant aan die taal van die Hai//om-San, ǂAakhoe.

In Namibië word Nama as 'n nasionale taal erken. In Suid-Afrika is Nama nie een van die elf ampstale nie, maar is wel in die grondwet opgeneem as taal wat deur die nasionale regering beskerm en gekultiveer moet word. Daar is pogings om die taal in Suid-Afrika te bevorder.[2] In 2018 is die Namataal by sommige skole in die Noord-Kaap bekendgestel.[3][4]

Voorbeelde wysig

Algemene woorde en frases:

AfrikaansNama
asseblieftoxoba
dankieaio
baie dankiekai aios
Broerǃgâsab
eenǀgui
tweeǀgam
drieǃnona
vierhaka
vyfkoro
venstermûǂui doas
vuurǀaes
goed (byvoeglike naamwoord)ǃgâi-a
goed (bywoord)ǃgâise
slegǁgâi-a
Goeiemôreǃgâi ǁgoas
Goeienaand / goeie nagǃgâi ǃoes
Goeiedag / totsiensǃgâi tsés
Huisoms
gisterǁari
vandagnétsé
môreǁari
seunaxab, ǀgoab, darob
meisieaxas, ǀgoas, daros, ǂkhamkhoes

Sien ook wysig

Verwysings wysig

  1. "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Khoekhoe" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 September 2019. Besoek op 11 September 2016.
  2. (af) litnet.co.za: die Nama-taal
  3. (en) news24.com: Nama language to be introduced at two Northen Cape Schools[dooie skakel]
  4. (en) thenewage.co.za: Schools to introduce Nama Language

Eksterne skakels wysig