Millimeter

eenheid van lengte 1/1000ste van 'n meter

'n Millimeter (simbool: mm) is 'n lengtemaat wat van die SI-basiseenheid vir lengte, die meter afgelei is. 'n Millimeter is die grootte van een duisendste deel van 'n meter. Die voorvoegsel milli is van die Latynse woord vir duisend afgelei.

Voorstelling van 'n liniaal met millimeter- en sentimetermerke
Dwarssnit van 'n plantstingel met 'n deursnee van 4 mm. Die plantselle is duidelik sigbaar. Die spesie is Ginkgo biloba.

'n Millimeter is gelyk aan 1 000 mikrometer en 1 000 000 nanometer. Daar is 25,4 mm in een duim.

Reën wysig

Daarnaas word millimeter ook dikwels gebruik om 'n hoeveelheid reën op 'n oppervlak aan te dui. In hierdie konteks is 'n millimeter onafhanklik van die grootte van die oppervlak. Een millimeter reën dui een liter water op elke vierkante meter aan (1 L/m² = 1 dm³/m² = 1 000 000 mm³ / 1 000 000 mm² = 1 mm³/mm² = 1 mm).

SI-veelvoude wysig

VeelvoudNaamSimboolVeelvoudNaamSimbool
100meterm   
103kilometerkm10–3millimetermm
106megameterMm10–6mikrometerµm
109gigameterGm10–9nanometernm
1012terameterTm10–12pikometerpm
1015petameterPm10–15femtometerfm
1018eksameterEm10–18attometeram
1021zettameterZm10–21zeptometerzm
1024jottameterYm10–24joktometerym

Daar is eenhede wat tot die metriese stelsel behoort het, maar wat nie meer in die S.I.-stelsel erken word nie, soos:

VeelvoudNaamSimboolVeelvoudNaamSimbool
101dekameterdam10–1desimeterdm
102hektometerhm10–2sentimetercm
10–10ÂngströmÂ