Koning Fahd-beker in 1992

Die Koning Fahd-beker in 1992 (Arabies: 1992 كأس الملك فهد; Engels: King Fahd Cup) is van 15 tot 20 Oktober 1992 in Saoedi-Arabië aangebied en genoem na koning Fahd bin Abdoel Aziz al-Saoed. Dit was die eerste keer wat die sokker-konfederasiebeker onder die naam Koning Fahd-beker aangebied is, nadat dit en die daaropvolgende 1995-toernooi terugwerkend deur FIFA as Sokker-Konfederasiebekertoernooie erken is.

Koning Fahd-beker
كأس الملك فهد 1992
Toernooi-inligting
Gasheerland Vlag van Saoedi-Arabië Saoedi-Arabië
Datums 15 – 20 Oktober
Spanne (van 4 konfederasies)
Stadions (in 1 stad)
Finale uitslag
Kampioene Vlag van Argentinië Argentinië (1 titel)
Tweede plek Vlag van Saoedi-Arabië Saoedi-Arabië
Derde plek Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Vierde plek Vlag van Ivoorkus Ivoorkus
Toernooi-statistieke
Wedstryde gespeel 4
Doele 18 (4.5 per wedstryd)
Bywoning 196 500 (49 125 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Argentinië Gabriel Batistuta
Vlag van Verenigde State van Amerika Bruce Murray (2 doele elk)
Beste speler Vlag van Argentinië Fernando Redondo
1995
Die Koning Fahd-trofee waarom meegeding is

Net drie kontinentale sokkerkampioene het koning Fahd se uitnodiging aanvaar en saam met die gasheer Saoedi-Arabië aan die toernooi deelgeneem. Vervolgens het dié toernooi oor geen groepfase beskik nie en regstreeks met die uitklopfase afgeskop. Argentinië het die toernooi gewen nadat hulle die gasheer Saoedi-Arabië met 3–1 in die eindstryd geklop het; die gasheer het daarmee die eerste Asiatiese span geword wat die eindstryd van ’n interkontinentale sokkertoernooi gehaal het. Die Verenigde State het in derde en Ivoorkus in die vierde en laaste plek geëindig.

Stadion wysig

Al die wedstryde is gespeel op dieselfde stadion:

Riaad
Koning Fahd-beker in 1992 (Saoedi-Arabië)
Koning Fahd II-stadion
24°47′17.54″N 46°50′21.25″O / 24.7882056°N 46.8392361°O / 24.7882056; 46.8392361 (Koning Fahd II-stadion)
Kapasiteit: 67 000
Opening: 1987

Deelnemende spanne wysig

Spanne wat aan die Koning Fahd-beker in 1992 deelgeneem het
SpanKonfederasieKwalifiseringDeelname
 Saoedi-ArabiëAFCGasheerland en wenner van die AFC Asië-beker in 19881ste
 ArgentiniëCONMEBOLWenner van die Copa América-beker in 19911ste
 Verenigde StateCONCACAFWenner van die CONCACAF Goue-beker in 19911ste
 IvoorkusCAFWenner van die Afrikanasiesbeker in 19921ste

Formaat wysig

Die Koning Fahd-beker in 1992 is oor ses dae tussen vier verskillende nasies oor vier wedstryde uitgespeel. Dit het op 15 Oktober 1992 op die Koning Fahd II-stadion in Riaad met ’n wedstryd tussen die gasheer Saoedi-Arabië en die Verenigde State afgeskop. Die toernooi het geëindig by dieselfde stadion op 20 Oktober met die eindstryd tussen Saoedi-Arabië en Argentinië, waartydens Argentinië die Koning Fahd-trofee ingepalm het.

Kalender wysig

Die volgende tabel dui die Koning Fahd-beker in 1992 se daaglikse program aan. ’n Groen blokkie dui op wedstryde tydens die uitklopfase, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.

Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooi
Uitklopfase
Oktober
Do
15
Vr
16
Sa
17
So
18
Ma
19
Di
20
Uitklopfase1111
Legende

   Uitklopfase

   Derde plek

   Eindstryd

Uitklopfase wysig

Die Koning Fahd-beker in 1992 het direk met die uitklopfase afgeskop en dit het uit vier wedstryde bestaan: twee halfeindstryde, ’n derde-plek-wedstryd en die eindstryd.

Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wenner deur ’n strafskopkompetisie bepaal.

Wedstryde wysig

Uitklopfase wysig

HalfeindrondteEindrondte
15 Oktober – Riaad
   Saoedi-Arabië 3 
   Verenigde State 0 
 
20 Oktober – Riaad
     Saoedi-Arabië 1
    Argentinië 3
Derde plek
16 Oktober – Riaad19 Oktober – Riaad
   Argentinië 4   Verenigde State 5
   Ivoorkus 0    Ivoorkus 2

Halfeindrondte wysig


15 Oktober 1992
 Saoedi-Arabië3–0  Verenigde StateKoning Fahd II-stadion, Riaad
Toeskouers: 70 000
Skeidsregter: Ulisses Tavares Da Silva (Brasilië)
Al-Bishi 48' (straf)
Al-Thunayan 74'
Al-Muwallid 84'
Verslag

16 Oktober 1992
 Argentinië4–0  IvoorkusKoning Fahd II-stadion, Riaad
Toeskouers: 15 000
Skeidsregter: Jamal Al Sharif (Sirië)
Batistuta 2', 10'
Altamirano 67'
Acosta 81'
Verslag

Klein finale (om die derde plek) wysig


19 Oktober 1992
 Verenigde State5–2  IvoorkusKoning Fahd II-stadion, Riaad
Toeskouers: 9 500
Skeidsregter: Rodrigo Badilla (Costa Rica)
Balboa 12'
Jones 31'
Wynalda 56'
Murray 67', 83'
Verslag 16' Traoré
76' Sié

Eindstryd wysig


20 Oktober 1992
 Saoedi-Arabië1–3  ArgentiniëKoning Fahd II-stadion, Riaad
Toeskouers: 75 000
Skeidsregter: Lim Kee Chong (Mauritius)
Al-Owairan 65'Verslag 18' Rodríguez
24' Caniggia
64' Simeone


Koning Fahd-bekerwenner 1992
 Argentinië

FIFA se terugwerkende ranglys wysig

In 2017 het FIFA ’n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende spanne van elke Sokker-Konfederasiebeker insluitende die destydse FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2017 geranglys is volgens vordering in die toernooi, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger.[1] Die ranglys vir die 1992-toernooi is soos gevolg:

Deelnemende spanne volgens ranglys:

   Kampioen

   Tweede plek

   Derde plek

   Vierde plek

   Geen deelname

     Gasheerland Saoedi-Arabië
RangSpanWedWenGelVerDVDT+/–Pte
1  Argentinië220071+64
2  Saoedi-Arabië210143+12
3  Verenigde State210155±02
4  Ivoorkus200229–70

Meeste doele aangeteken wysig

Meeste doele aangeteken:

RangSpelerDoele
1 Gabriel Batistuta2
Bruce Murray2
3 Alberto Acosta1
Ricardo Altamirano1
Caniggia1
Leonardo Rodríguez1
Diego Simeone1
Donald-Olivier Sié1
Abdoulaye Traoré1
Fahad Al-Bishi1
Khaled Al-Muwallid1
Saeed Al-Owairan1
Yousuf Al-Thunayan1
Marcelo Balboa1
Cobi Jones1
Eric Wynalda1

Verwysings wysig

  1. (en) "Statistical Kit – FIFA Confederations Cup – FCC 2017 post event edition" (PDF). FIFA. 10 Julie 2017. Besoek op 27 Junie 2022.

Eksterne skakels wysig


FIFA Sokker-Konfederasiebeker

Saoedi-Arabië 1992Saoedi-Arabië 1995Saoedi-Arabië 1997Meksiko 1999Suid-Korea/Japan 2001Frankryk 2003Duitsland 2005Suid-Afrika 2009Brasilië 2013Rusland 20172021