Leinster Rugby

Leinster Rugby ((ga) Rugbaí Laighean) is een van die vier professionele rugbyspanne op die Ierse eiland. Hulle ding mee in die Guiness Pro14, Europese Rugbykampioenebeker, Europese Rugbyuitdaagbeker. Die span verteenwoordig die IRVU Leinster-tak, wat een van die vier hooftakke van die IRVU is, en is verantwoordelik vir rugby in die geografiese provinsie van Leinster. Leinster is die suksesvolste van die Ierse spanne.

Leinster
UnieIerse Rugbyvoetbalunie
Stigting1879
StadionRDS Arena, Dublin
Aviva-stadion, Dublin
Kapasiteit18 500
51 700
Afrigter(s)Vlag van Ierland Leo Cullen
Kaptein(s)Vlag van Fidji Isa Nacewa
Liga(s)Guiness Pro14
2017-’18Kampioen (2de na rondomtalie)
Spankleure


Alt. kleure

Statistiek
Meeste wedstryde257 Gordon D’Arcy
Meeste punte1 538 Jonathan Sexton
Meeste drieë69 Shane Horgan
Amptelike webwerf
www.leinsterrugby.ie

Leinster se tuiswedstryde word op die RDS Arena en die Aviva-stadion, wanneer die RDS nie voldoende is nie,[1] in Dublin gespeel en daar is plek vir onderskeidelik 18 500 en 51 700 toeskouers. Voordat die RDS Arena in 2005 Leinster se tuisveld geword het, was Donnybrookstadion die tuisveld. Die span speel hoofsaaklik in blou en die span se wapen bestaan uit ’n harp, na aanleiding van die vlag van Leinster, binne ’n rugbybal.

Leinster het, soos die ander Ierse spanne, in 1995 professioneel geword en neem sedert 2001 aan die Pro14 en sy verskeie voorgangers (naamlik Pro12, Magners-liga en Keltiese Liga) deel en hulle het daarvoor om die Ierse provinsiale kampioenskap meegeding.[2] ”Leinster A” neem aan die Britse en Ierse Beker deel. Leinster het reeds vier keer die Pro14 gewen en was drie keer die Europese kampioene.

Kleure en wapen wysig

Die vlag van die Provinsie Leinster

Die huidige wapen is in 2005 in gebruik geneem aangesien Leinster Rugby nie kopiereg op die worige wapen gehad het nie. Die nuwe gestileerde wapen is spesifiek vir Leinster Rugby ontwerp omdat dit die harp en ’n rugbybal insluit.[3] Die Leinster Rugby-wapen is te sien op alle ampteliks klubhandelsware, insluitend replikatruie.

Die provinsie se huidige drag is blou met ’n wit harp en twaalf vlootblou lyne wat die twaalf distrikte van Leinster voorstel. Hul sekondêre drag is vir met ’n blou harp en twaalf blou lyne.

Die Leinstertrui bevat ook drie sterre bo die wapen om die drie Europese Beker-titels wat die provinsie tot op hede gewen het, voor te stel.

Tuisvelde wysig

RDS Arena wysig

Leinster se huidige tuisveld is die RDS Arena.[4] Die eerste wedstryde op die RDS Arena is gedurende die 2006-’07-Heinekenbekerseisoen hier gespeel. Teen die volgende seisoen is al die span se wedstryde daarheen verplaas. Sedert Leinster daar begin speel het, is die stadion herontwikkel. Die arena bied plek vir 18 500 toeskouers waarvan die meeste sitplekke is. Aangesien die RDS ’n perdespringarena bly, kan die noordelike en suidelike paviljoene verwyder word. ’n dak is gebou om die hoofpaviljoen oorkant die voorafbestaande Angleseapaviljoen te bedek.[5] Die RDS sal tot 2027 Leinster se tuisveld wees na ’n ooreenkoms wat in 2007 onderteken is.[6]

In Julie 2014 is ’n ontwerpskompetisie vir die ontwikkeling van die arena in ’n wêreldgehalte- 25 000-sitplek stadion, deur die RDS en Leinster Rugby aangekondig, met werk wat in April 2016 ’n aanvang sou neem.[7] Die verkoop van die naamsregte was ’n sleutelkomponenet in die befondsing van die projek met aanvanklike voorgestelde begroting van €20 miljoen.[8]

Binne die RDS Arena voor ’n Leinsterwedstryd

Aviva-stadion wysig

Aviva-stadion voor ’n Leinsterwedstryd

Vir groot wedstryde waarin die RDS Arena nie aan genoegsame sitplek kan voorsien nie, speel Leinster hul wedstryde op die Aviva-stadion wat sitplek vir 51 700 mense het. Dit is dikwels belngrike wedstryde in die Europese Beker of die Pro14 teen plaaslike teenstanders. Hulle het in 2010 hul eerste tuiswedstryd aldaar teen Munster gespeel met die stadion wat vir die eerste keer volgepak was.[9] Leinster was tot in Desember 2012 onoorwonne op die Aviva-stadion toe hulle met 21-28 teen Clermont verloor het.

Donnybrookstadion wysig

Donnybrookstadion

Leinster se tradisionele tuiste oor die jare was Donnybrookstadion in Dublin. Donnybrook bestaan uit ’n enkele onderdakstadion en drie oop terrasse. Om groeiende toeskouergetalle tegemoet te kom, het Leinster na die RDS Arena geskuif; die 6 000 sitplekke op Donnybrook het te min geraak.[10] Om hierdie rede het Dublin ’n langtermynhuurooreenkoms met die Koninklike Dublingenootskap aangegaan om hul tuiswedstryde op die RDS Arena te speel. Donnybrook is egter intussen opgeknap met ’n herbou van die hoofpaviljoen in 2008[11] en bly ’n belangrike plek vir rugby in Dublin.[12]

Weens beperkte spasie is dit onwaarskynlik dat Donnybrook verder ontwikkel sal word. Leinster A speel egter steeds hul wedstryde om die Britse en Ierse Beker op die stadion en die seniorspan speel steeds voorseisoen- vriendskaplike wedstryde op die stadion. Die meeste wedstryde om die Leinster Skolebeker word ook op die stadion gespeel.[13][14]

Seisoenbepalings wysig

Keltiese Liga/Pro12/Pro14 wysig

SeisoenPosGespeelGewenGelykVerloorBPPunteNotas
2001-’021ste (Poel A)7700021Wen in eindstryd teen Munster
2002-’035de (Poel B)7304618
2003-’048ste229112947
2004-’053de201217757
2005-’062de2014061074
2006-’073de2012171161
2007-’081ste181314761Geen uitspeelrondtes. Wen op ligapunte.
2008-’093de181116652
2009-’101ste181305355Verloor in eindrondte teen Ospreys
2010-’112de221516870Verloor in eindrondte teen Munster
2011-’121ste221813781Verloor in eindrondte teen Ospreys
2012-’132de2217051078Wen teen in eindrondte Ulster
2013-’141ste2217141282Wen in eindrondte teen Glasgow Warriors
2014-’155de2211381262
2015-’161ste221606973Verloor in eindrondte teen Connacht
2016-’172de2218041385Verloor in halfeindrondte teen Scarlets
2017-’182de2114161270Wen in eindstryd teen Scarlets
2018-’193de2115151476

Heinekenbeker/Rugbykampioenebeker wysig

SeisoenPoel/RondtePosGespeelGewenGelykVerloorBPPunteNotas
1995-’96Poel C1ste22004Verloor in halfeindrondte teen Cardiff
1996-’97Poel B3de42024
1997-’98Poel A3de62044
1998-’99Poel A4de62044
1999-’00Poel 12de64028
2000-’01Poel 12de63127
2001-’02Poel 61ste650110Verloor in kwarteindrondte teen Leicester Tigers
2002-’03Poel 41ste660012Verloor in halfeindrondte teen Perpignan
2003-’04Poel 32de6402218
2004-’05Poel 41ste6600226Verloor in kwarteindrondte teen Leicester Tigers
2005-’06Poel 52de6402622Verloor in halfeindrondte teen Munster
2006-’07Poel 21ste6402521Verloor in kwarteindrondte teen London Wasps
2007-’08Poel 63de6303012
2008-’09Poel 21ste6402420Wen in eindrondte teen Leicester Tigers
2009-’10Poel 61ste6411422Verloor in halfeindrondte teen Toulouse
2010-’11Poel 21ste6501424Wen in eindrondte teen Northampton Saints
2011-’12Poel 31ste6510224Wen in eindrondte teen Ulster
2012-’13Poel 52de6402420
2013-’14Poel 11ste6501222Verloor in kwarteindrondte teen Toulon
2014-’15Poel 21ste6411220Verloor in halfeindrondte teen Toulon
2015-’16Poel 54de610526
2016-’17Poel 41ste6411523Verloor in halfeindrondte teen Clermont

Europese Rugbyuitdaagbeker wysig

SeisoenPoel/RondtePosGespeelGewenGelykVerloorBPPunteNotas
2012-’13Wen in eindrondte teen Stade Français

Huidige span wysig

Leinster se span vir die 2017-’18-seisoen:

Stutte

Hakers

Slotte

 

Losvoorspelers

Skrumskakels

Losskakels

 

Senters

Vleuels

Heelagters

Eksterne skakel wysig

Verwysings wysig

  1. "Leinster gaan twee wedstryde op Aviva speel". The Irish Times (in Engels). 8 Augustus 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Oktober 2012. Besoek op 18 Augustus 2010.
  2. (en) "Ierse Interprovinsiale rugbykampioenskap". BBC Sport. 1 September 2000. Besoek op 14 Julie 2012.
  3. (en) About Leinster Rugby:Harp Geargiveer 21 Desember 2010 op Wayback Machine Leinster Rugby
  4. (en) RDS Arena, Dublin WorldStadia.com
  5. (en) Hoofpaviljoendak gereed vir nuwe seisoen Leinster Rugby, 19 Julie 2008
  6. (en) http://www.leinsterrugby.ie/olsc/6278.php
  7. (en) http://www.leinsterrugby.ie/news/12157.php#.U_xnJ2O9aFE
  8. (en) http://thescore.thejournal.ie/leinster-rds-stadium-redeveloped-1566090-Jul2014/?&r_dir_d=1
  9. (en) http://www.universityobserver.ie/2010/10/02/spirited-leinster-overcome-munster-at-the-aviva-stadium/ Geargiveer 5 Januarie 2015 op Wayback Machine
  10. (en) Sport hou aan tel Geargiveer 21 Julie 2011 op Wayback Machine Marketing – Ierland se Maandelikse Bemarking- & Mediatydskrif
  11. (en) Aanwysings & Kaarte: Hoe om ons op te spoor Leinster Rugby
  12. "About Leinster Rugby: The Branch" (in Engels). Leinster Rugby. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Oktober 2016. Besoek op 28 Augustus 2014.
  13. (en) Leinster benoem span vir Queensland Geargiveer 1 September 2008 op Wayback Machine RTÉ Sport, 29 Augustus 2008
  14. (en) Kaartjie oor vir London Irish op Vrydag… Leinster Rugby, 24 Augustus 2009