Ministro Pistarini Internasionale Lughawe

Ministro Pistarini Internasionale Lughawe, ook bekend as Ezeiza Internasionale Lughawe vanweë sy ligging in Ezeiza in Groter Buenos Aires, is 'n internasionale lughawe 22 km suid-suidwes van die outonome stad Buenos Aires, die hoofstad van Argentinië in Suid-Amerika. Dit beslaan 3 475 hektaar, en is een van twee kommersiële lughawens wat Buenos Aires en sy metropolitaanse gebied bedien, saam met Aeroparque Jorge Newbery. Pistarini-lughawe is die land se grootste internasionale lughawe volgens die aantal passasiers wat hanteer word — 85% van internasionale verkeer — en is 'n spilpunt vir internasionale vlugte van Aerolíneas Argentinas, wat ook binnelandse dienste vanaf die lughawe bedryf. Dit word sedert 1998 deur Aeropuertos Argentina 2000 S.A. bedryf.

Ministro Pistarini
Internasionale Lughawe

Aeropuerto Internacional Ministro Pistarini
Aeropuerto Internacional de Ezeiza
IATA: EZEICAO: SAEZ
Opsomming
Tipe lughaweOpenbaar
Eienaar/OperateurAeropuertos Argentina 2000
BedienBuenos Aires metropolitaanse area
LiggingEzeiza, Argentinië
Geopen30 April 1949; 75 jaar gelede (1949-04-30)
Spil virAerolíneas Argentinas, Flybondi
TydsoneArgentynse Standaardtyd (UTC-03:00)
Hoogte bo seevlak20.5 m / 67 vt
Koördinate34°49′20″S 58°32′09″W / 34.82222°S 58.53583°W / -34.82222; -58.53583
Webtuistewww.aa2000.com.ar/ezeiza
Landkaart
EZE is in Argentinië
EZE
EZE
Ligging in Argentinië
Aanloopbane
RigtingLengteOppervlak
mvt
11/293 30010 828Asfalt
17/353 10510 187Asfalt
Statistieke (2022)
Totale Passasiers5 591 598
Bronne: AIP, EANA,[1] ORSNA,[2] WorldAeroData,[3] Empresa Argentina de Navegación Aérea statistics for 2018[4] [5]

Visumfooiheffing

wysig

Sedert Desember 2012, word op burgers van lande wat 'n toegangsvisum vir Argentynse burgers benodig  – insluitend Australië en Kanada  – 'n "wederkerigheidsfooi" gehef om Argentinië binne te kom, gelykstaande aan die bedrag wat die lande vir Argentynse burgers vra vir 'n visum. Tot Desember 2012 is die belasting ingevorder in Argentynse pesos of Amerikaanse dollar, by die lughawe; sedertdien moet die belasting vooraf aanlyn betaal word uit die land van herkoms. Sedert 23 Augustus 2016 het die Argentynse regering (Presidensiële Dekreet No. 959/2016 [6]) besluit om die invordering van die wederkerigheidsfooi van Amerikaanse paspoorthouers wat die land vir minder as 90 dae besoek, vir toeriste- of besigheidsdoeleindes, op te skort.[7]

Operasies

wysig

In Oktober 2012 het die Ezeiza-lughawe die hoogste jaarlikse verkeersgroei aangeteken van al die lughawens wat deur Aeropuertos Argentina 2000 bedryf word.[8] Vir hierdie maand het die lughawe 767 824 passasiers hanteer, 'n toename van 10,9% vergeleke met die vorige Oktober; die volume internasionale en binnelandse verkeer vir Oktober 2012 het onderskeidelik met 8,7% en 108,3% op 'n jaargrondslag toegeneem.[9] In die geheel het 2012-verkeersyfers vir die lughawe 'n toename van 7,3% teenoor die vorige jaar aangedui. Syfers vir Julie 2013 het getoon dat die lughawe 688 397 passasiers hanteer het, 'n afname van 8,9% teenoor die vorige jaar.[10]

Statistiek

wysig
Verkeer volgens kalenderjaar.
PassasiersVerandering vanaf vorige jaarVliegtuig-
bewegings
VeranderingVrag
(metrieke ton)
Verandering
20056 365 989 14,3%62 048 6,1%177 358 1,4%
20066 867 596 7,9%63 693 2,7%187 415 5,7%
20077 487 779 9,0%70 576 10,8%204 909 9,3%
20088 012 794 7,0%71 037 0,7%205 506 0,3%
20097 910 0481,3%67 4885,0%162 80620,8%
20108 786 807 11,1%65 0633,6%212 890 31,0%
Bron: Airports Council International. Wêreldlughaweverkeerstatistieke (2005–2010)
Besigste internasionale roetes van en na Ezeiza (2017) [11]
RangStadPassasiers
1Santiago, Chili1 130 000
2Miami, VSA1 001 000
3Lima, Peru896 000
4Madrid, Spanje815 000
5São Paulo, Brasilië739 000
6Rio de Janeiro, Brasilië654 000
7Bogotá, Colombia372 000
8Rome, Italië332 000
9New Yorkstad329 000
10Panamastad, Panama275 000

Fotogalery van terminale

wysig

Verwysings

wysig
  1. Tablero 2017 Aeropuerto Internacional Ministro Pistarini Geargiveer 31 Maart 2019 op Wayback Machine (in Spaans) EANA.
  2. Movimiento operacional de los aeropuertos del Sistema Nacional (TOTAL 2017) [dooie skakel] (in Spaans) ORSNA.
  3. "Airport information for Ministro Pistarini Airport". World Aero Data. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Maart 2019.{{cite web}}: CS1 maint: unfit URL (link)
  4. "Tablero 2018 Aeropuerto Internacional Ministro Pistarini" (PDF) (in Spaans). Empresa Argentina de Navegación Aérea (EANA). Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 12 Januarie 2019. Besoek op 19 Januarie 2019.
  5. "Movimiento de pasajeros y pasajeras en el Aeropuerto Internacional de Ezeiza por nacionalidad. Ciudad de Buenos Aires. Enero de 2012/febrero de 2023 | Estadística y Censos". Besoek op 15 April 2023.
  6. "Disfruta de Reciprocity fee for US citizens". Argentina Embassy in Washington (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Februarie 2017. Besoek op 7 Februarie 2017.
  7. "Argentina". travel.state.gov (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Februarie 2017. Besoek op 7 Februarie 2017.
  8. "Aeropuertos Argentina 2000 reports 13% pax increase in Oct-2012". Centre for Aviation. 14 November 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Junie 2013. Besoek op 14 November 2012.
  9. "El tráfico de pasajeros aumentó el 9,3 por ciento en los primeros diez meses del año" [Passenger traffic rose 9.3% in the first ten months of the year] (in Spaans). Centre for Aviation. 14 November 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 September 2018. Besoek op 14 November 2012.
  10. "Aeropuertos Argentina: El tráfico de pasajeros creció el 5,7 por ciento en julio" [Aeopuesrtos Argentina: Passenger traffic grew 5.7% in July] (in Spaans). Centre for Aviation. 19 Augustus 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Oktober 2018.
  11. "Anuario Estadístico 2017" [Statistical Yearbook 2017] (PDF) (in Spaans). Argentine Ministry of Transport. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 5 April 2018. Besoek op 30 September 2019.