Saab 21

Sweedse vegvliegtuig

Die Saab 21 is 'n Sweedse vegvliegtuig en die eerste vliegtuig wat eers met 'n suierenjin en later met 'n straalmotor aangedryf is. Hierdie vliegtuig was ontwerp om die verouderde V.S.A. en Italiaanse vegvliegtuie van die Sweedse Lugmag te vervang.

Saab 21
Saab J 21A-3
TipeVegvliegtuig
VervaardigerSaab AB
Ontwerp deurFrid Wänström
Nooiensvlug10 Maart 1947
Onttrek23 Julie 1954
StatusOnttrek
HoofgebruikerSweedse Lugmag
Vervaardig1945-1949
Aantal gebou298

Die J21A was suierenjin model, toegerus met 'n Daimler Benz-enjin en is in diens gestel in Junie 1945. Die enjin ontwerp was 'n stoot konfigurasie. Dit het ook oor 'n uitskietstoel beskik om te verseker dat persone wat uitspring nie in die skroef beland wat net 4.58 m agter die kajuit is nie.

Na ontwikkeling het die J21RA die lig gesien in 1949, toegerus met 'n straal motor. Die ontwikkeling was vertraag nadat tegniese probleme met die omskakeling ondervind was. Die straalmotor het die vliegtuig se topspoed met 160 km/h verbeter.

Daar was ook grondaanval modelle met beide enjins ontwikkel.

Tegniese besonderhede wysig

Besonderhede van die Saab J21RB:
ItemStatistiek
Aantal motors1
Tipe motorStraalmotor
Vervaardigerde Havilland Goblin 3 turbostraal
Kraglewering per motor1 500 kg stukrag
Vlerkspan11,6 m
Lengte10,45 m
Hoogte2,95 m
Vlerkoppervlakte22,2 m2
Maks. opstygmassa4 990 kg
Maks. snelheid800 km/h
Operasionele hoogte12 000m
Togafstand720km
Klimvermoë1 400 m per minuut
BewapeningEen 20 mm kanon en twee 13.2 mm masjiengewere in neus.

Ook twee masjiengewere in vlerke

Sien ook wysig

Bron wysig