Statebondspele

Die Statebondspele of Gemenebesspele (Engels: Commonwealth Games) is 'n sporttoernooi wat al om die vier jaar, twee jaar na elke Olimpiese Somerspele, vir lidlande van die Britse Statebond aangebied word. Ongeveer 4 500 tot 5 000 atlete neem hieraan deel, wat dit na die Olimpiese Somerspele die grootste sportbyeenkoms ter wêreld maak.

Kenteken van die Statebondspelevereniging, organiseerder van die Statebondspele
Posseël ter herdenking van die Statebondspele van 1958

Alhoewel die Britse Statebond 56 lidlande het, is daar 74 deelnemende spanne by die Statebondspele, omdat 'n aantal Britse oorsese gebiede onder hul eie vlae meeding. Die vier lande van die Verenigde KoninkrykEngeland, Skotland, Wallis en Noord-Ierland – stuur ook aparte spanne.

Net ses lande het aan elke Statebondspele deelgeneem: Australië, Kanada, Engeland, Nieu-Seeland, Skotland en Wallis. Suid-Afrika neem tans, na hulle hertoetrede in 1994, aan hierdie Statebondspele deel. Die volgende Statebondspele sal in 2026 in die Australiese deelstaat Victoria aangebied word.

Geskiedenis wysig

Kaart van die boikot tydens die Statebondspele 1986

Die idee vir 'n kompetisie tussen die lande van die Britse Ryk is vir die eerste keer in 1891 deur ds. Astley Cooper voorgestel. Die eerste Britse Rykspele is daarna is 1930 aangebied. Die geleentheid se naam in 1954 na die Britse Ryk en Statebondspele verander. Daarna verander die naam na die Britse Statebondspele in 1970 en na die huidige naam van Statebondspele in 1978.

Nege nasies het die Statebondspele tot dusver aangebied. 19 stede in sewe lande het die geleentheid aangebied. Australië het vyf Statebondspele (1938, 1962, 1982, 2006 en 2018) aangebied. Kanada het vier Statebondspele (1930, 1954, 1978 en 1994) aangebied. Twee stede het die Statebondspele meer as een keer aangebied: Auckland (1950, 1990) en Edinburg (1970, 1986).

Die Statebondspele is twee keer aan Suid-Afrikaanse stede toegeken (1934 aan Johannesburg en 2022 aan Durban), maar albei geleenthede is gekanselleer, in 1934 weens die diskriminasie teen Swart en Asiatiese Atlete deur die Suid-Afrikaanse regering en in 2022 weens die gebreek aan finansiële middels deur die gasheer. Hierdie Statebondspele is aan Londen (1934) en Birmingham (2022) toegewys.

Twee uitgawes van die Statebondspele is deur verskeie lande geboikot. Nigerië het die Statebondspele van 1978 in Edmonton in protes teen Nieu-Seeland se sportkontakte met apartheid-Suid-Afrika geboikot. Uganda het ook nie aan hierdie spele deelgeneem nie in protes teen beweerde Kanadese vyandigheid teen die regering onder Idi Amin. In 1986 het 32 van die 50 kwalifiserende lande die Statebondspele in Edinburg geboikot in protes teen die sportkontakte van die Verenigde Koninkryk onder Margaret Thatcher met apartheid-Suid-Afrika.

Uitslae wysig

Uitslae volgens jare wysig

UitgaweJaarGasheerGeopen deurBeginEindeSporteGebeureNasiesDeelnemersBeste nasie
Inter-Ryk Kampioenskappe
1911 Londen, EngelandGeorge V12 Mei1 Junie494Onbekend  Kanada
Britse Rykspele
I1930 Hamilton, KanadaLord Willingdon16 Augustus23 Augustus65911400  Engeland
II1934 Londen, Engeland[1]4 Augustus11 Augustus66816500  Engeland
III1938 Sydney, AustraliëLord Wakehurst5 Februarie12 Februarie77115464  Australië
1942 Montreal, KanadaGekanselleer as gevolg van die Tweede Wêreldoorlog[2]
1946 Cardiff, Wallis
IV1950 Auckland, Nieu-SeelandBernard Freyberg4 Februarie11 Februarie98812590  Australië
Britse Ryk en Statebondspele
V1954 Vancouver, KanadaHarold Alexander30 Julie7 Augustus99124662  Engeland
VI1958 Cardiff, WallisPhilip, Hertog van Edinburg18 Julie26 Julie994361122  Engeland
VII1962 Perth, Australië22 November1 Desember910435863  Australië
VIII1966 Kingston, Jamaika4 Augustus13 Augustus9110341050  Engeland
Britse Statebondspele
IX1970 Edinburg, SkotlandPhilip, Hertog van Edinburg16 Julie25 Julie9121421383  Australië
X1974 Christchurch, Nieu-Seeland24 Januarie2 Februarie9121381276  Australië
Statebondspele
XI1978 Edmonton, KanadaElizabeth II3 Augustus12 Augustus10128461474  Kanada
XII1982 Brisbane, AustraliëPhilip, Hertog van Edinburg30 September9 Oktober10142461583  Australië
XIII1986 Edinburg, SkotlandElizabeth II24 Julie2 Augustus10163261662  Engeland
XIV1990 Auckland, Nieu-SeelandEdward, Graaf van Wessex24 Januarie3 Februarie10204552073  Australië
XV1994 Victoria, KanadaElizabeth II18 Augustus28 Augustus10217632557  Australië
XVI1998 Kuala Lumpur, MaleisiëMahathir Mohamad11 September21 September15213703633  Australië
XVII2002 Manchester, EngelandElizabeth II25 Julie4 Augustus17281723679  Australië
XVIII2006 Melbourne, Australië15 Maart26 Maart16245714049  Australië
XIX2010 Delhi, IndiëPratibha Patil3 Oktober14 Oktober17272716081  Australië
XX2014 Glasgow, SkotlandElizabeth II23 Julie3 Augustus17261714947  Engeland
XXI2018 Goudkus, AustraliëCharles, Prins van Wallis4 April15 April19275714426  Australië
XXII2022 Birmingham, Engeland[3]28 Julie8 Augustus20280725054  Australië
XXIII2026 Victoria17 Maart29 Maart1675

Nota: Die Inter-Ryk Kampioenskappe van 1911 in Londen word as 'n voorloper vir die moderne Statebondspele beskou, maar word gewoonlik nie as 'n amptelike uitgawe van die Spele self beskou nie.[4]

Statebondspele volgens gashere wysig

Ligging van die spele en die deelnemende lande:

   Gasheerlande of beplande gasheerlande

   Ander lande, wat by die spele aangesluit het

   Lande, wat by die spele aangesluit en dit weer verlaat het

00 Gasheerstede met jaar van die spele
No.LandVastelandGetalJaar(e) aangebied
1  AustraliëOseanië61938, 1962, 1982, 2006, 2018, 2026
2  KanadaAmerikas41930, 1954, 1978, 1994
3  EngelandEuropa4(1911), 1934, 2002, 2022
4  Nieu-SeelandOseanië31950, 1974, 1990
 SkotlandEuropa31970, 1986, 2014
6  IndiëAsië12010
 MaleisiëAsië11998
 JamaikaAmerikas11966
 WallisEuropa11958

Verwysings wysig

  1. Oorspronklik aan Johannesburg, Suid-Afrika, toegeken
  2. (en) The Complete Book of The Commonwealth Games (Gold Coast Edition) by Graham Groom (2017)
  3. Oorspronklik aan Durban, Suid-Afrika, toegeken
  4. (en) "The Story of the Commonwealth Games". Commonwealth Games Federation. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Februarie 2018. Besoek op 16 April 2018.

Eksterne skakels wysig