Nanometer

SI-basiseenheid vir lengte, die meter, afgelei is en is 'n miljardste van 'n meter (0,000000001 m)

'n Nanometer (simbool: nm) is 'n lengtemaat wat van die SI-basiseenheid vir lengte, die meter, afgelei is en is 'n miljardste van 'n meter (0,000000001 m). Dit word uitgedruk as 1x10-9 m.

'n Uitbeelding van die H3N2-stam van die Griep A-virus wat deur elektrontomografie onthul is. Die deursnee van die virus is om en by 120 nm, of sowat een tienduisendste van 'n millimeter.

SI-veelvoude wysig

VeelvoudNaamSimboolVeelvoudNaamSimbool
100meterm   
103kilometerkm10–3millimetermm
106megameterMm10–6mikrometerµm
109gigameterGm10–9nanometernm
1012terameterTm10–12pikometerpm
1015petameterPm10–15femtometerfm
1018eksameterEm10–18attometeram
1021zettameterZm10–21zeptometerzm
1024jottameterYm10–24joktometerym

Daar is eenhede wat tot die metriese stelsel behoort het, maar wat nie meer in die S.I.-stelsel erken word nie, soos:

VeelvoudNaamSimboolVeelvoudNaamSimbool
101dekameterdam10–1desimeterdm
102hektometerhm10–2sentimetercm
10–10ÂngströmÂ