Federale Republiek van Sentraal-Amerika

Die Federale Republiek van Sentraal-Amerika (Spaans: República Federal de Centro América), of Verenigde Provinsies van Sentraal-Amerika (Provincias Unidas del Centro de América) in die eerste jaar van sy bestaan, het vanaf 1823 tot 1838 op die gebied van die huidige Sentraal-Amerikaanse republieke Costa Rica, El Salvador, Guatemala, Honduras en Nicaragua, asook die Meksikaanse deelstaat Chiapas bestaan. (Belize was destyds 'n Britse kolonie en Panama het deel uitgemaak van Simón Bolívar se Republiek van Groot-Colombia.) Ná Nieu-Spanje se onafhanklikheidsverklaring en die daaropvolgende Meksikaanse Onafhanklikheidsoorlog (1810–1821) het die Spaanse kolonie onafhanklik geword en Sentraal-Amerika het by die kortstondige Eerste Meksikaanse Keiserryk aangesluit. Nadat keiser Agustín de Iturbide (1822–1823) omvergewerp en later tereg gestel is, het die Sentraal-Amerikaanse gebiede op 1 Julie 1823 hul onafhanklikheid van Meksiko verklaar en die Verenigde Provinsies van Sentraal-Amerika gestig.

República Federal de Centro América
Federale Republiek van Sentraal-Amerika

1823–1838
VlagWapenskild
VlagWapen
Leuse: Dios, Unión y Libertad
(Spaans vir: "God, Unie en Vryheid")
Volkslied: La Granadera
(Spaans vir: "Die Lied van die Grenadier")
Ligging of Sentraal-Amerika
Ligging of Sentraal-Amerika
Die Federale Republiek van Sentraal-Amerika tussen 1823 en 1838.
HoofstadGuatemala-stad (1824–1834)
Sonsonate (1834)
San Salvador (1834–1840)
14°37′N 90°31′W / 14.617°N 90.517°W / 14.617; -90.517Koördinate: 14°37′N 90°31′W / 14.617°N 90.517°W / 14.617; -90.517
Taal/TaleSpaans
GodsdiensRooms-Katolieke Kerk
RegeringRepubliek
President
 - 1825–1829Manuel José Arce
 - 1829–1830José Francisco Barrundia
 - 1830–1834Francisco Morazán
 - 1834–1835Gregorio Salazar
 - 1835–1839Francisco Morazán
 - 1839–1840Diego Vigil
Historiese tydperkNuwe Tyd
 - Onafhanklikheid van die Spaanse Ryk15 September 1821
 - Onafhanklikheid van die Eerste Meksikaanse Keiserryk1 Julie 1823
 - Verbrokkeling31 Mei 1838
Oppervlakte
 - 1839497 185 km2
191 964 sq mi
Bevolking
 - 1839 skatting1 900 000 
     Digtheid3,8 /km² 
9,9 /sq mi
GeldeenheidReal
Voorafgegaan deur
Opgevolg deur
Eerste Meksikaanse Keiserryk
Costa Rica
El Salvador
Guatemala
Honduras
Nicaragua
Historiese kaart van Sentraal-Amerika omstreeks 1840
Kaart wat die voormalige deelstate van die Federale Republiek van Sentraal-Amerika en hul huidige vlae vertoon

Reeds kort na die stigting van die Federale Republiek van Sentraal-Amerika het interne magstryd dié land geskeur, sodat die Federasie tussen 1838 en 1841 volgens 'n burgeroorlog weer uitmekaar geval het.[1] Die verbrokkeling het met Nicaragua se afskeiding op 5 November 1838 (ander bronne gee Nicaragua se afstigtingsdatum op 30 April[2]) begin, gevolg deur Honduras en Costa Rica.[3] As gevolg van die chaotiese karakter van hierdie tydperk is presiese datums afskeidings nie bekend nie, maar op 31 Mei 1838 het die kongres ontmoet om te verklaar dat die provinsies vry was om hul eie onafhanklike republieke te stig.[2] In werklikheid het dit net die proses van verbrokkeling wat reeds begin het, wettig erken.[4] Die unie het in 1840 fakties geëindig, nadat reeds vier van sy vyf deelstate hul onafhanklikheid verklaar het. Die amptelike einde het gekom met El Salvador se self-proklamasie van 'n onafhanklike republiek in Februarie 1841.

Demografie wysig

Bevolking volgens deelstaat in 1839:[5]

DeelstaatTotale bevolkingIndianeWitMulatte
Costa Rica150 00025 000125 000onbekend
Guatemala700 000450 000100 000150 000
Honduras300 000onbekend60 000240 000
El Salvador350 00070 00070 000210 000
Nicaragua350 000120 000110 000120 000
Federale Distrik50 00020 00010 00020 000
Totaal1 900 000685 000475 000740 000

Opvolging wysig

Vanuit die Federale Republiek se tydperk het die gebruik van die Sentraal-Amerikaanse kleure blou en wit in die vlae asook van vrymesselaar-simbole in die wapens oorleef. Selfs die Nasionale Dag op 15 September word in die vyf huidige republieke tot vandag gevier.

Deelstate in 1839
Costa RicaEl SalvadorGuatemalaHondurasNicaraguaLos Altos
Huidige vlae
Costa RicaEl SalvadorGuatemalaHondurasNicaraguaChiapas

Verwysings wysig

  1. (en) "New Physical, Political, Industrial and Commercial Map of Central America and the Antilles: With a Special Map of the Possessions of the Belgian Colonization Company of Central America, the State of Guatemala". World Digital Library. 1845. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Junie 2019. Besoek op 31 Maart 2015.
  2. 2,0 2,1 (en) Sandoval, Victor Hugo. "Federal Republic of Central America". Monedas de Guatemala. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 April 2018. Besoek op 31 Maart 2015.
  3. (en) Minster, Christopher. "The Federal Republic of Central America (1823–1840)". Latin American History. About.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016. Besoek op 31 Maart 2015.
  4. (en) Karnes, Thomas L. (1961). The Failure of Union: Central America, 1824–1960. Durham, NC: University of North Carolina Press. p. 85.
  5. (es) Cesare Cantú (1857). Historia universal: Cronología, geografía, arqueología. Documentos. Tomo VII. Madrid: Imprenta de Gaspar y Roig, bl. 407

Bronne wysig

  • (en) Pérez Brignoli, Héctor: A brief history of Central America. Univ. of California Press, Berkeley, Calif. [u.a.] 2000, ISBN 0-520-06832-7.

Eksterne skakels wysig