Nooienskokerboom
Die nooienskokerboom (Aloidendron ramosissimum), voorheen Aloe ramosissima, is 'n plant wat deel is van die Aloidendron genus. Die plant kom in die Noord-Kaap en Namibië voor, meer spesifiek die Richtersveld. Die plant is geklassifiseer as 'n boom en sy FSA-nommer is 30.2[1]
Nooienskokerboom | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eensaadlobbiges |
Orde: | Asparagales |
Familie: | Asphodelaceae |
Subfamilie: | Asphodeloideae |
Genus: | Aloidendron |
Spesie: | A. ramosissimum |
Binomiale naam | |
Aloidendron ramosissimum (Pillans) Klopper & Gideon F.Sm., (2013) | |
Voorkoms van onder andere die Nooienskokerboom (donkerblou) | |
Sinonieme | |
|
Die boom toon baie ooreenkomste met die kokerboom Aloidendron dichotomum en is een van die spesies in die aalwynfamilie wat die meeste takke het. Die boom word tot 2 m hoog en wyd. Die stamme is glad en bedek met 'n wasagtige poeier wat soos 'n sonskerm werk. Die takke eindig in langwerpige blare wat tot 200 mm lank is, die blare is grysgroen of geelgroen soms met 'n pienk skynsel.
Die boom blom van Junie tot Augustus. Die bloeiwyse is heldergeel en word tot 200 mm lank.
Galery wysig
Sien ook wysig
Verwysings wysig
Bronne wysig
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladSpesiaal:Onlangse wysigingsVarkgriepAardverwarmingNazi-DuitslandCarles PuigdemontDroogteErfenisdag (Suid-Afrika)WerkersdagWikipedia:Wat Wikipedia nie is nieAardbewingLydia WinchesterHolocaustSuid-AfrikaSeksSkoenlapperAdolf HitlerApartheidNelson MandelaMarie AntoinetteTropiese sikloonSwangerskapWaterbesoedelingLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaKlimaatsverandering in Suid-AfrikaIntensiewe vormMieliestronkRobbeneilandErfenisWiki HowVlekvrye staalWilna SnymanTweede WêreldoorlogMenseregteGeweldThys die BosveldklongVulkaanAntoniem