Damian de Allende

Suid-Afrikaanse rugbyspeler

Damian de Allende (gebore te Kaapstad op 25 November 1991) is 'n Suid-Afrikaanse rugbyspeler wat vir die Stormers op senter of vleuel speel in die Verenigde Rugbykampioenskapsreeks.

Damian de AllendeSportportaal
Volle naamDamian de Allende
Geboortedatum25 November 1991 (1991-11-25) (31 jaar oud)
GeboorteplekKaapstad, Suid-Afrika
Lengte1,89 m
Massa101 kg
SkoolHoërskool Milnerton
UniversiteitUniversiteit van Kaapstad
BeroepProfessionele rugbyspeler
Rugbyloopbaan
Loopbaan as speler
Posisie(s)Senter, vleuel
Springbokno.862
Amateurspanne
JareKlub / spanWeds(pte)
2012UCT Ikey Tigers6(5)
Professionele / senior klubs
JareKlub / spanWeds(pte)
2015–2017
2019–2020
2020–2022
2022–
Kintetsu Liners
Saitama Wild Knights
Munster
Saitama Wild Knights
4
5
37
0
(5)
(10)
(25)
(0)
korrek soos op 15 Julie 2022.
Provinsiale- / Staatspanne
JareKlub / spanWeds(pte)
2013–2018Westelike Provinsie27(30)
korrek soos op 15 Julie 2022.
Superrugby
JareKlub / spanWeds(pte)
2013–2019Stormers91(75)
Provinsiale spanWestelike Provinsie
korrek soos op 15 Julie 2022.
Nasionale span(ne)
JareLandWeds(pte)
2014–Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika70(45)
korrek soos op 30 November 2022.

Loopbaan

In 2012 het hy sy debuut gemaak vir die Westelike Provinsie in hul Vodacombekerwedstryd teen die Pampas XV.[1] Hy speel drie wedstryde in die reeks en druk een drie. Hy is daarna ingesluit in die WP-groep vir die Curriebeker Premierliga.

De Allende het ook die Ikey Tigers in die 2012 Varsitybeker verteenwoordig.

In Augustus 2013 het hy 'n kontrak onderteken met die Westelike Provinsie en Stormers tot 2015.[2]

Springbokkleure

Op 16 Augustus 2014 het De Allende sy debuut vir die Springbokke in 'n toets teen Argentinië in Pretoria gemaak, op die ouderdom van 22 jaar. Hy was ook deel van Suid-Afrika se span tydens die Rugbywêreldbeker 2015 en die Rugbywêreldbeker 2019.

Verwysings

  1. "DHL Western Province vs Pampas XV". sarugby.net. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Januarie 2014. Besoek op 7 September 2012.
  2. "WP behou 'monster'; Force soek nóg jonges". Media24. Beeld. 15 Augustus 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Desember 2013. Besoek op 16 Augustus 2013.

Eksterne skakels

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki How vertaal.