Tsolo
Tsolo is 'n nedersetting in die voormalige Transkeistreek in die Oos-Kaap, Suid-Afrika. Die dorpie is 5 km vanaf die N2 nasionale pad en sowat 42 km noordwes van Mthatha.
Tsolo | |
---|---|
Koördinate: 31°19′0″S 28°45′0″O / 31.31667°S 28.75000°OKoördinate: 31°19′0″S 28°45′0″O / 31.31667°S 28.75000°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Oos-Kaap |
Distrik | O.R. Tambo |
Munisipaliteit | Mhlontlo |
Oppervlak | |
• Totaal | 46,74 km2 (18,05 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 7 794 |
• Digtheid | 167/km2 (430/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 0.4% |
• Indiërs/Asiërs | 1.4% |
• Bruin mense | 1.5% |
• Swart mense | 96.3% |
• Ander | 0.4% |
Taal (2011) | |
• Xhosa | 91.7% |
• Engels | 2.5% |
• Afrikaans | 1.8% |
• Ander | 4.1% |
Poskode (strate) | 5120 |
Skakelkode | 047 |
Geskiedenis wysig
Die naam beteken "gepunt" en verwys na die gepunte koppies wat in die gebied voorkom. Die setel van die eerste magistraat is in 1879 hier naby gevestig maar ná die Pondo-opstand van 1880 na Tsolo verskuif.
Distrik wysig
Die distrik is 1 680 km2 groot. Die Jongelizwe-kollege vir die seuns van die hoofmanne is in 1959 gestig. Die kollege moet die seuns van die Xhosa- en Basotho-hoofmanne in die kuns van stamregering oplei.
Sien ook wysig
- Lys van dorpe in Suid-Afrika
- Zozibini Tunzi, Mej. Suid-Afrika 2019 en Mej. Heelal 2019
Bron wysig
Verwysings wysig
- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Tsolo". Sensus 2011.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladNazi-DuitslandPornhubAardverwarmingVulkaanHolocaustApartheidSuid-AfrikaTropiese sikloonGeweldAdolf HitlerAardbewingErfenisdag (Suid-Afrika)MenseregteErfenisAntoniemDroogteCarles PuigdemontSpesiaal:Onlangse wysigingsIntensiewe vormTrappe van vergelykingByvoeglike naamwoordVergelykings (taalkunde)SwangerskapVryheidsdagWaarheid-en-versoeningskommissieWet op NaturellengrondGetalNelson MandelaMieliestronkRobbeneilandMenseregtedagSkoenlapperEkonomie van Suid-AfrikaBoelieryVersamelnaamWaterbesparing in Suid-AfrikaVarkgriep