Pikometer

'n Pikometer (simbool: pm) is 'n lengtemaat wat van die SI-basiseenheid vir lengte, die meter, afgelei is en is 'n triljoenste van 'n meter (0,000000000001 m). Dit word uitgedruk as 1x10-12 m.

'n Vereenvoudigde voorstelling van 'n heliumatoom met 'n benaderde berekende deursnit van 62 pikometer[1]

Die pikometer is een duisend femtometers, een duisendste van 'n nanometer, een miljoenste van 'n mikrometer (ook bekend as 'n mikron), een miljardste van 'n millimeter, en een biljoenste van 'n meter.[2] Die simbool μμ is op 'n stadium daarvoor gebruik.[3] Dit is ook een honderdste van 'n Ångström, 'n internasionaal bekende (maar nie-SI) eenheid van lengte.

Gebruik wysig

Die pikometer se lengte is van sodanige klein grootte-orde dat die toepassing daarvan byna volkome beperk is tot deeltjiefisika, kwantumfisika, chemie en akoestiek. Atome is tussen 62 en 520 pm in deursnee, en die tipiese lengte van 'n koolstof-koolstof enkelbinding is 154 pm. Kleiner eenhede is beskikbaar of selfs kleiner deeltjies te beskryf (waarvan sommige die komponente van atome is), soos hadrone en die boonste grootte-limiete vir fermione.

Die Ruimtelaserinterferometer- oftewel LISA-probe, met die doelwit om gravitasiegolwe waar te neem, word vir lansering in 2034 beoog. Dit sal relatiewe verplasings met 'n resolusie van 20 pikometer oor 'n afstand van 2,5 gigameter waarneem, wat op 'n ontledingsensitiwiteit van beter as 1 deel in 1020 neerkom.

SI-veelvoude wysig

VeelvoudNaamSimboolVeelvoudNaamSimbool
100meterm   
103kilometerkm10–3millimetermm
106megameterMm10–6mikrometerµm
109gigameterGm10–9nanometernm
1012terameterTm10–12pikometerpm
1015petameterPm10–15femtometerfm
1018eksameterEm10–18attometeram
1021zettameterZm10–21zeptometerzm
1024jottameterYm10–24joktometerym

Daar is eenhede wat tot die metriese stelsel behoort het, maar wat nie meer in die S.I.-stelsel erken word nie, soos:

VeelvoudNaamSimboolVeelvoudNaamSimbool
101dekameterdam10–1desimeterdm
102hektometerhm10–2sentimetercm
10–10ÂngströmÂ

Verwysings wysig

  1. "Atomic radius". WebElements: the periodic table on the web.
  2. Deza, Elena; Deza, Michel Marie (2006). Dictionary of Distances. Elsevier. ISBN 0-444-52087-2.
  3. Rowlett, Russ (2018). "How Many? A Dictionary of Units of Measurement".