Fluweelvrugzanha
(Aangestuur vanaf Zanha africana)
Die fluweelvrugzanha (Zanha africana) is 'n middelgroot boom wat in die noordelike en sentrale deel van Zimbabwe voorkom. Hier groei die boom op koppies en in oewerbos. Die spesie is ook inheems in Angola, Botswana, Demokratiese Republiek die Kongo, Kenia, Malawi, Mosambiek, Namibië, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe. Die blare is tot 150 mm lank en die vruggies is ronderig, helderoranje en fluweelagtig.
Fluweelvrugzanha | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Sapindales |
Familie: | Sapindaceae |
Genus: | Zanha |
Spesie: | Z. africana |
Binomiale naam | |
Zanha africana (Radlk.) Exell, (1966) | |
Sinonieme | |
|
Die boom se FSA-nommer is 438.5[1]
Die bas wysig
Hierdie boom se bas word gebruik om opgebergde graan teen boontjiekalanders, kewertjies van die subfamilie Bruchinae, soos Callosobruchus maculatus te beskerm. Navorsing het getoon dat dit nor-hopane bevat wat verhoed dat die insekte hul eiers kan lê en hulle doodmaak.[2]
Sien ook wysig
Verwysings wysig
Bron wysig
- Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 ISBN 978 1 77007 832 1
- Plants of the World Online
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekHemelvaartsdagTuisbladHemelvaartAardverwarmingDroogteNazi-DuitslandTropiese sikloonVarkgriepAardbewingPinksterGeweldSpesiaal:Onlangse wysigingsKlimaatsverandering in Suid-AfrikaHolocaustErfenisErfenisdag (Suid-Afrika)RobbeneilandApartheidSuid-AfrikaEkonomie van Suid-AfrikaEkonomiese sektorMenseregteAdolf HitlerSwartbewussynsbewegingNelson MandelaPortwynKlimaatveranderingSkoenlapperCarles PuigdemontEmo AdamsPrimêre sektor van die ekonomieSteve BikoNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaSeksWaterbesoedelingWaarheid-en-versoeningskommissieLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaVulkaan