Subantarktiese eilandgroepe van Nieu-Seeland

Die subantarktiese eilandgroepe van Nieu-Seeland (Engels: New Zealand Subantarctic Islands) behels die vyf suidelikste eilandgroepe van die afgeleë eilande van Nieu-Seeland. Hulle is almal onbewoonde eilande in die suidwestelike Stille Oseaan. Die subantarktiese eilandgroepe van Nieu-Seeland is in 1998 gesamentlik deur Unesco as 'n wêrelderfenisgebied gelys.

Subantarktiese eilandgroepe van Nieu-Seeland
Inheemse naam: New Zealand Subantarctic Islands
Kaart van die subantarktiese eilandgroepe van Nieu-Seeland
Kaart van die subantarktiese eilandgroepe van Nieu-Seeland
Geografie
LiggingSuidwestelike Stille Oseaan
Koördinate50°45′S 166°6′O / 50.750°S 166.100°O / -50.750; 166.100Koördinate: 50°45′S 166°6′O / 50.750°S 166.100°O / -50.750; 166.100

Hoofeilande5
Oppervlakte764,8 km²

 410 m

Administrasie
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland

Demografie
Bevolking0

Die meeste van die eilande lê naby die suidoostelike hoek van die meestal oorstroomde kontinent Seelandië wat veral uit Nieu-Seeland bestaan en sowat 60–85 miljoen jaar gelede van Australië en sowat 85–130 miljoen jaar gelede van Antarktika geskei is. Suidwes van die subantarktiese eilandgroepe van Nieu-Seeland is die Australiese Macquarie-eiland geleë wat een jaar vroeër ook 'n Unesco-wêrelderfenisgebied geword het en soortgelyke kenmerke toon.

Eksterne skakels wysig