Connacht Rugby

Ierse provinsiale rugbyspan

Connacht Rugby ((ga) Rugbaí Connachta) is een van die vier professionele rugbyspanne op die Ierse eiland. Hulle ding mee in die Guiness Pro14, Europese Rugbykampioenebeker, Europese Rugbyuitdaagbeker. Die span verteenwoordig die IRVU Connacht-tak, wat een van die vier hooftakke van die IRVU is, en is verantwoordelik vir rugby in die geografiese provinsie van Connacht.

Connacht
UnieIerse Rugbyvoetbalunie
Bynaam(e)Die Duiwel S’n
Stigting1885
StadionGalway Sportgronde, Galway
Kapasiteit8 100
Afrigter(s)Vlag van Nieu-Seeland Kieran Keane
Kaptein(s)John Muldoon
Liga(s)Guiness Pro14
2017-’1811de
Spankleure


Alt. kleure

Statistiek
Meeste wedstryde303 John Muldoon
Meeste punte688 Ian Keatley
Meeste drieë42 Fionn Carr
Amptelike webwerf
www.connachtrugby.ie

Connacht se tuiswedstryde word op die Galway Sportgronde gespeel en daar is plek vir 8 100 toeskouers.[1] Connacht speel in ’n oorwegend groen-en-blou trui, groen broek en groen-en-wit kouse. Die wapen van Connacht Rugby is ’n aangepaste weergawe van die provinsiale vlag van Connacht en bestaan uit ’n gehalveerde arend en arm wat ’n swaard vashou.

Met slegs 7% van die totale aantal Ierse rugbyspelers het Connacht ’n baie kleiner spelerbasis om van te kies as die ander drie provinsies, gedeeltelik weens die klein bevolking van die provinsie en die relatiewe gewildheid van sportsoorte van die Gaeliese Atletiekvereniging soos Gaeliese voetbal en hurling. Rugby in Connacht het egter uitgebrei met groter kaartjieverkope[2] veral in Connacht se eerste seisoen van deelname aan die Heinekenbeker. Deur die pogings van die Connacht-tak van die IRVU het die provinsie ook in skooldeelname en ouderdomsgroepe gegroei deur inisiatiewe soos die Grassroots to Greenshirts-veldtog.[3] Die Connacht Eagles, ’n ontwikkelingspan, speel sedert die 2012-’13-seisoen in die Britse en Ierse Beker.

Seisoenbepalings wysig

Keltiese Liga/Pro12/Pro14 wysig

SeisoenPosGespeelGewenGelykVerloorBPPunteNotas
2004-’0510de207112737
2005-’0610de206014537
2006-’0710de204214626
2007-’0810de185112224
2008-’0910de184014420
2009-’1010de185112426
2010-’119de227114939
2011-’128ste227114737
2012-’138ste228113438
2013-’1410de2260161135
2014-’157de2210111850
2015-’162de2215071373Wen in eindrondte teen Glasgow Warriors
2016-’178ste229013844
2017-’1811de2170141139
2018-’195de2112091361Verloor in uitspeelwedstryd teen Ulster

Heinekenbeker/Rugbykampioenebeker wysig

SeisoenPoel/RondtePosGespeelGewenGelykVerloorBPPunteNotas
2011-’12Poel 64de610526
2012-’13Poel 33de6303012
2013-’14Poel 33de6303113
2016-’17Poel 23de6402218

Europese Rugbyuitdaagbeker wysig

SeisoenPoel/RondtePosGespeelGewenGelykVerloorBPPunteNotas
1996-’97Poel 34de5203NVT4
1997-’98Poel 41de6501NVT10Verloor in kwarteindstryd teen Agen
1998-’99Poel 15de6303NVT6
1999-’00Poel 43de6204NVT4
2000-’01Poel 24de6105NVT2
2001-’02Poel 42de6303NVT6
2002-’03Verloor in kwarteindrondte teen Pontypridd (gemiddelde telling 47–39)
2003-’04Verloor in halfeindrondte teen Harlequins (gemiddelde telling 49–45)
2004-’05Verloor in halfeindrondte teen Sale Sharks (gemiddelde telling 84–27)
2005-’06Poel 52de6402420Verloor in kwarteindstryd teen Newcastle Falcons
2006-’07Poel 43de610548
2007-’08Poel 33de6303315
2008-’09Poel 12de6402319Verloor in kwarteindstryd teen Northampton Saints
2009-’10Poel 21ste6600226Verloor in halfeindstryd teen Toulon
2010-’11Poel 12de6303315
2014-’15Poel 22de6402420Verloor in kwarteindstryd teen Gloucester
2015-’16Poel 11ste6402319Verloor in kwarteindstryd teen Grenoble

Huidige span wysig

Connacht se span vir die 2020-’23-seisoen:

Stutte

Hakers

Slotte

 

Losvoorspelers

Skrumskakels

Losskakels

 

Senters

Vleuels

Heelagters

(k) dui die spankaptein aan, vetdruk dui internasionaal-verkose spelers aan,
* toon spelers aan wat kwalifiseer om vir Ierland te speel op grond van verblyf of dubbele nasionaliteit.
Spelers en hul onderskeie posisies kom van die Connacht Rugby webblad af.[4][5]

Eksterne skakel wysig

Verwysings wysig

  1. "'n Nuwe sitpaviljoen is in plek op die Sportgronde vir Connacht se nuwe seisoen". The42 (in Engels). 31 Augustus 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 31 Augustus 2016.
  2. (en) faktura.co.uk Geargiveer 21 Oktober 2013 op Wayback Machine
  3. (en) Grassroots to Greenshirts – Connacht Rugby Geargiveer 27 September 2013 op Wayback Machine
  4. "Academy Squad". Connacht Rugby. Besoek op 14 September 2018.
  5. "Connacht Academy Squad confirmed for 2022/23 season". Connacht Rugby. 21 Julie 2022. Besoek op 24 Julie 2022.