Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2019


Suid-Afrikaanse politiek
Parlement van Suid-Afrika
Nasionale Vergadering
Nasionale Raad van Provinsies
President
Adjunkpresident
Ministers
Speaker van die Nasionale Vergadering
Opposisieleier
Politici
Politieke partye
Konstitusionele Hof
Hoogste Hof van Appèl
Hooggeregshof
Verkiesings

Die Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2019 is 'n algemene verkiesing wat op 8 Mei 2019[1] in Suid-Afrika plaasgevind het. Dit was die sesde volledig-demokratiese verkiesing sedert die einde van apartheid in 1994.

Huidige president Cyril Ramaphosa het die regerende African National Congress gelei, terwyl dié party probeer het om sy meerderheidsstatus te behou en Ramaphosa 'n volle ampstermyn as president te verseker. Sy voorganger, Jacob Zuma, het op 14 Februarie 2018 as president bedank en kon nie vir 'n derde termyn in die amp aanbly nie omdat die Grondwet van Suid-Afrika 'n president beperk tot 'n maksimum van twee vyfjaartermyne.

Die verkiesing van die Nasionale Vergadering is gewen deur die regerende ANC, maar met 'n verminderde meerderheid van 57,50%, teenoor die 62,15% behaal in die algemene verkiesing van 2014. Dit was ook die ANC se laagste stemaandeel sedert die einde van apartheid in 1994. Die amptelike opposisie, die Demokratiese Alliansie (DA), se stemaandeel het van 22,23% tot 20,77% gedaal, terwyl die teenkapitalistiese Economic Freedom Fighters aansienlik gegroei het, van 6,35% tot 10,79%. Die Vryheidsfront Plus se steun het ook gegroei van 0,9% tot 2,38%, wat die hoogste stemaandeel vir die party is sedert 1994.

Agt van die nege provinsiale wetgewers is deur die ANC gewen. Die EFF het sy posisie as amptelike opposisie in Limpopo en Noordwes behou, terwyl die party die Demokratiese Alliansie in Mpumalanga as amptelike opposisie vervang het. Die DA het 'n tweede plek behaal in vyf provinsies wat deur die ANC gewen is. In KwaZulu-Natal het die Inkatha Vryheidsparty die DA as amptelike opposisie vir die eerste keer sedert 2014 vervang en tot 3,88% steun op nasionale vlak gegroei. In die Wes-Kaap, die enigste provinsie wat nie deur die ANC gewen is nie, het die DA se steun van 59,38% tot 55,45% gedaal.

Agtergrond wysig

Volgens die Grondwet van Suid-Afrika moet 'n verkiesing minstens elke vyf jaar plaasvind. Die doel van die verkiesing is om 'n nuwe Nasionale Vergadering en provinsiale wetgewers te verkies. Die Nasionale Vergadering bestaan uit 400 lede wat deur eweredige verteenwoordiging verkies word en wat op hulle beurt die president van die land verkies. Die 2019-verkiesing is deur die Onafhanklike Verkiesingskommissie van Suid-Afrika behartig.

Deelnemende partye wysig

Nasionaal wysig

Die volgende lys van 48 partye het aan die algemene verkiesing van 2019 deelneem, en is deur die OVK op 20 Maart 2019 bekend gestel – 'n aansienlike vermeerdering teenoor die 26 partye wat in die 2014 verkiesing op nasionale vlak deelgeneem het. Partye word gelys in die volgorde waarin hulle op die stembrief verskyn het.[2]

Slegs provinsiaal wysig

Die volgende politieke partye het slegs aan die provinsiale verkiesing deel geneem:

Verkiesingsveldtog fokuspunte wysig

Korrupsie wysig

'n Demokratiese Alliansie-plakkaat in Kaapstad met die vermelding "hou die ligte aan" met verwysing na die energiekrisis wat die land raak as gevolg van probleme by die staatsbeheerde elektrisiteitsmonopolie Eskom.

Korrupsie binne die regering en ondernemings in staatsbesit was 'n beduidende verkiesingsvraagstuk met al drie die grootste partye wat oor die kwessie steunwerwing doen.[3][4] Die ANC het belowe om korrupsie binne die regering en sy eie party te beveg[3][4], terwyl dit ook stel dat dit die Zondo-kommissie van ondersoek ingestel het in staatskaping.[5]

Die DA wil 'n standaard 15-jaar tronkstraf oplê vir enigeen wat gevang is vir korrupsie en 'n nuwe teenkorrupsie-eenheid in die Nasionale Vervolgingsgesag (NGV) in te stel om politici en regeringsamptenare wat by wangedrag betrokke is, te ondersoek. Die EFF stel voor om die grondwet te verander om die Nasionale Vervolgingsgesag aan die Parlement, in plaas van die Nasionale Regering, aanspreeklik te maak.[6]

Grondhervorming wysig

Grondhervorming was ook 'n belangrike veldtogskwessie waarop die drie grootste politieke partye gefokus het. Die ANC het belowe om grond herverdeling te versnel deur onteiening op 'n manier wat nie voedselveiligheid negatief sal beïnvloed nie. Die EFF-veldtog vir staatsbesit oor alle grond en die afskaffing van huurgeld terwyl die DA veldtog het om eiendomsregte te versterk, maar terselfdertyd die implementering van 'n grondhervormingsprogram wat toegang tot grondbesit verhoog.[3][4] Die Vryheidsfront Plus (VF +) en die Congress of the People (COPE) en baie ander partye is sterk gekant teen onteiening van grond sonder vergoeding. COPE en AfriForum het sedertdien 'n vennootskap tot stand gebring in hul teenkanting teen die omstrede beleid.[7][8]

Ekonomiese groei wysig

Die ANC het aangekondig dat dit ekonomiese groei en werkloosheid vermindering die party se hoofveldtog vraagstukke sal maak tydens die verkiesing.[9] 'n Besondere fokus vir die ANC was op jeugwerkloosheid[10], met 'n belofte om 275 000 nuwe werksgeleenthede per jaar vir die volgende vyf jaar te skep en R1,2 biljoen in beleggings te lok.[4] Ander partye het ook gefokus op werkskepping met die DA wat ekonomiese hervormings belowe om groei aan te moedig en die groei van klein ondernemings te bevorder. Die DA-leier Mmusi Maimane het gepleit vir 'n werk in elke huishouding, terwyl die EFF spesiale ekonomiese sones beloof het om buitelandse beleggings te lok.[3][11]

Misdaad wysig

'n Aantal partye het veldtogte gevoer oor die kwessie van misdaad en hoe om dit te hanteer. Die ANC het belowe om die polisiemag te versterk deur beter opleiding en werwing van meer beamptes terwyl hulle ook fokus op die hantering van geslagsgebaseerde geweld.[12] Die DA het gepleit vir die skepping en versterking van plaaslike vlak polisiemagte in plaas van bestaande regeringsbeleid wat op die nasionale vlak van die Suid-Afrikaanse Polisiediens fokus.[13] Die EFF belowe harder vonnise vir oortreders en om die polisiemag betekenisvol uit te brei.[14] Die Inkatha Vryheidsparty (IVP)[15], die African Covenant[16] en die African Transformation Movement (ATM)[17] beywer hulle vir die terugbring van die doodstraf.

Elektrisiteitskrisis wysig

Beurtkrag en elektrisiteitsonderbrekings veroorsaak deur langdurige en voortdurende probleme as gevolg van wanbestuur en korrupsie by die staatsbeheerde Eskom was 'n verkiesingsvraagstuk wat die DA teen die gevestigde ANC aangevoer het. Mmusi Maimane en die DA se Wes-Kaapse premierkandidaat, Alan Winde, het die Wes-Kaap aangespoor om sy elektrisiteitsvoorsiening van onafhanklike kragprodusente (IPP's) te verkry. ANC-president Cyril Ramaphosa het gesê dat Suid-Afrika die elektrisiteitskrisis sal oorkom.[18][19][20]

Afloop van stemming wysig

Internasionale spesiale stemme wysig

Kiesers in die buiteland het op 27 April 2019 hul stemme uitgebring.[21] 29 334 Suid-Afrikaners was geregistreer om in die buiteland te stem.[22] Die oorsese stembriewe is op 8 Mei 2019 saam met die plaaslike stemme getel.[23][24]

Spesiale stemme wysig

Die plaaslike spesiale stemfase van die verkiesing het plaasgevind vanaf 6-7 Mei 2019, waartydens Suid-Afrikaners wat fisies ongesteld, gestremd of swanger is, of nie by hul stemlokaal kon stem op stemdag nie, kon vooraf stem.[25] Die registrasie vir spesiale stemme het plaasgevind vanaf 4-18 April 2019.[26] Meer as 770 000 kiesers het vir spesiale stemme geregistreer.[27] Aartsbiskop Emeritus Desmond Tutu en sy vrou Leah het hul spesiale stemme op 6 Mei uitgebring.[28][29]

Stemdag wysig

Die stemproses het relatief glad verloop by 22 925 stemlokale in Suid-Afrika. Lokale het om 7:00 oopgemaak. Teen 11:30 het die OVK aangekondig dat 17 stemlokale nie oopgemaak het nie, waarvan 14 in die KwaZulu-Natal geleë was. Altesaam 5 stemlokale het nie op stemdag gefunksioneer nie. Die Kommissie het voortgesette gemeenskapsonrus vir die situasie verantwoordelik gehou. Stemlokale het om 21:00 gesluit waarna die tellery van stemme begin het.[30][31][32][33]

Insidente wysig

Negentien mense is in drie KwaZulu-Natalse munisipaliteite in hegtenis geneem weens beweerde dubbel stemmery.[34] 'n Bejaarde persoon het op stemdag gesterf terwyl sy wou stem. 'n Oos-Kaapse adjunk-verkiesingsamptenaar het ook gesterf.[35]

Meningspeilings wysig

StemdagorganisasieVeldwerkdatumSteekproefgrootteANCDAEFFIVPVF+ACDPAnderOnthouding/Weet nie/Geen antwoord nieLeiding
Ipsos Geargiveer 18 September 2020 op Wayback Machine1 Feb 2019—4 Mar 20193 51161181022111043
IRR12 Feb 2019–26 Feb 20191 61154,721,812,22,71,70,78,82,532,9
Afric Geargiveer 1 April 2019 op Wayback Machine29 Jan 2019—8 Feb 20191 50158,19,816,70,90,23,511,941,4
Ipsos Geargiveer 13 September 2020 op Wayback Machine23 Okt 2018—4 Des 20183 571611492111147
IRR26 Nov—4 Des 20181 0175618113123638
AfrobarometerAug—Sep 20181 800481111122837
IRR Geargiveer 24 September 2018 op Wayback Machine22 Aug—4 Sep 20189785223133122229
Ipsos Geargiveer 25 September 2020 op Wayback Machine20 Apr—7 Jun 20183 73860137111847
Ipsos Geargiveer 13 September 2020 op Wayback MachineMei 20173 4714721532426
2016 se munisipale verkiesingsuitslae3 Augustus 201614 910 81753,326,88,14,20,80,46,4n.v.t.26,5
2014 se algemene verkiesingsuitslae7 Mei 2014n.v.t.62,222,26,42,40,90,65,3n.v.t.40

Verkiesingsuitslae wysig

Parlement wysig

e • d 
PartyStemme%+/−Setels+/−
lysAfrican National Congress10,026,47557.50 4.65230 19
lysDemokratiese Alliansie3,621,18820.77 1.3684 5
lysEconomic Freedom Fighters1,881,52110.79 4.4444 19
lysInkatha-Vryheidsparty588,8393.38 0.9814 4
lysVryheidsfront Plus414,8642.38 1.4810 6
lysAfrika Christen Demokratiese Party146,2620.84 0.274 1
lysUnited Democratic Movement78,0300.45 0.552 2
lysAfrican Transformation Movement76,8300.44Nuut2Nuut
lysGOOD70,4080.40Nuut2Nuut
lysNational Freedom Party61,2200.35 1.222 4
lysAfrican Independent Congress48,1070.28 0.252 1
lysCongress of the People47,4610.27 0.402 1
lysPan Africanist Congress of Azania32,6770.18 0.021 0
lysAl Jama-ah31,4680.18 0.041 1
lysAfrican Security Congress26,2630.15Nuut0Nuut
lysSocialist Revolutionary Workers Party24,4390.14Nuut0Nuut
lysBlack First Land First19,7960.11Nuut0Nuut
lysAfrican People's Convention19,5930.11 0.060 1
lysAfrikan Alliance of Social Democrats18,8340.11Nuut0Nuut
lysCapitalist Party of South Africa15,9150.09Nuut0Nuut
lysAlliance for Transformation for All14,2660.08Nuut0Nuut
lysAgang13,8560.08 0.200 2
lysAzanian People's Organisation12,8230.07 0.040 0
lysIndependent Civic Organisation of South Africa12,3860.07 0.010 0
lysMinority Front11,9610.07 0.050 0
lysDemocratic Liberal Congress10,7670.06Nuut0Nuut
lysBetter Residents Association9,1790.05 0.030 0
lysForum for Service Delivery8,5250.05Nuut0Nuut
lysFront Nasionaal7,1440.04 0.010 0
lysLand Party7,0740.04Nuut0Nuut
lysAfrican Covenant7,0190.04Nuut0Nuut
lysPatriotic Alliance6,6600.04 0.030 0
lysAfrican Democratic Change6,4990.04Nuut0Nuut
lysEconomic Emancipation Forum6,3190.04Nuut0Nuut
lysWomen Forward6,1080.04Nuut0Nuut
lysChristian Political Movement4,9800.03Nuut0Nuut
lysAfrican Content Movement4,8410.03Nuut0Nuut
lysInternational Revelation Congress4,2470.02Nuut0Nuut
lysNational People's Front4,0190.02Nuut0Nuut
lysAfrican Renaissance Unity Party3,8600.02Nuut0Nuut
lysAfrican Congress of Democrats3,7680.02Nuut0Nuut
lysSouth African National Congress of Traditional Authorities3,7140.02Nuut0Nuut
lysCompatriots of South Africa3,4060.02Nuut0Nuut
lysPeople's Revolutionary Movement2,8440.02Nuut0Nuut
lysPower of Africans Unity2,6850.02Nuut0Nuut
lysFree Democrats2,5800.01Nuut0Nuut
lysSouth African Maintenance and Estate Beneficiaries Association2,4450.01Nuut0Nuut
lysNational People's Ambassadors1,9790.01Nuut0Nuut
Totaal17,436,144100.00400
Geldige stemme17,436,14498.67
Bedorwe stemme235,4721.33
Stemme uitgebring17,671,616100.00
Geregistreerde kiesers opkoms26,779,02565.99
Bron: IEC

Verwysings wysig

  1. Joubert, Jan-Jan (7 Februarie 2019). "Stemdag is 8 Mei". Maroela Media. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2020. Besoek op 19 April 2019.
  2. Nemakonde, Vhahangwele (20 Maart 2019). "Here is a list of the 48 political parties contesting 2019 elections". The Citizen (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2020. Besoek op 19 April 2019.
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 Writer, Staff. "ANC vs DA vs EFF: promises on land reform, jobs and fighting corruption". businesstech.co.za (in Engels (VSA)). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2020. Besoek op 4 April 2019.
  4. 4,0 4,1 4,2 4,3 Amogelang Mbatha and Mike Cohen (2 Maart 2019). "What SA's main political parties are promising voters". Fin24 (in Engels). Bloomberg. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2020. Besoek op 4 April 2019.
  5. "ANALYSIS: No, the ANC did not establish the Zondo commission". News24 (in Engels). 27 Maart 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2020. Besoek op 4 April 2019.
  6. ANC vs DA vs EFF: promises on land reform, jobs and fighting corruption. Retrieved on 17 April 2019.
  7. Dismal land policy 'will drive a million voters to Freedom Front Plus'. Retrieved on 17 April 2019.
  8. AfriForum, COPE team up to fight land expropriation without compensation Geargiveer 17 April 2019 op Wayback Machine. Retrieved on 17 April 2019.
  9. "Ramaphosa focuses on economy in speech". eNCA (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2020. Besoek op 4 April 2019.
  10. Ngcobo, Ziyanda. "ANC outlines its plan to boost SA economy". ewn.co.za (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2020. Besoek op 4 April 2019.
  11. Maimane dreams of a job in every home at the DA's manifesto launch Geargiveer 17 April 2019 op Wayback Machine. Retrieved on 17 April 2019.
  12. "The ANC`s 2019 election manifesto – DOCUMENTS | Politicsweb". www.politicsweb.co.za. Besoek op 9 April 2019.
  13. Felix, Jason. "Maimane: DA won't stop fighting for provincial police service". ewn.co.za (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2020. Besoek op 9 April 2019.
  14. "The EFF`s 2019 election manifesto (II) – DOCUMENTS | Politicsweb". www.politicsweb.co.za. Besoek op 9 April 2019.
  15. https://ewn.co.za/2019/03/21/death-penalty-subsidised-public-transport-here-s-what-ifp-manifesto-says
  16. https://www.dailymaverick.co.za/article/2019-03-22-the-crib-sheet-to-the-political-parties-contesting-the-2019-polls-part-one/
  17. "From the death penalty to scrapping low pass marks: Manyi's ambitions for the ATM". www.timeslive.co.za (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2020.
  18. "Eskom's nine circles of hell, and election politics". www.msn.com. Besoek op 1 April 2019.
  19. Government 'fumbling in the dark' for solutions to Eskom crisis – DA Geargiveer 17 April 2019 op Wayback Machine.
  20. Western Cape wants to 'break free from Eskom energy stranglehold' – Maimane Geargiveer 28 Maart 2019 op Wayback Machine.
  21. "Stemtye verleng by vier oorsese punte". Maroela Media. 18 April 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Januarie 2020. Besoek op 19 April 2019.
  22. "Soveel Suid-Afrikaners stem op Vryheidsdag in die buiteland". Maroela Media. 27 April 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Augustus 2019. Besoek op 28 April 2019.
  23. South Africans abroad head to the polls Geargiveer 27 April 2019 op Wayback Machine.
  24. Polls open abroad as SA expats cast votes Geargiveer 27 April 2019 op Wayback Machine.
  25. Special voting a trial run for election day, says IEC
  26. 2019 Elections: Special vote applications to end at midnight on Thursday – IEC Geargiveer 6 Mei 2019 op Wayback Machine.
  27. Special votes (in South Africa) Geargiveer 8 Mei 2019 op Wayback Machine.
  28. Elections 2019: South Africa wraps up first day of special vote.
  29. Desmond Tutu casts special vote Geargiveer 6 Mei 2019 op Wayback Machine.
  30. Election results could be delayed due to claims of double voting.
  31. 2019 National Elections: when you can expect the full results.
  32. 2019 National and Provincial Elections.
  33. 5 voting stations remain shut on Election Day.
  34. 19 arrested in KZN for 'double voting' Geargiveer 12 Mei 2019 op Wayback Machine.
  35. ANC saddened by death of second elderly person at polls.

Eksterne skakels wysig