Altaar (sterrebeeld)

sterrebeeld

Die Altaar (Latyn: Ara) is ’n sterrebeeld in die suidelike hemelruim tussen die Skerpioen en die Suidelike Driehoek. Dit is een van die 48 sterrebeelde wat deur die 2de-eeuse sterrekundige Ptolemeus beskryf is en is steeds een van die 88 moderne konstellasies.

Altaar
Latynse naamAra
GenitiefArae
AfkortingAra
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming17,39h
Deklinasie-53,58º
Grootte237 vk. grade (63ste)
KwadrantSQ3
Besonderhede
Hoofsterre7
Helderste sterBeta Arae
Naaste sterGliese 674
Sterre helderder as 3 m2
Sterre met planete7
Messier-voorwerpe0
Bayer-/Flamsteed-sterre17
Aangrensende sterrebeelde
Suidelike Kroon, Skerpioen, Winkelhaak, Suidelike Driehoek, Paradysvoël, Pou, Teleskoop
Portaal  Portaalicoon  Sterrekunde

Die Altaar se helderste ster, Beta Arae, het ’n oënskynlike helderheid van 2,9 mag. Gamma Arae is ’n dubbelster net suid daarvan. Daar word geglo Mu Arae het minstens vier planete wat om hom wentel.

Die noordwestelike hoek van die Altaar kruis met die Melkweg en bevat verskeie oop sterreswerms (onder meer NGC 6200) en newelvlekke (insluitende die helder swerm/newelvlek-paar NGC 6188 en NGC 6193). Die helderste ster van die bolvormige swerm NGC 6397 is net 6 500 ligjare weg, en dit is dus een van die naaste bolvormige swerms aan ons sonnestelsel.[1]

Mitologie wysig

In die Griekse mitologie word Ara genoem as die altaar wat deur die siklope gebou is en waar die Olimpiese gode offerandes gebring en ’n verbond gesluit het voordat hulle die Titaniese gode aangeval het.[2]

Sien ook wysig

Verwysings wysig

  1. Dunlop, Storm (2005). Atlas of the Night Sky. Collins. ISBN 0-00-717223-0.
  2. Hyginus, Astronomica, 39, Altar

Eksterne skakels wysig