Suidelike Kroon

sterrebeeld

Die Suidelike Kroon (Latyn: Corona Australis) is ’n klein sterrebeeld in die suidelike hemelruim. Dit is een van die 48 konstellasies wat deur die 2de-eeuse sterrekundige Ptolemeus beskryf is en is steeds een van die 88 moderne sterrebeelde.

Suidelike Kroon
Latynse naamCorona Australis
GenitiefCoronae Australis
AfkortingCrA
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming19h
Deklinasie-40º
Grootte128 vk. grade (80ste)
KwadrantSQ3
Besonderhede
Hoofsterre6
Helderste sterAlpha Coronae Australis
Naaste sterHD 166348
Sterre helderder as 3 m0
Sterre met planete1
Messier-voorwerpe0
Bayer-/Flamsteed-sterre14
MeteoorreënsCorona Australiede
Aangrensende sterrebeelde
Boogskutter, Skerpioen, Altaar, Teleskoop
Portaal  Portaalicoon  Sterrekunde

Die Antieke Grieke het die sterrebeeld beskou as ’n blomkrans eerder as ’n kroon en het dit verbind met die Boogskutter of Sentour. Alpha en Beta Coronae Australis is die helderste twee sterre, met ’n oënskynlike magnitude van sowat 4,1. Hoewel die Suidelike Kroon nie helder is nie, het dit ’n kenmerkende voorkoms. Dit bevat een van die naaste stervormende streke aan die Aarde.

Ruimtevoorwerpe wysig

Alpha Coronae Australis is ’n blou-wit hoofreeksster 130 ligjare van die Aarde af.[1] Beta Coronae Australis is ’n oranje reusester sowat 510 ligjare van die Aarde af.[1]

Van die mees prominente dubbelsterre is onder meer Gamma Coronae Australis, twee geel-wit sterre 58 ligjare van hier wat elke 122 jaar om mekaar wentel.[1]

R Coronae Australis is ’n blou-wit onreëlmatige veranderlike ster waarvan die helderheid wissel tussen 9,7 en 13,9 mag.[2] Dit word verberg deur ’n omringende nebula, NGC 6729, wat saam met hom verdof en verhelder. NGC 6729, NGC 6726 en 6727 en IC 4812 vorm saam die Corona Australis-nebula, ’n stowwerige, donker nebula wat ’n aktiewe stervormende streek is.

Die Suidelike Kroon bevat ook RX J1856.5-3754, ’n geïsoleerde neutronster wat een van die naastes aan die Aarde is.

Verwysings wysig

Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wiki How
  1. 1,0 1,1 1,2 Ridpath, Ian; Tirion, Wil (2007). Stars and Planets Guide. Princeton: Princeton University Press. pp. 126–27. ISBN 978-0-691-13556-4.{{cite book}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  2. O'Meara, Stephen James (2002). The Caldwell Objects. Cambridge University Press. pp. 271–73. ISBN 978-0-521-82796-6.
  • The Cambridge Guide to the Constellations, Michael E. Bakich, Cambridge University Press, 1995, bl. 85

Eksterne skakels wysig