Suid-Afrikaanse referendum van 1960


Suid-Afrikaanse politiek
Parlement van Suid-Afrika
Nasionale Vergadering
Nasionale Raad van Provinsies
President
Adjunkpresident
Ministers
Speaker van die Nasionale Vergadering
Opposisieleier
Politici
Politieke partye
Konstitusionele Hof
Hoogste Hof van Appèl
Hooggeregshof
Verkiesings

Tydens die Suid-Afrikaanse referendum van 1960 is Suid-Afrikaanse kiesers gevra om vír of téén republiekwording te stem. Die stemming het op 5 Oktober 1960 plaasgevind. Die uitkoms was 'n rakelingse oorwinning vir die republikeine. Op 31 Mei 1961 het die Unie van Suid-Afrika tot 'n einde en die Republiek van Suid-Afrika tot stand gekom. Die dag is as republiekdag gedenk tot die vakansiedag in 1994 afgeskaf is.

Uitslag: Groen ten gunste; rooi teen republiekwording
Charles Swart, die laaste goewerneur-generaal (1959–1961) en eerste staatspresident (1961–1967) van Suid-Afrika

Resultate wysig

Vraag:

Is u ten gunste van 'n Republiek vir die Unie? (Afrikaans)
Are you in favour of a Republic for the Union? (Engels)[1]
KeuseStemme%
Vir850 45852,29
Teen775 87847,71
Bedorwe/ blanko stemme7 904
Totaal1 634 240100
Geregistreer/ stempersentasie1 800 42690,77
Bron: Direct Democracy

Per provinsie wysig

ProvinsieVirTeenBedorwe
stemme
TotaalGeregistreerPersentasie
opkoms
Stemme%Stemme%
Kaapprovinsie271 41850,15269 78449,852 881544 083591 29892,02
Natal42 29923,78135 59876,22688178 585193 10392,48
Oranje-Vrystaat110 17176,7233 43823,28798144 407160 84389,78
Suidwes-Afrika19 93862,3912 01737,6128032 23537 13586,80
Transvaal406 63255,58325 04144,423 257734 930818 04789,84
Bron: Direct Democracy

Verwysings wysig

  1. (en) Joyce, Peter (2007). The making of a nation : South Africa's road to freedom. Kaapstad: Zebra Press. p. 120. ISBN 9781770073128. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 November 2012. Besoek op 22 Maart 2014.