Vodacombeker

Die Vodacombeker was ’n rugbykompetisie wat van 1998 tot 2015 elke jaar tussen Februarie en Mei in Suid-Afrika gespeel is. Die kompetisie was die derde mees prestigeryke rugbykompetisie in Suid-Afrika, naas Superrugby en die Curriebeker. Dit het oorvleuel met die Superrugbyreeks en geleentheid gebied vir jonger en minder ervare spelers om te ontwikkel. Dit kompetisie is sedert 1998 elke jaar deur Vodacom geborg. Dit is in 2017 deur die Rugby-uitdaagreeks vervang.

Vodacombeker
'
Beskrywing.
Die Vodacombeker se kenteken

SportsoortRugby
Gestig1998
Gestaak2015
Vervang metRugby-uitdaagreeks
EienaarSuid-Afrikaanse Rugbyunie
Inwydingseisoen1998
Deelnemende landeVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Vlag van Namibië Namibië
Vlag van Argentinië Argentinië
Vlag van Kenia Kenia
Aantal spanne16
Mees onlangse kampioenPumas (2015)
Verwante kompetisiesCurriebeker
Borg(e)Vodacom

Die kompetisie was oop vir die veertien Suid-Afrikaanse rugbyunies, maar spanne van buite Suid-Afrika is ook uitgenooi om deel te neem. Die Welwitschias van Namibië het tussen 1999 en 2001 asook in 2010 en 2011 deelgeneem. Die Pampas XV van Argentinië het vanaf 2010 deelgeneem.[1][2] Limpopo, wat normaalweg deel van die Blou Bulle vorm, het ook in 2013 as ’n afsonderlike span deelgeneem.

Spanne wysig

Die volgende spanne het sedert die aanvang daarvan aan die Vodacombeker deelgeneem:

Vodacombeker-spanne
SpanEerste seisoenAantal seisoeneAnder name
Blou Bulle1998–201518
Boland Kavaliers1998–201518Boland
Grens Bulldogs1998–201518Grens
OP Kings1998–201518Magtige Olifante
Valke1998–201518
Vrystaat XV1998–201518Vrystaat Cheetahs
Goue Leeus1998–201518
Griffons1998–201518Noord-Vrystaat "Purple People Eaters"
Griekwas1998–201518Griekwaland-Wes
Luiperds1998–201518Noordwes
Limpopo2013–20153Limpopo Blou Bulle
Pampas XV2010–20134
Pumas1998–201518Mpumalanga Pumas
Haaie XV1998–201518Natal Wildebeeste
Simba XV20141
SWD Arende1998–201518
Welwitschias1999–2001, 2010–2011, 2015–20156Namibië Koedoes
Westelike Provinsie1998–201518

Eindstryde wysig

Die Vodacombeker se eindstryde het as volg verloop:

SeisoenWennerTellingTweede plek
1998Griekwas57–0Goue Leeus
1999Goue Leeus73–7Griekwas
2000Vrystaat Cheetahs44–24Griekwas
2001Blou Bulle42–24Boland Kavaliers
2002Goue Leeus54–38Blou Bulle
2003Goue Leeus26–17Blou Bulle
2004Goue Leeus35–16Blou Bulle
2005Griekwas27–25Luiperds
2006SWD Arende25–17Natal Wildebeeste
2007Griekwas33–29Blou Bulle
2008Blou Bulle25–21Vrystaat Cheetahs
2009Griekwas28–19Blou Bulle
2010Blou Bulle31–29Vrystaat Cheetahs
2011Pampas XV14–9Blou Bulle
2012Westelike Provinsie20–18Griekwas
2013Goue Leeus42–28Pumas
2014Griekwas30–6Goue Leeus
2015Pumas24–7Westelike Provinsie

Algehele statistieke wysig

SpanKere gewenTweedeHalfeindstrydKwarteindstrydSeisoene gewen
1Griekwas53331998, 2005, 2007, 2009, 2014
2Goue Leeus52161999, 2002, 2003, 2004, 2013
3Blou Bulle36422001, 2008, 2010
4Vrystaat Cheetahs12352000
5Westelike Provinsie11352012
6Pumas11312015
7Valke10302006
8Pampas XV10022011
9Natalse Haaie0154
10Boland Kavaliers0143
11Luiperds0133
12SWD Arende0013
Oostelike Provinsie0013
14Grens Bulldogs0000
Griffons0000
Limpopo0000
Welwitschias0000

Rekords wysig

Die Goue Leeus het op 27 April 2013 ’n rekordsege teenoor die Limpopo Blou Bulle behaal toe hulle die span met 161–3 geklop het by die Alberton Rugbyklub in Alberton. Die oorwinning is ’n rekord in Suid-Afrikaanse eersterangrugby. Dit oortref die Pumas se vorige Vodacombekerrekord van 154–0 ook teen die Limpopo Blou Bulle. Die 25 drieë wat die Goue Leeus gedruk het is ook ’n Vodacombekerrekord. Daarmee saam het Anthony Volminck ’n rekord nege drieë vir die Goue Leeus gedruk en daarmee Naas Olivier se vorige rekord van 42 punte in ’n wedstryd na 45 verbeter.[3]

Vodacomskild wysig

Van 2001 tot 2004 het die spanne wat nie in die boonste 4 plekke geëindig het in die rondomtaliefase nie, in ’n sekondêre kompetisie genaamd die Vodacomskild deelgeneem.

Eindstryde wysig

SeisoenWennerTellingTweede plek
2001Griffons40–27Oostelike Provinsie
2002Oostelike Provinsie26–20Natalse Haaie
2003Grens Bulldogs32–0Griekwas
2004Boland Kavaliers19–12SWD Arende

Algehele rekord wysig

SpanSegesTweede plekkeHalfeindstrydeSeisoene gewen
1Oostelike Provinsie1112002
2Grens Bulldogs1012003
3Boland Kavaliers1002004
Griffons1002001
5Griekwas011
SWD Arende011
7Natalse Haaie010
8Westelike Provinsie002
9Luiperds001
Pumas001
11Valke000

Verwysings wysig

  1. (en) "Argentinië en Namibië gaan in Vodacombeker speel". Suid-Afrikaanse Rugbyunie. 10 Desember 2009. Besoek op 18 Januarie 2010. [dooie skakel]
  2. (en) "Volledige puntestand: Vodacombeker". Suid-Afrikaanse Rugbyunie. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 April 2010. Besoek op 8 Desember 2011.
  3. (en) "Volminck stel SA rekord op" (html). Suid-Afrikaanse Rugbyunie. 27 April 2013. [dooie skakel]